LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Aspekte van diaspora in drie Afrikaanse dramatekste na 2004

Johan Coetser LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-03-18

"Hierdie artikel ondersoek die vraag of sommige Afrikaanse Suid-Afrikaanse dramas  weerspieëlings van die begrip diaspora bied wat bydra tot die spanning tussen “post-postkoloniale” sentrums en marges."

Artistieke oorsprong en oorspronklikheid by Nietzsche en Heidegger

Frikkie Potgieter LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-03-09

"Die hedendaagse wêreldwye bestuursmanie, wat ook aan Suid-Afrikaanse universiteite manifesteer, is onsensitief met betrekking tot die skep van ’n ruimte waarin die 'begeerte na die onbekende' nagestreef kan word."

Verskille in nieverbale kognitiewe vermoëns van eentalige teenoor tweetalige meisies

Gert Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-02-23

"Die doel van hierdie studie was om die nieverbale kognitiewe vaardighede van ’n steekproef eentalige teenoor tweetalige meisies (N = 52) te vergelyk."

Die grande dame van die Vlaamse poësie: Christine D’haen (1923–2009) Tot lof van ’n vroulike stem

Zandra Bezuidenhout LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-02-17

"Christine D’haen het besondere luister aan die Vlaamse poësie verleen. Haar afsterwe in September 2009 bied die geleentheid om haar te huldig vir haar bydrae tot die literêre kanon van die Lae Lande deur haar werk aan ’n groter lesersgroep in Suid-Afrika bekend te stel."

Gay- en queer-kodes in geanimeerde films

Terrence R Carney LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-02-09

"Deur dié kodes en betekenare te gebruik was dit vir filmmakers moontlik om in die geheim meer te sê as wat hulle aanvanklik toegelaat was om te sê."

Die stand van die demokrasie in Suid-Afrika: ’n kritiese perspektief

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-02-02

"Meer as vyftien jaar nadat Suid-Afrika die volle oorgang na ’n inklusiewe demokrasie gemaak het, is baie Suid-Afrikaners trots oor die sukses wat bereik is."

//Gãuwa dwaal vennag: Anna M Louw se Kroniek van Perdepoort ondergrawe deur trieksters en transdans

Gitte Postel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-01-20

"Kroniek van Perdepoort (1975) van Anna M. Louw is tot op hede veral gelees as ’n plaasroman wat handel oor die sewe doodsondes. Maar by nadere beskouing blyk dit dat daar subtiele maar strukturele verwysings in die teks is na die kultuur en die literatuur van die San wat hierdie lesing ondermyn ..."

Van (luister)liedjie tot chanson: ’n oorsese reis in vertaling

Naòmi Morgan LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-01-13

"Na aanleiding van die onlangse vrystelling van die Afri-Frans-CD word daar in hierdie artikel op ’n praktiese wyse gekyk na die kreatiewe (liedjie)vertaalproses binne die taalpaar Afrikaans-Frans."

"ik hoop dat je mij toch verstaat" - Ad Zuiderent se stemposgedig oor Venda

Ena Jansen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-08

"Die artikel is ’n kort huldeblyk aan die Nederlandse digter Ad Zuiderent en boekstaaf sy betrekkinge met die Afrikaanse literêre omgewing by geleentheid van sy 65ste verjaardag."

Enkele tendense en uitdagings op die koppelvlak van bevolking, ontwikkeling en omgewing in Suid-Afrika

André Pelser LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-08

"Sedert die Bevolkingsbeleid vir Suid-Afrika in 1998 in die Parlement ter tafel gelê is, was daar toenemende erkenning van owerheidskant van die verwantskap en interaksie tussen bevolking, plek en ontwikkeling, asook die koppeling tussen menslike aktiwiteite en die omgewing."

Die "wil tot vernuwing": N.P. Van Wyk Louw en Afrikaneridentiteit in die vroeë 20ste eeu

Karin Cattell LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-03

"In hierdie artikel word Louw se vernuwende konseptualisering van die funksie van geskiedenis, taal en godsdiens in Afrikanernasionalisme en -identiteit ondersoek teen die maatskaplike agtergrond van die jare dertig van die vorige eeu en binne die denkruimte van verwante interpretasies tussen 1902 en 1943."

"Dolosse as plaaslike munt": Geld en die Kuniese filosowe

Phlip Bosman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-12-02

"Die artikel bied ’n interpretasie aan van Diogenes van Sinope se voorstel om, in sy ideale staat, die muntstelsel met dolosse te vervang."

Afrikaanse digters in gesprek met Breyten Breytenbach as digter

Louise Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-11-26

"Hierdie artikel fokus op daardie gedigte waarin Afrikaanse digters reageer op Breytenbach se digterspersoonlikheid, sy poëtika en sy poësie."

Cliff Richard: ’n Opvoedkundige waardering

Jannie Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-11-25

"In hierdie artikel word geargumenteer dat daar gemeenskaplike hoedanighede tussen estetiese ervarings en opvoedkundige ervarings, en tussen kunstenaarskap in die wêrelde van die kunste en die onderwys bestaan."

Taalwetgewing in Suid-Afrika

Theodorus du Plessis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-11-12

"Taalwetgewing word toenemend beskou as ’n belangrike meganisme by die inrig van ’n ampstaalbestel in meertalige lande."

Sewe M-bleme vir Marlene (van Niekerk) en Marlene (Dumas): ’n Metatekstuele lesing van Memorandum: ’n verhaal met skilderye

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-11-05

"Die doel van hierdie artikel is om ’n metatekstuele dialoog tussen Marlene van Niekerk in die roman Memorandum: ’n verhaal met skilderye (2005) en die beeldende kunstenaar Marlene Dumas se oeuvre te identifiseer."

Verwysings na klassieke musiek in Marlene van Niekerk se roman Agaat

Heinrich van der Mescht LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-10-22

"Marlene van Niekerk se roman Agaat (2004) het groot lof ontvang vir die ingewikkelde verwysings wat daarin voorkom. In hierdie artikel word die verwysings na klassieke musiek nagegaan."

Tegnologiese singulariteit en transendentale monisme: medeskeppers van volhoubare alternatiewe toekomste

Jan Hendrik Naude LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-10-01

"Die uitdaging is om die oënskynlik opponerende waardestelsels van die psigososiale sfeer en tegnologiese vooruitgang en denke met mekaar in lyn te bring ten einde ’n nuwe paradigma te skep wat tot ’n volhoubare hoë-orde-leefwyse sal lei."

Na-beeld/Na-beelding: stedelike gelykenisse

Dirk van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-09-11

"’n Performatiewe ontleding van die metaprent-dinamiek van ’n grafiese druk van Norman Catherine, Mirror Mirror (1991), dien as vertrekpunt in ’n peiling van na-beeldingsprosesse wat optree in ’n portrettipe waar stedelike omgewings deel word van die uiteindelike portretgelykenis."

Aspekte van postkoloniale verset in Eilande deur Dan Sleigh

Johan Anker LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-09-03

"Die artikel lê klem op die verwoording en strategieë van postkoloniale verset deur die bespreking van struktuurmiddele soos: die rol van die outeur, verteller en fokalisering, die relativering van geskiedskrywing, die ondermyning van meesternarratiewe, die ervaring van ruimte en die konstruksie van die 'ander'."

Top