LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Die abjekte moeder in M.S. Burger se Bloedfamilie (2012)

Frederick Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-02-06

"Volgens Kristeva is abjeksie dit wat identiteit, stelsels en orde ontwrig, en wat nie grense, posisies of reëls eerbiedig nie [...] Aan die hand van gekose verhale ondersoek hierdie artikel die wyse waarop die verteller haar moeder abjekteer."

’n Manifes vir musikale modernisme in Suid-Afrika: Stefans Grové se 1952-Standpunte-artikels

Willemien Froneman, Stephanus Muller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-30

"Grové oorweeg die moontlikhede vir die skep van ’n eie en unieke Suid-Afrikaanse toonkuns, en sy insigte oor die gebruik van inheemse musiek in Westerse komposisies bied nie net ’n kritiese nadenke oor die wyse waarop rasseskeiding die moontlike beoefening van musikale primitivisme gekortwiek het nie, maar ook ’n perspektief op hoe kunsmusiekkomposisie apartheidsideologie ouditief help skep het."

Rumi se wyn- en bedwelmingsbeeldspraak

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-28

"Die onuitspreeklikheidseienskap van die mistieke ervaring en die gevolglike funksie van metafore in mistieke poësie word onder die loep geneem. ’n Kort historiese agtergrond word dan oor die verwantskap tussen wyn/bedwelming en mistieke ekstase wat reeds sedert voor-Christelike tye bestaan, gegee."

Anderkant dogmatisme en skeptisisme: ’n kritiese blik op die bydrae van die Duitse Idealisme tot ’n nuwe metafisika

Hercules Boshoff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-10

"Erkenning van gebrek aan finale kennis oor die werklikheid is geen belemmering vir wete nie, maar ’n voorwaarde daarvoor. Vir die absolute om geheel te wees, beteken dat die werklikheid nie as ’n statiese absolute volledig refleksief binne ’n bepaalde menslike bewussyn teenwoordig kan wees nie [...]."

’n Jungiaanse en beskrywend-fenomenologiese ontleding van sinchronisiteite in perdondersteunde psigoterapie

Carel van Wyk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-10

"Die perd en die mens se ruimtetyd verenig dus op ’n kollektiewe onbewuste vlak as gevolg van die konstellering van die psigoïede argetipe. Die verskil in ruimte en tyd, en tussen die liggaam (materie) en psige (energie) val weg. Die kliënt kan sinchronisiteite as ’n numineuse proses beleef."

Mens, dier en miteskepping in Alexander Strachan se Dwaalpoort (2010)

Andries Visagie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-01-07

"Die voortgesette spanning oor grondbesit en die verdeeldheid tussen swart en wit in die Suid-Afrikaanse aktualiteit word weliswaar binne die fiksionele raamwerk van die roman oorkom, maar word na die mite met die dier as weerligafleier oorgeplaas."

Die vertaling van diverse Coloured vrouestemme in die Afrikaanse poësie: ’n feministiese benadering

Hennely Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-12-11

"Die argument is dat hierdie digters elk in ’n individuele stem postkoloniale feministiese kwessies in die Suid-Afrikaanse konteks uitwys, wat ’n belangrike stap in die proses van die dekolonisering van die Afrikaanse literatuur is."

Die middelhoë voorvokaal /e/ van Bruinafrikaans

Daan Wissing LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-12-09

"Hierdie artikel vorm deel van ’n groter projek waarin die akoestiese eienskappe van die vokaalstelsel van Bruinafrikaans (BA) ondersoek en beskryf word. Hoewel so ’n beskrywing waardevol op sigself is, is dit ook noodsaaklik met die oog op ’n poging om te probeer bepaal in hoeverre mens van BA as een van die belangrikste variëteite van Afrikaans kan praat."

Die engel- en monstermites in Reënboogrant tieners

Alana Lourens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-12-03

"Jeugboekskrywers moet met groter bewustheid van die sosiale mites oor vroulikheid skryf. Hulle moet liewer daarop fokus om genuanseerde vroulike karakters, buite die grense van byvoorbeeld die monster/engel-mites en ander binêre pare, te skep."

Postkoloniale melancholie in Ronelda S Kamfer se Hammie (2016)

J.V. Blignaut LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-11-12

"Die artikel rapporteer dus hoe melancholie die digterspreker se subjektiwiteit ten opsigte van haar ras en gender vorm, te midde van die onderdrukking wat sy steeds ervaar as ’n bruin vrou in ’n postkoloniale Suid-Afrika."

Die onontbeerlike samehang tussen geluk (lewensgeluk), ongeluk (hartseer en pyn), en toeval (die onvoorsiene)

Anné Hendrik Verhoef LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-10-16

"As dit bloot oor ons geluk gaan, met die klem op goeie ervarings, positiewe emosies, plesier en genot, word ander mense en die natuur bloot objekte om te gebruik en te verbruik, en, in die geval van die natuur, selfs te vernietig."

Die aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede en -probleme van redigeerstudente ten opsigte van ’n prototipe- akademiese redigeerwoordeboek

Maret Blom de Wet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-10-02

"Hierdie voorvereistes en standaarde maak dit dus duidelik dat daar van redigeerders verwag word om goeie aanlynwoordeboekgebruiksvaardighede te hê, asook kennis oor verskillende soorte woordeboeke, insluitend die struktuur, funksies en gebruik daarvan tydens die redigeerproses."

Die Afrika-vrede-en-sekuriteit-argitektuur (AVSA): ’n strategiese ontleding deur middel van die model van doelwitte-aksies-middele (DAM)

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-09-26

"Die groot beperking is dat aksies ondoeltreffend is in die voorkoming van konflik en die skepping van blywende vrede en sekuriteit. Dit word gesien in die min sukses van bemiddeling, voorkomende diplomasie, versoening en ondersoek."

“Haar grense is besig om te verskuif”: Die kontrak as nuwe romantiese fiksie en erotiese fiksie in Afrikaans

Andrew Sutton LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-08-26

"Dit is egter merkbaar dat Die kontrak op ’n romantiese-erotiese-spektrum nader aan die romantiese neig en die erotiese afskeep. Dit is duidelik dat Afrikaanse romantiesefiksie- en erotiesefiksiegenres se grense besig is om te verskuif."

’n Psigoanalitiese lees van die moeder-dogter-verhouding in radbraak deur Jolyn Phillips

Teneal Apollis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-08-23

"In die artikel word veral ondersoek ingestel na watter insigte ’n psigoanalitiese lees bied in ’n kritiese ontleding van die moeder-dogter-verhouding. Enkele insigte van postkoloniale kritici word ook betrek omdat kwessies soos identiteit en die subalterne ondervang word, wat beide belangrike kwessies in radbraak is."

Twee Kaapstadse Jan Smuts-beelde en die wanbalans in die Kompanjiestuin se monumentelandskap – ’n holistiese voorstel vir behoud, verskuiwing en vervanging

Marius F Ackermann LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-08-19

"Die Kompanjiestuin in Kaapstad en die tuin se onmiddellike omgewing huisves verskeie prominente standbeelde en ander monumente, waarvan slegs een sedert 1994 opgerig is. [...] Wat veral opval, is die dubbele verering van genl. Jan Smuts by wyse van twee standbeelde, skaars 500 m uit mekaar."

Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke

Mariëtta Alberts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-23

"Afrikaanse vaktaal loop die gevaar om as wetenskapstaal te verdwyn indien vakkundiges, akademici, taalpraktisyns en selfs leke nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te dokumenteer, te versprei en te benut nie."

Sionistiese propaganda (hasbara) of morele integriteit? President Joe Biden oor die Israel-Hamas-oorlog van 2023

Marthie Momberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-15

"Die bevindinge dui op ’n onteenseglike verband tussen Biden se kommunikasie en die hasbara-agenda om enersyds Israel as ’n eerbare, redelike en empatiese demokrasie voor te stel, en andersyds Palestyne onder verdenking te plaas en hulle menseregte en selfbeskikking as sekondêr te hanteer."

Vyf waarnemings oor die Suid-Afrikaanse manlikheid-in-krisis-fenomeen

Susann Louw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-02

"Die term manlikheid-in-krisis verwys na mans wat onsekerheid of onstabiliteit ervaar, of ’n verandering ten opsigte van hulle magsposisies beleef (Connell 2018; Viljoen 2008). Ook hou dit verband met die dikwels onbereikbare ideale waaraan mans hulself meet en waarvolgens die samelewing hulle beoordeel."

Fisies-geografiese plekbesonderhede en Karoo-mens-verbintenisse in gestaltegewing aan die Afrikaanse ekokritiek

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-28

"Op grond van die diepgaande invloed wat die Karoo op soveel mense – ook skrywers – in ons land het, waag ek dit om die Karoo uit te sonder as landskap om my huidige ondersoek op te baseer."

Top