LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Die Letterkundige Laboratorium van die Universiteit van Stellenbosch (1960-1984)
2000

Johann Lodewyk Marais 2007-06-13 DJ Opperman was op meer as een vlak by opleiding in skeppende skryfwerk betrokke en het ook ’n betekenisvolle inset tot verskillende soorte opleiding gelewer. Dit het nie-formele individuele opleiding aan skrywers, uitgebreide werk as tydskrif- ...

Die laaste (Afrikaanse) boek?
2003

Nicol Stassen 2007-06-13 Waar staan die Afrikaanse uitgewersbedryf en skrywers, ook ten opsigte van mekaar? Hoe word die eise van die inligtingsera (Eerste Wêreld-lesers) en onderontwikkeldheid (Derde Wêreld-lesers) in een taalgemeenskap versoen? Teen ...

Waar's die nuwe stemme in ons letterkunde?
2002

Willie Burger 2007-06-13 As ons wil praat oor “nuwe stemme”, kan ons dit nie doen sonder om na die “ou stemme” te kyk nie. Hoe sal ons immers ’n nuwe stem herken as daar nie ’n vergelykingsbasis is nie? Dit is tensy ons die “nuwe” slegs (ietwat beperkend?) ...

Die kunste en die (globale) mark
2003

Bert Olivier 2007-06-13 In Spoke van Marx (1994:56-69) waarsku Jacques Derrida teen premature/vroegtydige triomfalisme, soos byvoorbeeld die van die politieke wetenskaplike Francis Fukuyama, oor die beweerde uiteindelike globale seëviering van die vennootskap tussen ...

'n Nuwe hervorming?
2002

Sakkie Spangenberg 2007-06-13 Ek wil allereers met ’n belydenis begin. Dis een van die oudste belydenisse in die Bybel, maar dis ’n belydenis wat Jesus van Nasaret nie sou gehuiwer het om uit te spreek nie. Dit lui só: Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en vol liefde ...

Hiperteks of hipermark? LitNet en die www
2001

Etienne van Heerden 2007-06-13 Sedert hierdie stelling legendaries geword het, is ons steeds op soek na taal waarmee ons die Web kan beskryf. Soos die geval is met alle verbeelde ruimtes, is die wyse waarop die mens aan die Internet en die www — wat ek hier tesame die ...

HE Bates en die derde stroom

Hennie Aucamp 2007-06-13

Agaat as kultuurdokumentasie vir die toekoms

Andries Visagie 2006-07-13 Naas Chris van der Merwe se LitNet-resensie van Marlene van Niekerk se boek Agaat is Johann Rossouw se artikel in die Vrye Afrikaan tot dusver die volledigste en interessantste leesverslag van Van Niekerk se magistrale roman. In sy gereelde ...
Top