LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei

Heinrich Matthee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-24

"Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis."

Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"’n Aanbeveling is die belangrikheid van gesprek tussen China en Afrika om areas en roetes vir streeksintegrasie te identifiseer. China se finansiële hulpverlening en ervaring in die bou van infrastruktuur kan meehelp om streke te integreer en mededingende markte te skep."

Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"Die doel van die artikel was om vas te stel in welke mate Marlise Joubert se bundel grondwater ’n egte sikliese struktuur vertoon met ’n kodifiserende aanvang en ’n mitologiese slot, én of bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat inspeel op die interpretasie van die hele bundel."

’n Oorsigtelike verkenning van die omvang en fokus van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-verwante navorsing in Afrikaans vir die tydperk 2011–2021

Hugo Lotriet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-04

"[V]ir die wetenskapskultuur rondom IKT in Afrikaans om te gedy is dit nodig dat publikasie van artikels in Afrikaans binne ’n gesonde groter ekosisteem plaasvind."

’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms

Roné Wierenga, Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-09-26

"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."

Konflik in Mosambiek – ’n ondersoek na die aard en dinamika van die teeninsurgensie-operasies in Cabo Delgado

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-29

"So gesien, kan die rolspelers wat in Mosambiek betrokke is by die insurgensie, wel daarop aanspraak maak dat daar op militêre gebied ’n multinasionale poging aangewend is om die insurgente in bedwang te hou, maar van welslae in ’n omvattende teeninsurgensieverband is daar tot dusver weinig sprake ..."

Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns

Ria Winters LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-29

"Die inhoudelike skakel tussen Wittgenstein en Schoeman is die bemoeienis met taalkommunikasie en hoedat woorde betekenis kry binne en buite die grense van taal. Albei se lewenswerk het bestaan uit die vormgewing van die sin van taal."

Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-24

"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."

Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-17

"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."

"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie

Alene Holder, Winfried Lüdemann LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-02

"Die [artikel] toon hoe, in die geval van Temmingh se kunsliedsiklus Met apologie, die toonsetting van ’n gedig die teks nie net musikaal inklee nie, maar ’n addisionele dimensie of interpretasievlak aan die gedig toevoeg."

Vrouevertalers en -tolke van Khoesan-tale in die Suid-Afrikaanse koloniale geskiedenis: ’n morfogenetiese perspektief

Maricel Botha LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-07-27

"Wat die sosiale rol van vertaling in meer algemene sin betref, bied hierdie navorsing ’n sterk beklemtoning van die motto van die sosiologie van vertaling: dat vertaling geensins bloot ’n neutrale, funksionele aktiwiteit is nie, maar hoogs weerspieëlend van sosiale eienskappe is."

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe): Stylriglyne

LitNet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-07-01

Medewerkers word vriendelik versoek om asseblief hierdie voorskrifte stiptelik te volg by voorleggings aan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe).

Die Soefi-denkwêreld van Rumi na aanleiding van sy gedig "Die rietfluitlied"

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-29

"Hierdie artikel het ten doel om vir die leser iets van die denkwêreld van die gewilde 13de-eeuse Persiese digter en Soefi-mistikus, Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, te bied. Deur ’n ontleding en interpretasie van die 18 aanvangsreëls uit sy monumentale werk, die Mathnawí, word sekere kardinale Soefi-leerstellings blootgelê en bespreek."

Die historiese ontwikkeling van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste, byeengebring vanuit die mees onlangse literatuur

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-15

"Daar sou nie sprake kon wees van die skepping, bewaring en ontwikkeling van ’n Westerse samelewingsorde as dit nie vir die dinamiese ontwikkeling en institusionele teenwoordigheid van die monnikewese in die Middeleeuse Latynse Weste was nie."

Die evolusie van eietydse intelligensie en die rol van sosiale-media-intelligensie (Socmint)

Ansie Stegen, André Duvenhage LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-06-08

Ansie Stegen en André Duvenhage: "Die verskuiwingslyne wat aanpasbaarheid binne die Suid-Afrikaanse intelligensiegemeenskap betref, is duidelik aangetoon deur die staatskapingsage, en nog duideliker tydens die onrus wat in Julie 2021 uitgebreek het. […] Die intelligensiegemeenskap het nie die vermoë (menslike of tegniese hulpbronne) gehad om besluitnemingsinligting aan die staatspresident te verskaf nie."

Chaos en teenstruktuur in Europese groteske ornamente van die 16de en 17de eeue

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-26

"Die chimeriese aard van groteske ornamente uit die Renaissance en Maniëristiese periodes word hier ondersoek met betrekking tot die manier waarop die grense wat normaalweg die menslike, dierlike, en plantkundige kategorieë duidelik afbaken, daardeur oorskry en ontbind word."

Israel en die Palestyne: Is daar ’n bewind van sistematiese onderdrukking wat ’n nuwe apartheid uitmaak?

Robert Moore LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-21

"Hierdie artikel het die behandeling van die Palestyne deur Israel deur die lens van apartheid ondersoek. Daar is genoeg ooreenkomste met apartheid dat ’n volledige ondersoek deur die VN en moontlike optrede deur die internasionale gemeenskap geregverdig is."

Literêre pryse: ’n Oorsigtelike bespreking met voorbeelde uit die Afrikaanse literêre veld

Marni Bonthuys, Ronel Foster LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-20

"Tradisionele literêre institusies se posisie is aan die verander in ’n era waarin kanonisering, wat nog altyd ’n dinamiese proses was, al vinniger plaasvind. Literêre toekennings weerspieël verder die sosiale, politieke en ekonomiese faktore wat binne hierdie bepaalde tydsgees ’n rol in die samelewing speel."

Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks "werf" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-04

"Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?"

Betwiste staatskap: Die TBVC-state in vergelykende internasionale perspektief

Deon Geldenhuys LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-03-07

"Op veiligheidsgebied het Suid-Afrika en die TBVC-lande ten nouste saamgewerk, insluitend met die vestiging van hul onderskeie weermagte. Suid-Afrika het ook, soos genoem, met elk van die vier lande ’n nie-aanvalsverdrag gesluit."

Top