Van (luister)liedjie tot chanson: ’n oorsese reis in vertaling

  • 0

 

Opsomming

Daar is min bronne beskikbaar oor die vertaalproses van liedjies of chansons. Na aanleiding van die onlangse vrystelling van die Afri-Frans-CD word daar in hierdie artikel op ’n praktiese wyse gekyk na die kreatiewe (liedjie)vertaalproses binne die taalpaar Afrikaans-Frans. Enersyds word die oorspronklike Afrikaanse tekste, die vertaalde Franse tekste en terugvertalings hiervan na Afrikaans verskaf sodat lesers die vertaalproses kan volg; andersyds word daar met die instrumente tot dergelike vertaler se beskikking gedemonstreer hoe oplossings vir spesifieke vertaalkundige probleme gevind kan word.

 

Abstract

Sources pertaining to the translation process of songs or chansons are few and far between. In the wake of the recent release of the Afri-Frans CD this article views the creative (song) translation process from a practical point of view within the Afrikaans-French language pair. On the one hand, the original Afrikaans texts and the translated French texts, retranslated into Afrikaans, are provided for the benefit of readers following the translation process; on the other, the article demonstrates how solutions for particular translation problems may be found by using the tools available to the translator from Afrikaans into French.

 

Van (luister)liedjie tot chanson: ’n oorsese reis in vertaling[1]

Wiskundiges is soos die Franse: alles wat jy vir hulle sê, vertaal hulle in hul eie taal, en dan beteken dit iets totaal anders.[2]
                - Johann Wolfgang von Goethe

 

1. Inleiding

Interlinguistiese[3] liedvertaling stel buitengewone eise, omdat daar benewens die teks ook rekening gehou moet word met die melodie en met klemplasing in die teikentaal. Vir die (voortgaande) Brel-projek, wat ten doel het om Jacques Brel se versamelde chansons in Afrikaans te vertaal,[4] het twee vertalers onderskeidelik inter- en intralinguisties te werk gegaan om so getrou as moontlik aan die bronteks te bly en die Europese aard van die kulturele verwysingsveld te respekteer. Laasgenoemde is enersyds (danksy stamland verbintenisse en die hoë profiel wat daardie kontinent op toeristiese en kulturele vlak handhaaf) nie onbekend aan die gemiddelde chanson-luisteraar nie; andersyds het Brel self klem gelê op die Vlaamse of Germaanse aard van sy werk, wat sekerlik die vertaalproses na Afrikaans vergemaklik. Vir die Afri-Frans-projek (die vertaling van dertien bekende Afrikaanse liedjies in Frans) kon die vertaler nie staatmaak op die Franse luisteraar se voorkennis van die Afrikaanse verwysingsraamwerk waarbinne die liedjies afspeel nie. Hoewel die gemiddelde Franse burger kennis dra van die Suid-Afrikaanse geskiedenis en politiek, word ’n aantal van die liedjies gekenmerk deur beeldgebruik en plekname wat (veral Wes-Kaaps) streekspesifiek is; sekere elemente in ’n liedjie soos "(Stuur groete aan) Mannetjies Roux" (Christopher Torr) toon kontekstueel ooreenkomste met die Afrikaanse plaasroman – “forse, primitiewe figure [...] met sterk aardse drifte, gestrenge godsdienstigheid, gebondenheid aan die seisoene en aan die aarde, liefde vir die grond” (Van Coller 2009:12). Hierdie minder bekende of onbekende aspekte moes toeganklik gemaak word vir die Franse publiek:

[...] failure to consider the contexts of a text is largely responsible for the most serious mistakes in comprehending and reproducing the meaning of a discourse. But contexts need to be understood as influencing all structural levels of a text: phonological, lexical, grammatical, and historical, including events leading up to the production of a text, the ways in which a text has been interpreted in the past, and the evident concerns of those requesting and paying for a translation. (Nida 2001:Voorwoord)

Om ’n bydrae te maak tot die liedvertalingskuns, word die verskillende fases van die Afri-Frans-vertaalproses in hierdie artikel op ’n praktiese wyse gedokumenteer en die uitdagings van spesifieke liedjies kortliks bespreek. Die versameling liedjies vorm ’n tipologie wat herkenbaar is aan sekere elemente; die uitdagings en die wyse waarop laasgenoemde deur die vertaler opgelos is, bied insigte in die vertaalopsies binne die Afrikaans-Frans taalpaar. Sodoende hoop die outeur om ten minste aan een van Eco (2001:5) se vertaalteoretiese vereistes te voldoen:

[…] translation scholars should have had, at least once in their life, both the experience of translating and that of being translated (obviously into a language they know, so they can work in close cooperation with their translator).

Die terugvertalings van die Franse tekste na Afrikaans kan beskou kan word as ’n verslag van die vertaler se lesing en analise van die bronteks.

 

2. Oor die eenheid van die Afri-Frans-projek

Die feit dat liedjies as ’n ondergeskikte of sekondêre (sub-)genre beskou word, verklaar miskien waarom daar in Afrikaans min bronne of selfs definisies oor die onderwerp beskikbaar is. In ’n referaat getiteld “Woord en wys. ’n Honderd jaar van die Afrikaanse lied(kuns)” definieer Grové (2009) die (populêre) liedjie as “feitlik [...] kunsloos"; dit word “t.o.v. funksie gekenmerk deur kommersieel-geöriënteerde eise, en openbaar struktureel ’n kenmerkende ongekompliseerdheid, met begeleiding bv. uitsluitlik as ondersteuning.”

In die loop van die artikel sal daar dus by literêre-genre-definisies geleen word as ’n eerste stap tot die verwoording van chansonvertalingsproblematiek. Die versameling liedjies op ’n CD kan byvoorbeeld in ’n mate vergelyk word met ’n digbundel. Strydom (1976:9) gebruik begrippe wat nuttig is om die eenheid al dan nie van die Afri-Frans-projek te kontekstualiseer: hy verwys na digbundels wat “méér is as ’n blote addisie van los gedigte”, en wys daarop dat ’n dergelike “bundeleenheid” uit sekere literatuurkritiese perspektiewe in stryd sou wees met “gedigoutonomie”.

Die korpus liedjies wat in die Afri-Frans-projek opgeneem is, sou seker beskou kon word as ’n versameling “los liedjies” deur verskillende komponiste en sangers. Indien daar sprake is van eenheid, is dit nie tematies of kanoniserend van aard nie. Die keuse (deur Matthys Maree, ’n deurwinterde begeleier van sommige van die land se bekendste ligtemusiekkunstenaars, soos Matthys Roets, Herman van den Berg, Laurika Rauch en Anna Davel) maak egter baie sin uit ’n uitvoerendekunste- en bemarkingsperspektief. Vir Maree, wat meer as een pyl op sy boog het (onder andere musiekregisseur en vervaardiger van die Afri-Frans-CD), verteenwoordig die dertien liedjies ’n keur van die beste voorbeelde uit die Afrikaanse liedskryfkuns van die afgelope paar dekades. Die oudste liedjie in die versameling is die volkswysie "Al lê die berge nog so blou" (sd); die meeste ander liedjies is geskryf tussen 1977 ("Waterblommetjies" – Anton Goosen) en 1992 ("Lisa se klavier" – Koos Kombuis). Hoewel die CD toevallig ook baie van Maree se persoonlike gunstelinge bevat, is die keuse van snitte primêr bepaal deur kommersiële meriete, atmosferiese, tipies Suid-Afrikaanse landskap- en tema-inhoud en die tipe musiek wat in ’n Franse idioom sinvol sou wees (dus, vloeiende melodieë en relatief stadige liriek-ritmes). Die eerste drie snitte is gekies om die stempel van die album as geheel af te druk; vervolgens het ’n vloeibare oorgang tussen melodieë die plasing bepaal. Die kriteria vir ’n CD is uiteraard anders as wat vir ’n digbundel sou geld. Struktuur en progressie is minder belangrik as om die stempel van die CD binne die eerste paar minute luistertyd af te druk. Die volgorde van liedjies op ’n CD vorm deel van die bemarkingsproses.

Die versameling bestaan uit:

  1. Kinders van die wind (Koos du Plessis)
  2. Huisie by die see (FA Fagan / Laurinda Hofmeyr)
  3. (Stuur groete aan) Mannetjies Roux (Christopher Torr)
  4. Lisa se klavier (Koos Kombuis)[5]
  5. Jantjie (Anton Goosen)[6]
  6. Waterblommetjies (Anton Goosen)
  7. Ek verlang na jou(J de Wet / FC Hamman)[7]
  8. Al lê die berge nog so blou (volkswysie: verw. Bosman de Kock) (De Villiers 1976:499)
  9. Op Blouberg se strand (U Juergens / T Christen / Musikverlag Johann Michel / Christopher Torr)
  10. Gebed (Koos du Plessis)
  11. Blou (André Swiegers)
  12. Klein Karoo (Sias Reynecke)[8]
  13. Wie weet? (Neem my saam) (Koos du Plessis).

Die Franse luisteraar kry dus ’n subjektiewe, maar ook verteenwoordigende keur van Afrikaanse liedjies: elke liedjie in die brontaal is bekend aan die Afrikaanse luisteraar; sommige van die liedjies (soos "Kinders van die wind", "Lisa se klavier" en "Mannetjies Roux", om maar net drie te noem) het byna kultusstatus.

Vir die vertaler hou dit sekere voordele in om met bekende tekste te werk:

Si l’auteur vous est connu, tant mieux: son univers artistique vous inspirera afin de recréer dans votre traduction l’atmosphère qui lui est caractéristique. De fait, un texte entretient toujours des liens plus ou moins étroits avec d’autres textes ou un genre et cela détermine ce que l’on dénomme ‘l’horizon d’attente’ du lecteur, à savoir le type de personnages, de situations, de lieux etc. qu’il s’attend à trouver quand il aborde un texte inconnu.[9] (Hiernard 2003:11)

In die era van wêreldmusiek is kompilasies aan die orde van die dag; as ’n eerste volume van Franse vertalings van Afrikaanse liedjies is hierdie ’n goeie seleksie van trefferliedjies, volksliedjies (’n “populêre, eenvoudige lied, meestal van ’n anonieme skrywer, wat in die volksmond lewe” (HAT 2009), bv. "Al lê die berge nog so blou") en luisterliedjies. Laasgenoemde word deur die WAT beskryf as ’n “Lied wat aandagtige luister en nadenke v.d. hoorder vra, dikw. i.d. kabaret maar ewe goed los daarvan beoefen word, nou verbonde is a.d. voordrag en persoonlike vertolking van ’n individuele kunstenaar en in ’n nie-klassieke styl gekomponeer en gesing word, en waarvan die liriek ’n filosofiese en (of) sosiaal-kritiese, dikw. ’n satiriese inslag vertoon en minstens ’n sekere mate van literêre waarde besit; dikw. sin. met chanson [...] ‘Die luisterliedjie is maar net die Afrikaanse weergawe van moderne "folk" ... ’n sintese tussen die kunslied, die populêre ligte musiek en volksmusiek’ (J. Du Toit in Opv. en Kult., Mrt. 1986, 28).”

’n Dergelike kompilasie verseker enersyds “liedoutonomie” en sou met vrug ingesluit kon word in ’n vertaalkursus-module, omdat dit ’n oplossing vir die probleem van voorgeskrewe teksuittreksels en die gepaardgaande verlies aan konteks bied:

Too often textbooks on translation employ technical vocabulary that most students cannot readily grasp, and the assigned passages for translating are usually so short that students do not have the required contexts with which to make intelligent decisions about correspondences in meaning. (Nida 2001:2)

 

3. Wat is daar in ’n titel?

Vyf van die titels, "Lisa se klavier"/"Le piano de Lisa"; "Jantjie"/"Jeannot" (Jean is die Franse ekwivalent van Jan; Jeannot is die verkleiningsvorm); "Waterblommetjies"/"Épis d’eau"; "Gebed"/"Prière" en "Wie weet?"/"Qui sait?" is so te sê gelykwaardig in Afrikaans en Frans. In die oorblywende agt titels is aanpassings gemaak, onder andere deur middel van intertekstuele verwysings, sodat die ontsluitingsproses vir die Franse luisteraar deur middel van ’n herkenningselement geïnisieer word. Bronteks-outeurs wantrou vertalings waarvan die titel na die kroning op ’n heel nuwe skepping lyk (en met reg: populêreliedjievertalings uit die '60’s en '70’s het dikwels ’n nuwe teks vir dieselfde melodie geskryf wat geen verband meer met die bronteks gehad het nie; een van die bekendste voorbeelde is Jacques Brel se 1961-komposisie "Le moribond"/"Die sterwende", wat in 1964 deur Rod McKuen vertaal is as "Seasons in the sun").

Die kreatiewe vertaalproses van hierdie agt titels het as volg verloop:

’n Letterlike vertaling (“of woord vir woord vertaling [...] waarvan die uitkoms ’n korrekte, idiomatiese teks is waar die vertaler net aan taalreëls onderworpe is,"[10] (Vinay et al. 1969:48)) van "Kinders van die wind" ("Les enfants du vent") maak grammatikaal sin, maar dra nie die kernidee van die liedjie (die verganklikheid van die mens en sy ondernemings deur die eeue) oor nie. Stabiliteit en sekuriteit is ’n hersenskim, soos blyk uit die reëls “swerwers sonder rigting/ soekers wat nooit vind”. Hierdie idee word geëggo in die laaste vyf versreëls van "La complainte de Rutebeuf" van die 13de-eeuse Franse digter Rutebeuf (1230–1285). In tye van ongeluk en armoede is sy vriende soos dooie blare wat deur die wind weggewaai word:

Le vent me vient, le vent m’évente
L’amour est morte
Ce sont amis que vent emporte
Et il ventait devant ma porte
Les emporta.

(Weergawe in moderne Frans: http://www.franceweb.fr/poesie/rutebeu1.htm)

Die letterlike vertaling van bostaande reëls is:

Die wind waai tot hier by my, die wind lê my bloot
Die liefde het vergaan
Hulle is vriende wat deur die wind weggewaai word
En dit het voor my deur gewaai
Hulle is weggewaai.

Titels kan ’n liedjie maak of breek; veral in die geval van ’n vertaling is dit belangrik om ’n woordkeuse te maak wat ’n element van herkenning bevat. In die geval van "Kinders van die wind" is die Franse titel enersyds geïnspireer deur   versreël 3 uit die aanhaling hier bo (wat onder andere danksy opname in die Lagarde & Michard Franse literatuurgeskiedenisreeks vir hoërskole bekend is aan die gemiddelde Franse leser) en andersyds deur die Franse vertaling van die roman (en film) Gone with the wind (Autant en emporte le vent). Die Franse titel, "Enfants que vent emporte", terugvertaal as "Kinders wat deur die wind weggewaai word", val dus op ’n Franse oor as ’n variasie op ’n bekende tema en sal hopelik die nuuskierigheid genoeg prikkel om die opname te beluister. In die laaste reël van die refrein word ’n variasie op die woordorde gebruik om die Franse klemplasing te akkommodeer en die klemme (op lettergrepe 2, 4 en 6) te sinkroniseer met die melodielyn ("Enfants qu’emporte le vent", terugvertaal as "Kinders wat weggewaai word deur die wind").

Die opeenvolging van hierdie intensiteitsklemme gee aan elke taal sy eie ritme […]. Elke groep woorde wat sonder pouse, soos een woord, uitgespreek word, kry net een intensiteitsklem, dié van die laaste woord wat uitgespreek is.[11] (Roty et al. 1964:22-3)

Die letterlike vertaling van "Huisie by die see" ("Maisonnette / petite maison au bord de la mer") is te lank en is niksseggend in Frans. Die bronteks verwys na die Bybelse allegorie (Lukas 6:47-9) van die huis wat op rots gebou is (“Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan/ Dit is ’n rots waarop my huisie staan”). Natuurelemente is die hoofkarakters in hierdie klein allegorie. Die teenoormekaarstelling van stormweer en huislike kalmte word in Frans beter saamgevat deur "Cabane dans l’orage", terugvertaal as "Huisie/hut in die storm", wat enersyds ’n pikturale kwaliteit het en andersyds intertekstueel verwys na bekende Franse chanson-tekste waarin verwysings na strand- of vissershuise voorkom, soos Francis Cabrel se bekende "Cabane du pêcheur" (Cabrel 1994, snit 3).

Die titel van die bekende "(Stuur groete aan) Mannetjies Roux" het waarskynlik die grootste uitdaging aan die vertaler gebied, gedeeltelik as gevolg van die persoonsnaamtitel daarvan. Hoewel Afrikaners se rugbykultuur/-kultus aan die Franse bekend is, ken die huidige generasie Franse rugby-entoesiaste (nie spesifiek die teikenmark van hierdie CD nie) waarskynlik nie die naam Mannetjies Roux nie. Die grootste struikelblok was egter die Franse uitspraak van Mannetjies, ’n oorweging wat telkens tydens die vertaalproses ter sprake gekom het by die behoud al dan nie van eiename en plekname in die bronteks. Deurgaans is die besluit geneem om vanuit ’n Franse perspektief alle volksvreemde woorde te vervang met ’n Franse ekwivalent of parafrase.

Die weglaat van die eienaam het egter ook die rugbykonteks laat verdwyn, iets wat integraal deel is van die liedjie se kern en wat onvermydelik herinner aan die woorde van Eco (2003:3): “In translation proper there is an implicit law, that is, the ethical obligation to respect what the author has written.” Die liedjie verwys na die “legendariese drie wat Mannetjies Roux in 1962 teen die Britse Leeus gedruk het” en wat ’n joernalis as volg beskryf het: “Roux het die bal in die middelveld ontvang en met verstommende vaartversnelling die verdedigers in hul voetspore agtergelaat. Sy langafstand drie was inderdaad so briljant dat dit slegs in die verbeelding van skrywers van seunsverhale tuishoort” (http://www.oulitnet.co.za/sport/bliksem12.asp).

Die herinnering aan die drie laat die “oom” bly hoop dat die onmoontlike soms gebeur, dat Dawid soms vir Goliat kan wen. Volgens die outeur van hierdie artikel pleeg die boer selfmoord wanneer sy gebede en sy pleidooie by die bankbestuurder op dowe ore val. Sommige leser-luisteraars interpreteer die lied egter polities, as ’n metafoor vir die Afrikaner se eksistensiële krisis aan die begin van die 1990’s. Die groete aan Mannetjies Roux in die “selfmoordnota” klink byna na ’n onverhoorde gebed.

Vertaling is al dikwels beskryf as die kuns van noodwendige verlies:

Balancing, rather than fidelity, is the central ethical act of translation, the act that allows for the redemption of losses, for respecting a work’s integrity, for the recreation of another, freestanding work of art. Balancing is the way in which a translator meets his obligations. (Wechsler 1998:140)

Die rugbykonteks was een van daardie verliese waarmee die vertaler moes vrede maak. Dit is vervang met ’n bekende intertekstuele verwysing na Karen Blixen se “I had a farm in Africa [...]” (Blixen 1988:13). By implikasie sinspeel dit op die moeilike omstandighede waaronder plaasboere ’n bestaan op die kontinent probeer maak. Die kindertaalterm vir Oom/Oompie, Tonton (die lied is uit ’n kind se perspektief geskryf), is in kombinasie met die Blixen-aanhaling gebruik, wat die fokus dus byna uitsluitlik op ’n landelike omgewing plaas, naamlik "Tonton avait une ferme en Afrique", terugvertaal as "Oompie het ’n plaas in Afrika gehad".

In die bronteks word die titel van "Ek verlang na jou" geëggo deur reël 1 van strofe 1. Die letterlike vertaling van “Ek verlang na jou”, “Tu me manques”, sou te kort geskiet het: letterlik, eerstens (dit is te kort: drie of vier lettergrepe, afhangend of sineresis of diëresis toegepas word,[12] terwyl die bronteksreël uit ses lettergrepe bestaan, danksy die toevoeging van O, ... aan die begin van reëls waarin die titel voorkom); tweedens dwing die melodie klemme af op die eerste en laaste lettergrepe van die reël: selfs die toevoeging van beaucoup in die teikenteks (“O, tu me manques beaucoup”, terugvertaal as "O, ek mis jou baie") sou nie die probleem oplos nie, omdat daar ’n natuurlike klem is op die eerste lettergreep van manques en beide lettergrepe van beaucoup (dus: “Tu me manques beau /coup”). Soos in "Kinders van die wind" speel die wind ook hier ’n sentrale rol (in die refrein word alle hoop op die gepersonifieerde wind geplaas om die geliefde weer terug te bring). Die lied handel dus net soveel oor die wind as oor die geliefde, wat die nuwe titel, "Chanson du vent", terugvertaal as "Lied van die wind", regverdig. Anders as in die bronteks, stem die titel en reël 1 van strofe 1 in die Franse weergawe nie ooreen nie.

Dit sou uiteraard moeilik wees om ’n Franse ekwivalent vir die tipies Afrikaanse sintaktiese struktuur[13] van die volksliedjie "Al lê die berge nog so blou" te vind. Die keuse is gemaak om die betekenis eerder as die woorde te vertaal. Die blouheid van die berge dui op afstand (tussen die spreker en die berge, tussen hom en sy geliefde) en by implikasie ook op onveranderlikheid (die afstand en die verlange bly groot). Die ander kriterium was ’n rymwoord wat ’n sterk klem op die laaste lettergreep van die versreël kon dra. Hoewel die rymskema in die bronteks ’n relatief maklike een is (strofe 1: blou/onthou; strofe 2: hart/smart; strofe 3: ver/ster; strofe 4: weet/vergeet), was hierdie bedrieglik eenvoudige liedjie ’n rym-turksvy. Die enigste werkbare rympaar wat die vertaler kon vind vir strofe 1, was guère/plaire. Soos in die bronteks het reël 1 die titel geword, naamlik “Au loin, les collines ne changent guère”, terugvertaal as “In die verte verander die heuwels min”. Berge (montagnes)is verklein na heuwels (collines), omdat montagnes te veel lettergrepe vir die versreël bevat.

Die oorspronklike titel van "Blouberg se strand" kan nie letterlik vertaal word nie, omrede die uitspraak van Blouberg in Frans en die afwesigheid van ’n ekwivalente besitlike voornaamwoord (Blouberg se ... – besitting in Frans word sonder kortpaaie aangedui – met ander woorde "La plage de Blouberg”/“die strand van Blouberg”, wat ’n surplus lettergreep en ’n ongemaklike opeenvolging van klemme aan die einde van die Franse reël tot gevolg sou hê). Blou sou letterlik vertaal kon word as Bleu, wat sonder konteks as titel nie baie effektief is nie. Tout bleu, terugvertaal as heeltemal/alles [is] blou, een van die versreëls, doen dus hier diens as titel.

"Klein Karoo" was die laaste van die pleknaam-titels waaroor daar ’n besluit geneem moes word. Volgens die mees resente Franse reisgidse word Klein Karoo en Groot Karoo vertaal as Petit Karoo en Grand Karoo onderskeidelik: “Le Karoo se subdivise de même en Haut Karoo au-delà des montagnes, Grand Karoo, Petit Karoo et Namaqualand en deçà” (Lory 1998:12). Petit Karoo het egter vier lettergrepe, en die melodielyn vereis drie, sodat daar na aanleiding van Franse plekname soos Basse- en Haute-Normandie (Benede- en Bo-Normandië) besluit is op Bas-Karoo (wat vir die Franse luisteraar ook as geografiese verwysing dien.)

 

4. Struikelblokke op die chanson-vertaler se pad

Die omvang van ’n artikel is te beperk om ’n gedetailleerde verslag van dertien chanson-vertalings te gee; onder hierdie opskrif sal slegs die interessantste voorbeelde, wat van belang sou kon wees vir ander (chanson-)vertalers, gegee word. Die volgorde van bespreking sal weer eens dié van die Afri-Frans-CD wees.

In "Kinders van die wind" word die iterasie (“ou, ou liedjie”, sien Bylae 1) vervang deur ’n tipies Franse woordorde: “elle vient de loin, la chanson” ("sy kom van ver af, die liedjie”) (chanson is ’n vroulike saakwoord), gevolg deur ’n intertekstuele verwysing na ’n bekende film van Claude Sautet, Les choses de la vie,[14] wat enersyds dieselfde aantal beklemtoonde lettergrepe het as “wel en wee” en andersyds ’n bykomende, filmiese verwysingveld bied wat binne die eerste twee reëls ’n ekwivalente kulturele konteks verskaf. Strofe 1 van die bronteks herinner aan vertellings soos dié van Wolraad Woltemade, maar spreek terselfdertyd een van die bekende temas in die literatuur aan: dié van die wandelende Jood, van rigtinglose swerwers en verydelde soekers. Die “dralende deuntjie”, soos Proust se “petite musique de Vinteuil”, funksioneer as ’n mnemotegniese sneller van onvoltooide verhale. Sautet se montage illustreer ’n ekwivalente situasie, hoewel nie soortgelyk nie;[15] die gemene deler tussen lied en film is dus onvoltooidheid, onvolmaaktheid, verspeelde kanse. In die vertaling van die reëls “lank-vergane skepe in/ Die kelders van die see” het ons: épaves, wat na beide skeeps- en menslike wrakke kan verwys, en die werkwoord sombrer ("sink", "vergaan"), wat ook die betekenis van die adjektief sombre ("donker", "duister", "swaarmoedig") eggo; die teenwoordigetydvorm impliseer dat nuwe strofes van die liedjie nog geskryf word. Die see is ’n moeder wat haar kinders eet (“die see is tegelykertyd ’n beeld van lewe en van dood"[16] (Chevalier et al. 1969:623)), vandaar die personifikasie van ventre (maag, buik wat reeds vol is, maar haar aptyt ken geen perke nie). Die lettergreepprobleem van strofe 2, reël 1 (7 lettergrepe met klemme op 2, 4 en 6) is opgelos deur die gebruik van ’n tipies Franse inversie van die woordorde (“Oubliées, toutes les paroles”/“vergete, al die woorde”). Die Franse skeepsgeskiedenis is veel ouer as Suid-Afrika s’n, wat die literêre byvoeglike bepaling d’antan ("weleer") regverdig (Larousse 2001:31). Ander literêre registerkeuses sluit in die gebruik van die “passé simple” of historiese verlede tyd in “Cabane dans l’orage” (“qui fut vrai, qui est faux”). In die refrein word sonder rigting vertaal met sans étoile (sonder ster, rigting, gids, geluk).

In "Huisie by die see"/"Cabane dans l’océan" is aanpassings ter wille van rym, woordorde en metrum gemaak in die eerste twee reëls van strofe 2: in die Afrikaanse weergawe word die loeiende winde vergelyk met die weeklag van verlore siele; in die Franse weergawe word die wind gepersonifieer – dit is die wind self wat “die lot van verlore siele [beween]”.

Die sintaksis van reël 1 van "Mannetjies Roux" dui reeds aan dat die lied uit ’n kinderperspektief gesing word: “Tonton son auto n’est qu’un vieux moteur”/“Oompie, sy kar is net ’n ou masjien”. Reël 2 (“Hy maak dit vol met dieselien”) is vervang deur ’n beskrywing van ’n raserige (diesel)enjin wat van ver af gehoor kan word (“qui s’entend de loin”), omdat die Franse uitspraak van diesel (dieselfde woord, die familienaam van die uitvinder) problematies is. Die dogter se presiese ouderdom (13) kon nie inpas by die Franse metrum nie en is vervang met ’n antitese (“Lui vieux et moi jeune”/“Hy is oud en ek is jonk”). Die “drie van Mannetjies Roux” moes ongelukkig plek maak vir die versugting om ook toegejuig te word, ook suksesvol te wees en soms die rol van die redder te speel: die Oompie “rêve de tous ceux qui sont acclamés”/“droom oor almal wat toegejuig word”. Die Franse woord vir ’n drie, essai, het twee beklemtoonde lettergrepe, en soos hier bo aangedui, is die betrokke eienaam moeilik uitspreekbaar in Frans en waarskynlik onbekend. Die gebruik van ’n historiese eienaam sou die vertaling ook onnodig verouderd maak. Die refrein bly baie na aan die bronteks, behalwe vir die verwysing na Afrika in die laaste reël wat nie by die drie klemme aan die einde van die reël inpas nie en dus reeds in die titel figureer. Verder identifiseer die kinderverteller met haar oom se plaas (“notre ferme”/“ons plaas”), hoofsaaklik om die metrum te laat klop. Die outeur se interpretasie van die liedjie as ’n selfmoordverhaal word in die Franse weergawe voorberei deur ’n spesifieke woordkeuse: “la fin”/“die einde”, “rêves en fuite”/“drome op vlug”, “décision est prise”/“besluit is geneem”. Die onomatopee (“klak-klak-klak”) in die laaste strofe is vervang met ’n beskrywing (“Le bruit de son moteur s’entend dans le vent”/“die geluid van sy enjin word op die wind gehoor”).

In meer as een geval het inspirasie uit die Franse filmwêreld gekom, enersyds omdat dit een van die vertaler se spesialisasievelde is, maar ook omdat die gemiddelde Franse filmliefhebber die ekwivalente kulturele konteks geredelik in die liedvertaling sal identifiseer. In alle gevalle was hierdie intertekstuele verwysings egter ook verstaanbaar op ’n basiese, semantiese vlak. Een so ’n voorbeeld is die vertaling van die reël: “Word Lisa elke boemelaar se droom”/“C’est Lisa le rêve de ceux sans toit ni loi”, terugvertaal as “Is dit Lisa wat die droom is van diegene wat sonder dak of wet leef” ("Lisa se klavier"), met verwysing na Agnès Varda se film oor ’n hawelose meisie, getiteld Sans toit ni loi (letterlik “dak- en wetteloos”; Sandrine Bonnaire het in 1986 die César vir beste aktrise vir hierdie rol gekry). Dit sou beantwoord aan Nida (2001:3) se kriteria vir ’n suksesvolle vertaling:

What clients need and generally demand is first and foremost accuracy. If a translated text can also be easy to read, this is indeed a plus factor, and if it can be culturally appropriate, the translation is obviously a success.

Die liedversameling op die Afri-Frans-CD verteenwoordig iets van die kern van Afrikanerskap; om hierdie rede is daar gepoog om so getrou as moontlik aan die betekenis van die lied te bly en (anders as in "Le moribond") die tema of boodskap duidelik te verwoord in die teikentaal. Soos met enige teks moet die vertaler van ’n lied eers vir homself uitmaak wat die betekenis daarvan is, en of daardie betekenis in vertaalde vorm sal sin maak vir die luisteraar in die teikentaal. Liedjies waarvan die leksikon die gees en spreektaal van ’n spesifieke lokaliteit weerspieël, soos Anton Goosen se "Jantjie" en "Waterblommetjies", het waarskynlik die grootste uitdaging gebied, omdat die kultuur wat daarin uitgebeeld word, nie landsgrense (of wat sekere woorde betref, selfs streeksgrense) oorsteek nie. Landers (2001:59-60, 61) stel dit so:

Consciously and unconsciously, human beings equate words and expressions, grammatical constructions, even intonation patterns, with socially-defined non-linguistic characteristics such as class, status, and educational level. […]

What a reader unconsciously perceives as the “correctness” of a translation hinges on many elements, including the crucial choice of the appropriate word, both denotatively and connotatively. Register matters.

Woorde wat Kaapse spreektaalafrikaans weerspieël, soos ghantang, mammies, bredie en bergies, sou noodwendig ’n Franse ekwivalent moes kry, en hoewel die melodie en strekking dieselfde sou bly, sou die gees van die lied in ’n sekere sin noodwendig verlore gaan. Register en variasies op die sogenaamde standaardtaal is die moeilikste elemente om te vertaal; die kompromieë wat die vertaler taalkundig moet aangaan, dra by tot sy reputasie as “teksverraaier”. In die Franse weergawe van "Jantjie" bly die konteks kleinburgerlik (Jantjie word Jeannot), die Kaap neem sy regmatige plek in in die refrein, en “Dixieland” word generies vereenvoudig tot “jazz”. Die sosio-ekonomiese konteks verbonde aan die “Bo”- en “Onder-Kaap” word verwoord in “le bas” en “le haut de la ville” (onder- en bo-dorp). Daar is gepoog om die “straatsang”-kwaliteit van die oorspronklike te behou deur die gebruik van plat klanke in die uitgerekte, beklemtoonde lettergrepe (“veille”; “toujours”; “amour”; “gars”; “moi”; “toi”), slengterme soos “gars” (“kêrel”, “ou” – familiêre register) en “filles”, en die weglaat van “il” (afplatting in die spreektaal:il y a” ("daar is") word "y a"("daar’s") in “y a le Cap, y a toi”. In sekere kontekste beteken fille ("dogter", "meisie") ook "prostituut": vergelyk Petit Larousse: “Fille de mauvaise vie, prostituée. Fille de joie. Fille publique (1995:440). Tot ’n paar jaar gelede is die term jeune fille ("jong meisie") in middelklasgeselskap gebruik om enige verwarring in hierdie opsig te voorkom.

In "Waterblommetjies" is die reël “jy maak my hart weer baie seer” vertaal met die beroemde repliek uit Marcel Pagnol (1962:153) se drama Marius:

César: Oui, tu me fends le cœur. Pas vrai, Escartefigue? Il nous fend le cœur.

(Ja, jy breek my hart. Is mos, Escartefigue? Hy breek ons hart.)

Deur middel van ’n intertekstuele verwysing na die bekende kaartspeel-toneel tussen ou vriende in César se hawekafee word ’n populêre atmosfeer geskep en twee hawens (Kaapstad en Marseilles) met mekaar vergelyk. In die Franse weergawe berei die reël die luisteraar voor op die res van die strofe (die lot van seemanne se geliefdes, gevare op see, die hoop op ’n veilige terugkeer na die hawe), wat toevallig ook in breë trekke ooreenstem met die drama-trilogie waarin Fanny en die seeman Marius se wel en wee uitgespeel word in die ou hawe van Marseilles. Die rymklank in die laaste drie reëls (mer/guère/espère) het ook gelei tot ’n klein winsie in die laaste reël: “ce Cap où l’on espère”, terugvertaal as “hierdie Kaap waar ’n mens hoop” (’n woordspeling op "Kaap die Goeie Hoop" / "Cap de Bonne Espérance" en ’n Kaap waar daar gehoop word op die veilige terugkeer van die seemanne).

In "Jantjie" was ’n ander noodwendige verskuiwing dié van die spreker se identiteit: in die oorspronklike teks is dit Katryntjie self wat aan die woord is en wat van haarself in die derde persoon praat (“Katryntjie wag op jou”, in plaas van “ek wag op jou”). In Frans is hierdie tipe verskuiwing van vraagstelling aan ’n tweede persoon en verduideliking in die derde persoon egter nie moontlik nie, behalwe in die koninklike meervoud en in spesiale gevalle soos rolspel of verstandelike gestremdheid. In strofe 1 is daar dus ’n tussenganger aan die woord wat namens Catherine met Jeannot praat; anders as in die oorspronklike, sluit vers 4 dus sintakties aan by vers 2 (terugvertaal as “Catherine sit steeds en wag [...] in die Kaap, sonder jou, sonder liefde”). Catherine is self aan die woord in strofe 2, soos aangedui deur die aanhalingstekens in die teikenteks. Die drie reëls van strofe 2 is byna onvertaalbaar, omdat dit ’n kombinasie van Maleise terme (ghantang, Boshoff en Nienaber 1966:248), Kaapse Streekstaalafrikaans (mammies) en Engels (my dear) bevat; die gees daarvan (jouself mooimaak vir jou geliefde) word vertaal met terme uit ’n populêre Franse milieu (vgl. bv. die chansons van Édith Piaf, waarin verwysings na gars en fille dikwels voorkom, soos in die titels “C’est un gars” en “À l’enseigne de la fille sans cœur”, Piaf 2006, CD 4:15; CD 5:1).

"Waterblommetjies" het, soos reeds genoem, besondere uitdagings aan die vertaler gestel: in reëls 1 en 2 moes nuwe woorde bygevoeg word om te vergoed vir die verlies aan lettergrepe van “waterblommetjies” (5) na “épis d’eau” (3), terwyl “Boland” geskrap moes word by gebrek aan ’n (uitspreekbare) ekwivalent. Die Franse reëls lees soos ’n beskrywing in ’n gastronomie-publikasie:

Épis d’eau, en saison, à la carte
Épis d’eau, à l’étouffée, au Cap
Ragoûts, vins de terroir, fruits en tarte.

Terugvertaling:

Waterblommetjies, in seisoen, à la carte
Waterblommetjies, gestoom, in die Kaap
Bredies, terroir-wyne, vrugteterte.

Die verhaal van Tafelberg se kleed is stapsgewys vertel om dit duideliker te maak vir ’n Franse luisteraar (terugvertaling: “Die Tafel het sy tafeldoek oorgegooi, volgens legendes wat vandag nog bestaan”). “Bergies” is vervang met die generiese term “boemelaars” (“clochards”), en die “Waalpad” is vereenvoudig tot “bekende paaie”.

Hoewel "Ek verlang na jou" ’n minder komplekse opbou het as byvoorbeeld "Mannetjies Roux", het dit eiesoortige uitdagings gebied wat hier hoofsaaklik tot sintaksis en lettergreeptelling beperk kan word. Die titel, wat in dieselfde of effens aangepaste vorm herhaal word in die loop van die liedjie, het nie ’n werkbare ekwivalent in Frans nie (sien bespreking hier bo) en is dus metries geakkommodeer met “penser” (“dink”, in plaas van “verlang”). Die geliefde se verblyf in verre lande is vertaal met “verre lande waar jou treë eggo” in ’n poging om bykomende lettergrepe te vind. Die letterlike vertaling van “waai wind” (“souffle, vent”) is as gevolg van die lettergreeptelling en die eerste noot van die reël wat ’n lang, beklemtoonde vokaal vereis, vervang met “rage” (“tier”).

Die titel van "Al lê die berge nog so blou", wat drie maal herhaal word in die 4 reëls waaruit strofe 1 bestaan, het noodwendig ook die rymskema bepaal (“guère”/“plaire”), wat impliseer dat reël 4 van die bronteks (“haar woorde sal ek steeds onthou”) volgens die rymwoord aangepas is na “ek kon nie guns in haar oë vind nie”. Die algemene strekking van die liedjie (die natuur is in simpatie met ’n treurende, steeds getroue minnaar wat deur sy skynbaar ongenaakbare geliefde verlaat is) bly egter dieselfde.

"Op Blouberg se strand" is die enigste van die liedjies wat ’n vertaling van ’n verwerking is (die bronteks is in Duits). Oplossings vir vertaaluitdagings in hierdie liedjie sluit in die keuse van “alizé” (“passaatwind”) in reël 4 om die lettergreeptelling te laat klop; die veralgemening van Bloubergstrand na “’n strand in die suide”, en ’n variasie op ’n intertekstuele verwysing in die reël wat die refrein voorafgaan: “Je respire, donc je suis”/“Ek haal asem, daarom bestaan ek”, ’n hedonistiese variasie op Descartes se bekende gesegde, “Ek dink, dus bestaan ek.” Die Latynse weergawe, “Cogito, ergo sum”, is die bekendste, maar die gesegde is oorspronklik in Frans geformuleer.[17] Die eerbiedwaardige toon teenoor die natuur word behou in die refrein, waar die reël “Je te salue” die Katolieke Maria-gebed (“Je vous salue, Marie”/“Wees gegroet, Maria”) eggo en voltooi word deur “Son” en “Kind” (met hoofletters in die teks, om die respekvolheid van die groet te beklemtoon.)

Die vertaler se lesing van reël 1 van "Gebed" was dat die spreker eendag neergelê wil word in bekende grond (“Laat my nooit die grond verlaat nie”), ’n vertaling wat nie by die metrum kon inpas nie. Dit is gevolglik veralgemeen tot “Hou vir my ’n plek op hierdie aarde”. Die behoefte aan goddelike nabyheid in reël 2 (“Laat my in U skadu bly”) is vertaal as “Laat my langs U staan”. Hoofsaaklik as gevolg van die metrum is klein aanpassings gemaak in strofe 2: die verledetydsvorm in “Elke keer het ek verdwaal” is vervang met ’n teenwoordigetyd-werkwoord (“Elke keer verdwaal ek”), wat die spreker se menslike swakheid beklemtoon, geëggo deur die grafiese werkwoord in die laaste reël van strofe 2: “Gee dat ek nie weer sal val nie”. Hierdie tema van immer dreigende versoeking word deurgetrek na die laaste strofe: die Bybelgeïnspireerde bronteks (“Eintlik smag ek na U waters van rus/ Lei my Heer vanaand daarheen”) het ’n meer dubbelsinnige betekenis in die Franse vertaling: “Les eaux paisibles en fin de route miroitent déjà” – die waters waar rus is, blink reeds voor in die pad, maar miskien is dit maar ’n lugspieëling?

“Blou” het die vertaler die kans gegee om die mooi Franse uitdrukking vir “skemer”, “entre chien et loup” (letterlik: "tussen hond en wolf", ’n tyd van die dag wanneer die lig so swak is dat ’n mens nie meer tussen die twee kan onderskei nie) te gebruik, wat ook die voordeel van ekstra lettergrepe het. Die gepersonifieerde skemer in die bronteks (strofe 1) is vervang deur die tema van die onpersoonlike, meedoënlose verloop van tyd:

Entre chien et loup
On s’étonne de l’heure
Qui t’éloigne toujours de mon cœur.

Terugvertaling:

In die skemer
Is ons verbaas oor hoe laat dit is
Word jy ver van my hart weggeneem.

Hierdie gedagte word deurgetrek na strofe 2:

Tyd en plek
Bepaal wat gebeur
Niemand kan dit keer nie

word so vertaal dat dit terugvertaal as

Die tyd en die plek verseker ons lot
Van geboorte tot sterfte.

In die vertaling van "Klein Karoo" het ’n pleknaam (Swartberge) en twee blomsoorte (aandblom en gousblom) die grootste uitdagings gebied. “Swartberge” is letterlik vertaal, maar die eienaam is vervang deur ’n adjektief (“montagnes noires”, met kleinletters geskryf, wat “swart berge”/“berge wat swart verbrand is deur die son” beteken.) In strofes 3 en 5 word die landskap liries beskryf: vertalings uit Frans in Afrikaans gaan mank aan ’n goeie tweetalige woordeboek,[18] wat vertalers noop om van ’n Nederlands-Franse woordeboek gebruik te maak (waarin ’n soortgelyke term nie altyd voorkom nie; jonger vertalers is ook spytig genoeg nie so vertroud met Nederlands soos die ouer generasie nie) of van ’n Afrikaans-Engelse en Engels-Franse woordeboek. Laasgenoemde verstadig die vertaalproses en lei daartoe dat studente en vertalers dikwels verkies om eerder met die Frans-Engelse taalpaar te werk. Aandblom het blykbaar (volgens Van Dale) nie ’n ekwivalent in Nederlands nie; Pharos se tweetalige Afrikaans-Engelse woordeboek (2005:2) gee evening flower/evening primrose aan, wat op hul beurt nie ’n ekwivalent in Frans het nie (primrose is wel primevère, maar die atmosferiese verwysing na nagtelike blomtyd raak verlore). Laasgenoemde is dus veralgemeen tot “floraisons de nuit”, terugvertaal as “blomme wat saans oopgaan”; die sekelmaan is bywoordelik omskryf (“croissant au-dessus”, terugvertaal as “die sekelmaan daar bo”) en die progressiewe “wasigheid wat ontvou” is vervang deur ’n mistige sluier wat oor die landskap getrek is (“Le tout à travers la brume”, terugvertaal as “Dit alles gesien deur die mis”). Die elliptiese aard van strofe 5 (“Pluk in die laatmiddag/ ’n gousblom af/ kyk hoe die blare toevou/ Net soveel dae bly nog oor -/ Dan is ek weer by jou”) illustreer Nida (2001:3) se argument dat "clarity in understanding the source text is the key to successful translating into a receptor language. Translators do not translate languages but texts."

Indien die gousblom toevou, kan die dae tot die geliefdes se wedersiens nie afgetel word deur die blare een vir een af te pluk nie; indien die toevou-aksie as die aftelling beskou word, maak die reël “Net soveel dae bly nog oor” nie sin nie, want daar sou dan geen dae oorbly nie, terwyl die hereniging duidelik iewers in die toekoms sal plaasvind (“Dan is ek weer by jou”).

"Wie weet" stel op metrumvlak ’n paar eise aan die vertaler. In meer as een geval het die oplossing gelê in ’n verandering van rededeel: werkwoorde vervang deur selfstandige naamwoorde (“stil dae slyt” word “gelukkige, rustige dae”; “leef en droom, en swyend luister” word “’n droomlewe van stille beluistering”). Die “Eden” van die bronteks word (grotendeels as gevolg van die ongewenste klank van die Franse ekwivalent en die swaar klem op die eerste lettergreep, "Éden") vervang met die generiese “tuin”/“jardin”, wat beide die Christelike konnotasie en Voltaire (1973:159) se bekende uitnodiging tot ’n eenvoudige, nuttige bestaan (“[...] il faut cultiver notre jardin”/“ons moet die tuin bewerk”) akkommodeer.

 

5. Slotwoord

Vertaalteoretici het oor die jare verskeie teorieë ontwikkel om die verhouding tussen bron- en teikentaal te analiseer. Die outeur se analise van die Afri-Frans-vertalings is maande ná die praktiese vertalings geformuleer en het geen noemenswaardige invloed op die vertaalproses self gehad nie. Die dokumentasieproses was wel insiggewend in dié opsig dat dit sekere (idiosinkratiese) vertaalpatrone gekarteer het (’n verskeidenheid intertekstuele verwysings na die Franse letterkunde en filmkuns). Die proses het egter meesal op ’n kreatiewe vlak plaasgevind, en die oplossings het dikwels uit onverwagte oorde gekom wat die vertaler self verras het:

Such creative translators are the best examples of the fact that interlingual communication is essentially a special skill that does not necessarily depend on long years of training, although it can often be greatly enriched by studying how other translators have solved typical problems. In many respects creative translating is like portrait painting and artistic musical performance. (Nida 2001:4)

Deelnemers aan die Afri-Frans-projek (die vervaardiger, sangeres en skilderes) gee in die videoknipsel op die CD ’n moontlike definisie van vertaling vanuit die perspektief van hul eie kunstenaarskap. Vir Matthys Maree bied die terugvertalings na Afrikaans ’n ander manier van kyk na bekende lirieke; wat die interlinguïstiese vertalings betref, sê hy:

Deur ons gunsteling musiek te vertaal na wêreldtale, blaas ons nuwe lewe in ons eie kultuur, hoor ons dieselfde verhale met nuwe ore en gee ons dus nuwe lewe aan liedere wat ons lewens die afgelope dekades verryk het.

Die kunstenares Stella Olivier, wat die nuwe klank van ou, bekende liedjies met haar paletmes moes vertaal, het heimwee en nostalgie (“in ’n goeie sin”) in die versameling liedjies gehoor: “Die temas van die meeste liedjies het my herinner aan mense wat terugdink, aan ou tye”, dieselfde gevoel wat die vertaler se meer literêre en “oudtydse” woordkeuse bepaal het. Vir die Parys-gebore sangeres Maude Rakotondravohitra (Myra), dogter van ’n Malgassiese vader en ’n Karibiese moeder, was die woorde ’n manier om in haar verbeelding van Europa na Afrika te reis:

Touching another culture and also travelling through the words and the music, knowing the history of the songs … The words translated from South African [sy bedoel Afrikaans – NM] into French were really inspiring to me, because it’s really different, the way words are put together, and it simply took me somewhere else, to places I created and imagined, because I’ve never been to South Africa. I was just travelling, thanks to these songs.

Vertaling as reisliteratuur, dus. Vertaling verander die manier waarop ons na tekste, die wêreld en les bes na liedjies kyk: sou snitte van die Afri-Frans-CD byvoorbeeld geskik wees vir plaaslike radioprogramme wat Suid-Afrikaanse musiek bevorder? Wanneer die bronteks, die vertaler en die meeste van die musici Afrikaans is, maar die teikentaal Frans en die sangeres Frans-Malgassies, is dit ’n vorm van wêreldmusiek? Danksy vertaling word die bronteks ’n wêreldreisiger, breek dit uit die kokon van die oorspronklike genre-definisie, hetsy volks- of luisterliedjie.

Die laaste woord gaan aan Eco (2001:6): “a text is a machine conceived for eliciting interpretations. When one has a text to question, it is irrelevant to ask the author.”

 

Bibliografie

Boeke

Blixen, Karen. 1988. Out of Africa. Londen: Penguin.

Boshoff, S.P.E. en G.S. Nienaber. 1967. Afrikaanse etimologie. Pretoria: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Brower, Reuben A. (red.). 1959. On translation. Cambridge: Harvard University Press.

De Villiers, Dirkie (red.). 1976. Nuwe F.A.K.-sangbundel. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

Eco, Umberto. 2001. Experiences in translation (vertaal deur Alastair McEwan). Toronto: University of Toronto Press.

—. 2003. Mouse or rat? Translation as negotiation. Londen: Weidenfeld & Nicolson.

Hiernard, Jean-Marc. 2003. Les règles d’or de la traduction. Anglais-français/Français-anglais. Parys: Ellipses.

Lagarde, A. en L. Michard. 1963. Le moyen âge. Collection Texte et littérature. Parys: Bordas.

Landers, Clifford E. 2001. Literary translation: A practical guide. Multilingual Matters Ltd.

Lory, Georges. 1998. L’Afrique du Sud. Parys: Karthala.

Nida, Eugene A. 2001. Contexts in translating. Amsterdam: John Benjamins.

Pagnol, Marcel. 1962. Marius. Parys: Fasquelle.

Parks, Tim. 1998. Translating style. Londen: Cassell.

Proust, Marcel. 1919. Un amour de Swann. Parys: Gallimard.

Roty, Carlos en Fernand Rigot. 1964. Diction et prononciation françaises. Brussel: Vanderlinden.

Strydom, Leon. 1976. Oor die eenheid van die digbundel – ’n tipologie van gedigtegroepe. Pretoria: Academica.

Van Coller, H.P. 2009. Tussenstand. Letterkundige opstelle. Pretoria: Van Schaik.

Vinay, J.P. en J. Darbelnet. 1969. Stylistique comparé du français et de l’anglais. Parys: Didier.

Voltaire. 1973. Romans et contes. Parys: Hachette.

Wechsler, R. 1998. Performing without a stage: The art of literary translation. New Haven: Catbird Press.

Vaktydskrifartikels

Odendaal, B. en N. Morgan. 2009. ’n Verslag oor die vertaling van dertien Jacques Brel-chansons in Afrikaans. Literator 30(2):1–26.

—. 2009. “Le plat pays” (Jacques Brel) poëties besing in Afrikaans – aantekeninge oor ikonisiteit in die oorspronklike en vertaaldechansonteks. Literator 30 (3).

Referate

Grové, I.G. 2009. Woord en wys. ’n Honderd jaar van die Afrikaanse lied. Bloemfontein: Eeufeesprogram van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Universiteit van die Vrystaat.

Woordeboeke en ensiklopedieë

Chevalier, Jean en Alain Gheerbrant. 1982. Dictionnaire des symboles. Parys: Robert Laffont.

Du Pré, Lorraine en Louis Eksteen. 1995. Groot Afrikaanse sinoniemwoordeboek. Pretoria: J.L. van Schaik.

Prinsloo, A.F. 1997. Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings. Pretoria: J.L. van Schaik.

Afrikaans-Engels/English-Afrikaans. 2005. Kaapstad: Pharos/NB Uitgewers.

Dictionnaire des difficultés de la langue française. 2001. Parys: Larousse.

Descartes, René. Encyclopædia Britannica. 2009. Encyclopædia Britannica 2007 Ultimate Reference Suite . Chicago: Encyclopædia Britannica.

Frans Nederlands/Nederlands Frans. 2005. Utrecht/Antwerpen: Van Dale CD-Rom.

Le petit Larousse grand format. 1995. Parys: Larousse.

Diskografie

Brel, Jacques. 2003. Infiniment. Barclay. 980-839-3.

Cabrel, Francis. 1994. Samedi soir sur la terre. Éditions musicales Chandelle. COL 475949 2.

Myra, Maud. 2009. Afri-Frans. Odyssey Records (bevat Afri-Frans­-dokumentêr, waarna in artikel verwys word). ODY 020.

Piaf, Édith. 2006. Édith Piaf. Recording Arts. 5X010

Filmografie

Brel, France. 2008. J’aime les Belges. Éditions Jacques Brel, Bruxelles.

Sautet, Claude. 1970. Les choses de la vie. Lira films.

Varda, Agnès. 1985. Sans toit ni loi (Vagabond). Channel Four Films et al.

Internet

http://www.franceweb.fr/poesie/rutebeu1.htm (23 April 2009 geraadpleeg).

http://www.gutzitiert.de/
zitat_autor_johann_wolfgang_von_
goethe_thema_mathematik_zitat_14624.html
(12 Julie 2009 geraadpleeg).

https://www.litnet.co.za/cgi-bin/-
giga.cgi?cmd=cause_id=1270
&cmd=cause_dr_news
(13 Julie 2009 geraadpleeg).

http://www.oulitnet.co.za/sport/
bliksem12.asp
(6 Julie 2009 geraadpleeg).

http://www.superseventies.com/-
1974_3singles.html
(6 Julie 2009 geraadpleeg).

http://www.youtube.com/
watch?v=Irw9Eyr5DQY
(2 Julie 2009 geraadpleeg).

 

Bylaag 1       

Afrikaanse lirieke (brontekste) volgens CD-volgorde

01 Kinders van die wind

Ek ken ’n ou ou liedjie
Van lewenswel en -wee
Van lank-vergane skepe in
Die kelders van die see
Die woorde is vergete
En tog, die deuntjie draal
Soos vaag-bekende grepies in
’n baie ou verhaal

Koor
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

Gesigte, drome, name
Is deur die wind verwaai
En waarheen daardie woorde is
Sou net ’n kind kon raai

Koor
Van swerwers sonder rigting
Van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
Net kinders van die wind

02 Huisie by die see

Ek het ’n huisie by die see, dis nag
Ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
Teenaan die rots waarop my huisie staan
Met al die oseaan se woeste krag

Ek hoor die winde huil, ’n kreun, ’n klag
Soos van verlore siele in hul nood
Al dwalend, klagend, wat in graf en dood
Geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig
Ek hoor dan maar die storm daarbuite
Ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite
Hier binne is dit veilig, warm en dig.
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
Dit is ’n rots waarop my huisie staan

03 Mannetjies Roux

My oom se motor is ’n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy sing in die strate as hy ons kom sien
My oom is oud en ek is skaars dertien
My oom drink koffie en my tannie tee
Ek vra oor die reën en hy sê ja-nee
En hy drink soet koffie met sy een oog toe
En hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux

Koor
O stuur ons net so ’n bietjie reën
My oom het ’n tenk vol dieselien
En seën my pa en seën my ma
En my oom op sy plaas in Afrika

Maar my oom het gesukkel op die plaas
Want die son was te warm en die reën te skaars
En die man van die bank het net sy kop geskud
Want my oom, ja my oom was te diep in die skuld

My oom se motor is ’n ou masjien
Hy maak dit vol met dieselien
En hy ry na die lande in die oggenddou
Die lande vaal en sy oë grou

Koor

En as jy in die oggend in die lande stap
Hoor jy nog sy motor met sy klak-klak-klak
Maar my oom, ja my oom se oë’s nou albei toe
In sy brief stuur hy groete aan Mannetjies Roux

Koor 

04 Lisa se klavier

Ek het ’n vriendin
Ver by die blou see
Teen die hang van Tafelberg
As die son sak
Speel sy die mooiste melodieë

Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde
Hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart

Koor
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur
Na die naggeluide
Van Lisa se klavier

Lisa kan nie ophou as sy eers
Begin het nie
Sy laat my nooit huis toe loop
Of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon
En drink haar appelkoostee
En kyk na Kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart
See

Koor

En onder op die sypaadjie
Sien ek die bergie en sy maat
Gaan staan en opkyk
Ver na bo
Vanuit die vullis van Oranjestraat

Hulle ken al lank die klanke
Wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf, met die deure oop
Al moan die bure ook al hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom

Koor

05 Jantjie

Jantjie kom huis toe
Katryntjie wag op jou
Jantjie kom huis toe
Die Kaap is leeg sonder jou

My ghantang van die onder-Kaap
As die mammies op hul hakke loop
Wie kan dit dan hou my dear wie kan dit dan hou

Neem my hand en vat my saam
Na die Dixieland vanaand
Jantjie van die onder-Kaap

06 Waterblommetjies

Waterblommetjies in die Boland
Waterblommetjies in die Kaap
Maak die bredie net soos in die wynland
En sê jy’s baie lief vir my
Voor jy gaan slaap

Daardie wind waai weer by my voordeur in
Hy maak my hart weer lekker sing
Dis gaaf om die Kaap weer dag te sê
Ek vat jou saam na die koringland
Wie ry saam as my hart so brand dis lekker om die Boland lief te hê

Van Hunks het weer sy pyp gestop
Tafelberg se hoed is op
En die bergies begin al huis se kant toe staan
Groenpunttoring knip sy oog
Die suidoos maak so ’n wye boog
En die Waalpad help jou as jy huis toe gaan

O die luggie hier is vry
Waar my hart heeltyd wil bly
En ek wil my langs ou mies Victoria
Neer gaan vly
Laat ons deur die tuine loop
By die parade iets gaan koop
As die wind koud waai
Laat ek gou eers jou jas vasknoop

O Kaap, o Kaap, o mooiste Kaap
Jy maak my hart weer baie seer
Jou ghantang kom mos altyd weer en weer
Die Mayflower het uitgevaar
En gaan snoek haal daar by Houtbaai waar
Karbonkelberg die stormsee gewaar

Drie skepsels het by Dassiepunt
Na die ster gekyk en teen die wind in
Voetgeslaan en die stralekrans aangegee
En hul’t teruggekeer na Tafelbaai
En op Duiwelspiek vir die engel gewaai
En die engel het ’n traan uit sy oë gevee

07 Ek verlang na jou

Ek verlang na jou, na die winde wat sy arms om my vou
So verlang ek as die son en die maan en die wind en die wolke oor my 
gaan
Verlang jy ook na my, daar waar jy nou in die verre lande bly
En verlang jy as die son en die maan en die wind en die wolke oor jou 
gaan

Waai wind, bring hom terug na my
Waai wind, bring hom terug na my

O ek verlang na jou, ek verlang omdat ek baie van jou hou
Ek verlang so as die son en die maan en die wind en die wolke oor my 
gaan
Verlang jy ook na my, daar waar jy nou in die verre lande bly
En verlang jy as die son en die maan en die wind en die wolke oor jou 
gaan

Waai wind, bring hom terug na my
Waai wind, bring hom terug na my 

08 Al lê die berge nog so blou

Al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
al lê die berge nog so blou,
haar woorde sal ek steeds onthou

Maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
maar die moet julle darem weet,
haar woorde sal ek nooit vergeet

Nou gaan sy weg met ’n lekker hart,
nou gaan sy weg met ’n lekker hart,
nou gaan sy weg met ’n lekker hart,
hier sit ek nou in pyn en smart

Al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
al woon my bokkie nog so ver,
dan troos ek my aan die môrester

09 Op Blouberg se strand

Die golwe weet waar breek die branders –
Hulle dink hulle’s vry
Die wolke wentel in die hemel, maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
Maar dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Koor
Goeiemôre my sonskyn
Goeiemôre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand

Daar is witgekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa, sê my kind, ons moet swart mossels vind
Ons is lief vir die see, ek is lief vir my kind
Ja, dis koel na die lang nag
En ons groet die dag

Koor x2

10 Gebed

Laat my nooit die grond verlaat nie
Laat my in U skadu bly
Gee dat elke aardse vreugde en vrees
eindelik nietig word vir my

Elke afdraaipaadjie ken ek
Elke keer het ek verdwaal
Elke keer het u my iewers kom haal
Maak dit Heer, die laaste maal

Elke dag is ’n gedagte
Elke kamer net gehuur
Elke aardse droom van rykdom en roem
net ’n skadu teen die muur

Wat ek is, is net genade
Wat ek het, is net geleen
Eintlik smag ek na U waters van rus
Lei my Heer vanaand daarheen

11 Blou

As die skemer kom
En hy vang my by jou
En hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan
Hoe ek sou voel
Wie sou verstaan
Oral om, om my heen
Is dit blou
Want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees
Vanaand

Tyd en plek
Bepaal wat gebeur
Niemand kan dit keer nie
Sê my wat’s reg
En wat is verkeerd
Wie sou bepaal?
Oral om, om my heen
Is dit blou
Want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees
Vanaand

Koor
Alles is blou
Alles is blou
Blou is die wolke
Blou is die maandag blou is die venster waarby ek staan
Blou is my hart en
Blou my gedagtes
Blou om my heen
Alles is blou
Alles is blou
Alles is blou
Alles oor jou

As die skemer kom
En hy vang my by jou
En hy stuur jou terug na jou huis toe
Wie sou verstaan
Hoe ek sou voel
Wie sou verstaan
Oral om, om my heen
Is dit blou
Want ek wil by jou wees
Ek wil by jou wees
Vanaand

12 Klein Karoo

Klein Karoo
Verre land van verlatenheid
Klein Karoo
Waar die Swartberge troon
In die Klein Karoo
Het jy nog steeds na my verlang
Ek kom terug na jou
By jou wil ek altyd woon

Klein Karoo
Dis waar ek jou liefde vind
Elke aand
Stap ons hand-aan-hand
Saam met jou
Kan ek van die toekoms droom
In die Klein Karoo
Wil ek met jou woon

Sien jy die aandblom staan,
die sekelmaan
die wasigheid wat ontvou -
soos my heimwee saans na jou
Daarom kom ek terug na jou

Klein Karoo
Verre land van verlatenheid
Klein Karoo
Waar die Swartberge troon
In die Klein Karoo
Het jy altyd na my verlang
Ek is weer terug by jou
By jou wil ek altyd woon

Pluk in die laatmiddag
’n gousblom af
kyk hoe die blare toevou
Net soveel dae bly nog oor -
Dan is ek weer by jou

Klein Karoo
Dis waar ek jou liefde vind
Elke aand
Stap ons hand-aan-hand
Saam met jou
Kan ek van die toekoms droom
In die Klein Karoo
Wil ek met jou woon

13 Wie weet?

Diep-diep in die bosse is ’n poort na ’n vergete land
Waar ons stil dae slyt
Leef en droom, en swyend luister
Na die voetval van die tyd
Teen skemeraand as hoop weer fluister
Wie weet, iewers is daar dalk ’n land van rus en
Wie weet, waar die vlugteling veilig is
Waar die swerwer eindelik rus
En as daar is
Neem my saam, neem my saam
Diep-diep in die bosse is ’n poort na ’n vergete land
’n Eden half-voltooi
Half-gevul deur halwe vrede
Waar die son nog skaam-skaam loer
Kom kniel en wyk voor half-gebede
Sê my, is daar iewers dalk ’n land van rus en
Sê my, is daar ver ’n vreemde kus
Waar die swerwer eindelik rus?
En as daar is
Neem my saam, neem my saam
Wie weet, iewers is daar dalk ’n land van rus en
Wie weet

Bylaag 2

Franse vertalings (teikentaaltekste) volgens CD-volgorde

01 Enfants que vent emporte

Elle vient de loin, la chanson
Sur toutes les choses de la vie
Histoires d’épaves qui sombrent vers
Le ventre plein de la mer

Oubliées, toutes les paroles
Mais l’air s’entend encore
Il nous rappelle les jours d’antan
Il y a dix ou dix mille ans

Refrain

Vagabonds sans étoile
Quêteurs sans espoir
Enfin jusqu’à la fin des temps
Enfants qu’emporte le vent

Leurs visages, noms et rêves
Tournoient aux quatre vents
Paroles qu’oublie la nuit des temps
Que devinent les enfants

Refrain

Vagabonds sans étoile
Quêteurs sans espoir
Enfin jusqu’à la fin des temps
Enfants qu’emporte le vent

02 Cabane dans l’orage

Dans ma cabane sur l’océan, nuit noire
Les lames se brisent de toutes parts
Contre le rocher où elle monte la garde
Et toute la force de notre océan

Le vent se plaint, soupire, lamente le sort
Des âmes perdues, appels venant des morts
Errant toujours, en vain cherchant le repos
La tombe, la mort, qui fut vrai, qui est faux

Le feu crépite, la chandelle nous éclaire
Dehors s’entendent les mugissements de l’orage
Les carreaux tremblent, la tempête s’enrage
Dedans en sûreté, au sec et au chaud!

Dans ma cabane sur l’océan, nuit noire
Les lames se brisent de toutes parts
Contre le rocher où elle monte la garde
Et toute la force de notre océan

Le vent se plaint, soupire, lamente le sort
Des âmes perdues, appels venant des morts
Errant toujours, en vain cherchant le repos
La tombe, la mort, qui fut vrai, qui est faux

Viens, nuit! Intempéries, vent, océan
C’est une cabane encore debout longtemps!

Viens, nuit! Intempéries, vent, océan
C’est une cabane encore debout longtemps!

03 Tonton avait une ferme en Afrique

Tonton, son auto n’est qu’un vieux moteur
Qui s’entend de loin quand il vient à l’heure
Il chantonne sur la route quand il vient en visite
Lui vieux et moi jeune, mais je me rattrape vite.

Tonton boit du café et sa femme du thé
Il scrute bien le ciel, on ne sait jamais
Et sirote son café un œil bien fermé
Pour mieux rêver de tous ceux qui sont acclamés

Refrain

Envoie-nous juste un peu de pluie
Le plein, Tonton l’a déjà fait
Bénis ma mère
Bénis mon père
Et bénis notre ferme en bas du continent

Mais Tonton sur sa ferme voyait venir la fin
Sans merci, le soleil, et sans suite la pluie
Et puis l’homme de la banque qui ne dira plus ‘oui’
Juste des dettes qui l’accablent et ses rêves en fuite

Tonton, son auto n’est qu’un vieux moteur
Qui s’entend de loin quand il vient à l’heure
Quand le soleil se lève sa décision est prise
Dans ses champs sans couleur que voient ses yeux tout gris

Refrain

Et si le matin vous traversez les champs
Le bruit de son moteur s’entend dans le vent
Mais Tonton il garde désormais les yeux fermés
Pour mieux rêver de tous ceux qui sont acclamés

Refrain

04 Le piano de Lisa

J’ai une amie qui habite au bout d’un continent, au bord de l’océan
Au pied de la montagne de la Table millénaire
Quand s’éteint le soleil, elle commence à jouer les mélodies les plus belles

Ses doigts connaissent les touches : chemin en noir et blanc
Tristesse ou joie, ou nostalgie sans fin
Elle comprend toutes les souffrances de nos cœurs

Refrain x2

Le silence s’installe sur la ville, qui tend l’oreille au coin des rues
Où sonnent les nocturnes du piano de Lisa

Quand elle commence à jouer, Lisa ne sait plus s’arrêter

La nuit pour elle ne finit jamais, alors on ne part pas
Tant qu’il reste une cigarette

Je bois une tisane à l’abricot, assise sur son balcon

Et à mes pieds le Cap la nuit, mer noire, partout des lumières

Refrain x2

Et dans la rue en bas, clochards et amis pour la vie
Ne bougent plus, lèvent la tête, les pieds dans les saletés de la rue

Ils connaissent bien les notes qui s’envolent de chez elle
Au petit matin, les portes ouvertes, les voisins râlant de plus belle
C’est Lisa le rêve de ceux sans toit ni loi

Refrain x2

05 Jeannot

Jeannot, tu rentres?
Catherine, elle, veille toujours
Jeannot, tu rentres?
Au Cap, sans toi, sans amour

‘Mon amoureux du bas de la ville
Quand les filles se font belles pour leur gars
Comment tenir, Jeannot, pourquoi elles et pas moi?

Prends ma main et emmène-moi
Au pays du jazz ce soir
Jeannot, y a le Cap, y a toi
Jeannot, y a le Cap, y a toi’

06 Épis d’eau

Refrain

Épis d’eau, en saison, à la carte
Épis d’eau, à l’étouffée, au Cap
Ragoûts, vins de terroir, fruits en tarte
Avant que tu t’endormes …
Serre-moi très fort!

Le vent, l’ami, entre sans frapper
Mon cœur n’arrête plus de chanter
Le Cap, je te salue, le cœur léger
Viens avec moi, aux champs de blé
Oui, venez tous, vous comprendrez,
Mon cœur, au pays des vins je t’ai voué

Refrain

La Table a mis sa couverture
Selon des légendes qui perdurent
Et sur ses pentes, les clochards cherchent abri
Le bon vieux phare cligne de l’œil
Sud-est, le vent qui sème les feuilles
Des routes connues te ramènent chez toi

Refrain

Le Cap, le Cap, le plus beau Cap
Fends-moi le cœur à chaque fois
Tes amoureux reviennent toujours vers toi
Même si les bateaux partent en mer
Chargés de brochet, ils ne s’éloignent guère
Et reviennent vers ce Cap où l’on espère

Refrain

07 Chanson du vent

Toujours je pense à toi
Quand le vent me serre très fort dans ses bras
Quand les nuages, le soleil et le vent et la lune me rappellent : tu n’es plus là

Et toi, tu penses à moi?
Dans de lointains pays où font écho tes pas
Quand les nuages, le soleil et le vent et la lune te rappellent : ‘elle n’est plus là’

Rage, vent! Ramène-le vers moi
Rage, vent! Ramène-le vite vers moi

Toujours je pense à toi, à te serrer toujours plus fort dans mes bras
Quand les nuages, le soleil et le vent et la lune me rappellent : tu n’es plus là

Et toi, tu penses à moi?
Dans de lointains pays où font écho tes pas
Quand les nuages, le soleil et le vent et la lune te rappellent : ‘elle n’est plus là’

Rage, vent! Ramène-le vers moi
Rage, vent! Ramène-le vite vers moi
Rage, vent! Ramène-le vers moi
Rage, vent! Ramène-le vite vers moi

08 Au loin les collines ne changent guère

Au loin les collines ne changent guère (3x)
Mais moi, je n’ai pas su lui plaire!

C’est lui qui s’en va, cœur léger (3x)
Mais moi, j’ai mon chagrin à soulager

Même si mon coeur habite si loin (3x)
Mon bonheur, c’est l’étoile du matin

Bonnes gens, je peux le dire sans peur (3x)
Ses mots, je les grave dans mon cœur

09 Côté Atlantique

Les lames déferlent sur les vagues, mais
Sont retenues à jamais
Les nuages flottent dans le ciel, mais
Sont emportés par l’alizé

C’est tôt le matin, sur une plage dans le Sud
Du soleil et du vent, quelle journée nous attend!
Il fait frais après la longue nuit
Je respire, donc je suis …

Refrain

Je te salue, Soleil
Je te salue, Enfant
Faisons la course vers l’océan
Disons bonjour au vent
Chaud, le sable aux pieds
Et le soleil qui brûle
Mais côté Atlantique, m’amour
Il fait à peine jour …

Des maisons blanchies à la chaux
Que la Montagne assombrit tôt
Pêcheurs à canne et à chapeau
Lignes de pêche au fond des eaux
‘Papa’, me dit mon enfant, ‘y a des moules, que pour nous!’
J’aime la mer, mon enfant, j’aime le sable, j’aime tout!
Il fait frais après la longue nuit
Je respire, donc je suis …

Refrain

10 Prière

Garde-moi une place sur terre
Laisse-moi me mettre à tes côtés
Fais qu’ici bas toute peur et toute joie
Seigneur, ne signifient rien pour moi

Les détours jalonnent ma route
Je m’égare à chaque fois
C’est toi Seigneur qui seul sais où me retrouver
Fais que je ne retombe plus jamais

Les jours qui passent sont fugitifs
Nos maisons ne sont que prêtées
Tous nos rêves à nous de richesse et de gloire
Fugaces comme des ombres noires

C’est grâce à toi que moi j’existe
Et tout ce que j’ai est emprunté
Les eaux paisibles en fin de route miroitent déjà
Seigneur, veux-tu y guider mes pas?

C’est grâce à toi que moi j’existe
Et tout ce que j’ai est emprunté
Les eaux paisibles en fin de route miroitent déjà
Seigneur, veux-tu y guider mes pas?

Seigneur, veux-tu guider mes pas?

11 Tout bleu

Entre chien et loup
On s’étonne de l’heure
Qui t’éloigne toujours de mon cœur

Qui peut savoir
Ce que je ressens
Qui peut savoir?

Tout ce que je vois, autour de moi
C’est tout bleu
Car tout ce que je veux, t’es tout ce que je veux
Ce soir

Le temps et le lieu
Assurent notre sort
De la naissance jusqu’à la mort

Qu’est-ce qui est juste
Qu’est-ce qui ne l’est pas
Qui nous le dira?

Tout ce que je vois, autour de moi
C’est tout bleu
Car tout ce que je veux, t’es tout ce que je veux
Ce soir

Partout, tout bleu
Partout, tout bleu

Bleus, les nuages
Bleue notre lune
Bleue la fenêtre avec vue sur les dunes

Bleu est mon cœur et
Bleues mes pensées
Partout du bleu

Partout, tout bleu
Partout, tout bleu
Partout, tout bleu
Partout, et toi en bleu

Entre chien et loup
On s’étonne de l’heure
Qui t’éloigne toujours de mon cœur

Qui peut savoir
Ce que je ressens
Qui peut savoir?

Partout, tout bleu
Partout, tout bleu
Partout, tout bleu
Partout, et toi en bleu

12 Bas Karoo

Bas Karoo
Là, au fin fond de l’abandon
Bas Karoo
Et ses montagnes noires
Dans le bas Karoo
Où tu pensais à moi le soir
Je reviens enfin
Pour y vivre avec toi

Bas Karoo
J’y retrouve ton amour pour moi
Chaque soir
On se promène, enlacés
Toi et moi
On rêve déjà du lendemain
Dans le bas Karoo
Je veux vivre avec toi

Des floraisons de nuit
Croissant au-dessus
Le tout à travers la brume
Voilà l’image de ma nostalgie
Voilà pourquoi je reviens

Bas Karoo
Là, au fin fond de l’abandon
Bas Karoo
Et ses montagnes noires
Dans le bas Karoo
Où tu pensais à moi le soir
Je reviens enfin
Pour y vivre avec toi

Avant le crépuscule
Se ferment les feuilles
Des soucis si fraîchement cueillis
Autant de jours qui doivent s’écouler
Avant d’être dans tes bras

Bas Karoo
J’y retrouve ton amour pour moi
Chaque soir
On se promène, enlacés
Toi et moi
On rêve déjà du lendemain
Dans le bas Karoo
Je veux vivre avec toi

13 Qui sait?

Loin, loin, tout au fond des bois, s’ouvre la porte d’un pays d’autrefois
De tranquilles jours heureux
Vie de rêve, et d’écoute muette
De la marche, celle du temps
Au crépuscule, quand l’espoir peut renaître …

Qui sait? Un pays paisible existe peut-être et
Qui sait? Un accueil pour réfugiés
Où l’errance peut prendre fin
Et s’il existe ...
Emmène-moi! Emmène-moi!

Loin, loin, tout au fond des bois, s’ouvre la porte d’un pays d’autrefois
Un jardin à finir
A la paix tout imparfaite
Au soleil timide, mais chaud
Viens, à genoux, finis la prière

Qui sait? Un pays paisible existe peut-être et
Qui sait? Un accueil pour réfugiés
Où l’errance peut prendre fin
Et s’il existe
Emmène-moi! Emmène-moi!

Dis-moi, si un pays paisible existe pour nous et
Dis-moi, s’il y a un rivage qui attend
Où l’errance peut prendre fin
Et s’il existe
Emmène-moi! Emmène-moi!
Qui sait ...
Qui sait ...
Un pays paisible existe peut-être et ...

Bylaag 3

Terugvertalings (Afrikaanse vertalings van die Franse vertalings) volgens CD-volgorde

01 Kinders van die wind

Die liedjie kom van ver af
Dit handel oor al die dinge van die lewe
Stories van skeepswrakke wat afdaal na
Die vol maag van die see

Vergete, al die woorde
Maar die wysie word nog gehoor
Dit herinner ons aan dae wat verby is
Tien of tienduisend jaar gelede

Refrein

Swerwers sonder ster
Soekers sonder hoop
Eindelik tot aan die einde van die tyd
Kinders wat deur die wind meegesleur word

Hul gesigte, name, drome
Dwarrel op die vier uithoeke van die aarde
Woorde wat deur die verloop van tyd vergeet word
Maar wat kinders kan raai

Refrein

Swerwers sonder ster
Soekers sonder hoop
Eindelik tot aan die einde van die tyd
Kinders wat deur die wind meegesleur word

02 Huisie by die see

Hut [wat uitkyk] op die oseaan

In my hut [wat uitkyk] op die oseaan, donker nag
Breek branders van alle kante
Teen die rots waarop dit wagstaan
En al die krag van ons oseaan

Die wind kla, sug, beween die lot
Van verlore siele, krete van die dooies
Altyd dwalend, verniet op soek na rus
’n Graf, die dood, wat waar was, wat vals is

Die vuur kraak, die kers maak vir ons lig
Buite word die geloei van die storm gehoor
Die ruite bewe, dit stormweer verwoed
Binne is dit veilig, droog en warm

In my hut [wat uitkyk] op die oseaan, donker nag
Breek branders van alle kante
Teen die rots waarop dit wagstaan
En al die krag van ons oseaan

Die wind kla, sug, beween die lot
Van verlore siele, krete van die dooies
Altyd dwalend, verniet op soek na rus
’n Graf, die dood, wat waar was, wat vals is

Kom, nag! Slegte weer, wind, oseaan
Dis ’n hut wat nog lank sal staan!

Kom, nag! Slegte weer, wind, oseaan
Dis ’n hut wat nog lank sal staan!

03 Mannetjies Roux / Tonton avait une ferme en Afrique

Oompie se motor is net ’n ou masjien
Wat van ver af gehoor word wanneer hy op tyd kom
Hy neurie op pad wanneer hy op besoek kom
Hy’s oud en ek is jonk, maar ek haal gou in.

Oompie drink koffie en sy vrou tee
Hy tuur na die hemel, ’n mens weet nooit
En proe aan sy koffie met een oog goed toe
Om beter te kan droom oor almal wat toegejuig word

Refrein

Stuur ons net ’n bietjie reën
Oompie het reeds volgemaak
Seën my ma
Seën my pa en
Seën ons plaas onderaan die kontinent

Maar Oompie op sy plaas het die einde sien kom
Die son was sonder genade, die reën sonder opvolg
En toe die man van die bank wat nie weer "ja" sou sê nie
Net skuld wat hom oorweldig en sy drome op die vlug

Oompie se motor is net ’n ou masjien
Wat van ver af gehoor word wanneer hy op tyd kom
Wanneer die son opkom, is sy besluit geneem
In sy lande sonder kleur waarna sy grou oë kyk

Refrein

En indien julle soggens die lande oorsteek
Sal julle die geluid van sy masjien op die wind hoor
Maar Oompie hou van nou af sy oë toe
Om beter te kan droom oor almal wat toegejuig word

04 Lisa se klavier

Ek het ’n vriendin wat aan die punt van ’n kontinent woon, aan die rand van die oseaan
Aan die voet van die eeue oue Tafelberg
Wanneer die son uitgedoof word, begin sy die mooiste melodieë speel

Haar vingers ken die klawers: ’n pad in wit en swart
Hartseer of vreugde, of eindelose nostalgie
Sy verstaan al die pyn van ons harte

Refrein x2

Die stilte sak toe oor die stad, wat sy ore spits op die straathoeke
Waar Lisa se nagmusiek gehoor word

Wanneer sy begin speel, weet Lisa nie meer hoe om op te hou nie

Vir haar eindig die nag nooit nie, dus vertrek ’n mens nie
Terwyl daar nog ’n sigaret oor is nie

Ek drink ’n appelkoos kruietee, terwyl ek sit op haar balkon

En aan my voete is die Kaap in die nag, ’n donker see, liggies oral

Refrein x2

En in die straat daar onder, boemelaars en vriende vir altyd
Beweeg nie, lig die kop op, hul voete in die straatvullis

Hul ken die note wat by haar huis uitvlieg goed
Vroeg in die oggend, met die deure oop, terwyl die bure nog meer kla
Is dit Lisa wat die droom is van diegene wat sonder dak of wet leef

Refrein x2

05 Jantjie

Jantjie, gaan jy terugkom?
Catherine sit steeds en wag
Jantjie, gaan jy terugkom?
In die Kaap, sonder jou, sonder liefde

‘My geliefde uit die onder-Kaap
Wanneer die meisies hul mooi maak vir hul kêrel
Hoe verduur ’n mens dit, waarom hulle en nie ek nie?

Neem my hand en neem my saam
Na die wêreld van jazz vanaand
Jantjie, daar’s die Kaap en daar’s jy

06 Waterblommetjies

Waterblommetjies, in seisoen, à la carte
Waterblommetjies, gestoom, in die Kaap
Bredies, terroir-wyne, vrugteterte
Voordat jy aan die slaap raak ...
Hou my styf vas!

Die wind, my vriend, kom binne sonder klop
My hart sing sonder ophou
Kaap, ek groet jou met ’n ligte hart
Kom saam met my na die koringlande
Ja, kom almal, julle sal verstaan,
My hart, ek het jou opgedra aan die wynland

Refrein

Die Tafel het sy tafeldoek oorgegooi
Volgens legendes wat voortduur
En op sy hange soek boemelaars skuiling
Die ou vuurtoring knip vir ons oog
Die Suid-Oos-wind waai die blare rond
Bekende paaie neem jou huis toe

Refrein

Die Kaap, die Kaap die mooiste Kaap
Breek my hart maar elke keer
Jou minnaars kom altyd terug na jou
Selfs wanneer die bote op die see uitvaar
Gelaai met snoek, vaar hulle nie ver uit nie
En kom terug na hierdie Kaap waar ’n mens hoop

Refrein

07 Ek verlang na jou

Altyd dink ek aan jou
Wanneer die wind my baie styf in sy arms vashou
Wanneer die wolke, die son en die wind en die maan my herinner: jy is nie meer daar nie

En jy, dink jy aan my?
In die verre lande waar jou treë eggo
Wanneer die wolke, die son en die wind en die maan jou herinner: "sy is nie meer daar nie"

Tier, wind! Bring hom terug na my
Tier, wind! Bring hom [gou] terug na my

Altyd dink ek aan jou
Ek dink daaraan om jou altyd stywer in my arms vas te hou
Wanneer die wolke, die son en die wind en die maan my herinner: jy is nie meer daar nie

En jy, dink jy aan my?
In die verre lande waar jou treë eggo
Wanneer die wolke, die son en die wind en die maan jou herinner: "sy is nie meer daar nie"

Tier, wind! Bring hom terug na my
Tier, wind! Bring hom [gou] terug na my

08 Al lê die berge nog so blou

In die verte verander die heuwels min
Maar ek kon nie guns in haar oë vind nie!

Dis hy wat weggaan met ’n ligte hart
Maar ek het my smart om te verlig

Selfs al woon my hart so ver
Lê my geluk in die môrester

Liewe mense, ek skroom nie om dit te sê nie:
Haar woorde graveer ek op my hart 

09 Blouberg se strand

Branders breek bo-oor brander, maar
Word vir altyd teruggehou
Wolke dryf in die lug, maar
Word deur die [handels]winde weggewaai

Dis vroeg in die oggend, op ’n strand in die Suide
Son en wind, wat ’n dag wag vir ons!
Dis koel na die lang nag
Ek haal asem, ek leef/is

Refrein

Ek groet jou, Son
Ek groet jou, Kind
Kom ons hardloop in die rigting van die oseaan
Kom ons groet die wind
Warm is die sand by ons voete
En die son brand
Maar aan die kant van die Atlantiese oseaan, liefste
Is dit skaars dag

Witgekalkte huise
Wat die berg vroeg al verdonker
Vissers met stok en hoed
Vislyne in die diep waters
"Pappa," sê my kind vir my, "daar’s mossels, net vir ons!"
Ek’s lief vir die see en my kind, ek’s lief vir die sand, vir alles!
Dis koel na die lang nag
Ek haal asem, ek leef/is

10 Gebed

Hou vir my ’n plek op hierdie aarde
Laat my langs U staan
Gee dat hier op aarde alle vreugdes en vrese
Net illusie blyk te wees, Heer

Ompaaie is oral op my pad
En elke keer verdwaal ek
Dis U Heer wat alleen weet waar om my weer te kry
Gee dat ek nie weer sal val nie

Die dae wat verbygaan, is vlietend
Ons huise word net geleen
En ons drome van rykdom en glorie
Gaan verby soos swart skaduwees

Dis danksy u wat ek bestaan
En alles wat ek het, is net geleen
Die waters waar rus is aan die einde van die pad blink reeds
Heer, wil u my voete daarheen lei?

11 Blou

In die skemer [idiomatiese uitdrukking: "tussen hond en wolf’" = skemer]
Is ons verbaas oor hoe laat dit is
Word jy ver van my hart weggeneem

Wie kan weet
Wat ek voel
Wie kan weet?

Al wat ek sien, rondom my
Is heeltemal blou
Alles wat ek wil hê, jy is alles wat ek wil hê
Vanaand

Die tyd en die plek
Verseker ons lot
Van geboorte tot sterfte

Wat is reg
Wat is nie reg nie
Wie sal ons dit vertel?

Al wat ek sien, rondom my
Is heeltemal blou
Alles wat ek wil hê, jy is alles wat ek wil hê
Vanaand

Refrein

Oraloor, alles blou
Oraloor, alles blou

Blou, die wolke
Blou ons maan
Blou die venster met uitsig op die duine

Blou is my hart en
Blou my gedagtes
Oraloor, alles blou

Oraloor, alles blou
Oraloor, alles blou
Oraloor, alles blou
Oraloor, en [selfs] jy in blou

In die skemer [idiomatiese uitdrukking: "tussen hond en wolf" = skemer]
Is ons verbaas oor hoe laat dit is
Word jy ver van my hart weggeneem

Wie kan weet
Wat ek voel
Wie kan weet?

Oraloor, alles blou
Oraloor, alles blou
Oraloor, alles blou
Oraloor, en [selfs] jy in blou

12 Klein Karoo

Benede-Karoo            
Daar aan die eindes van verlatenheid
Benede-Karoo
En sy swart berge
In die Benede-Karoo
Waar jy in die aand aan my gedink het
Ek kom eindelik daarheen terug
Om daar saam met jou te leef

Benede-Karoo
Daar vind ek jou liefde vir my terug
Elke aand
Wandel ons arms om mekaar
Jy en ek
Droom reeds van môre
In die Benede-Karoo
Wil ek saam met jou woon

Blomme wat saans oopgaan
Die sekelmaan daar bokant
Dit alles [gesien] deur die mis
Dit is die beeld van my nostalgie
Daarom kom ek terug

Benede-Karoo
Daar aan die eindes van verlatenheid
Benede-Karoo
En sy swart berge
In die Benede-Karoo
Waar jy in die aand aan my gedink het
Ek kom eindelik daarheen terug
Om daar saam met jou te leef

Voor die skemer kom
Gaan die blare
Van die varsgeplukte gousblomme toe
Ewe veel dae moet verbygaan
Voordat ek in jou arms kan wees

Benede-Karoo
Daar vind ek jou liefde vir my terug
Elke aand
Wandel ons arms om mekaar
Jy en ek
Droom reeds van môre
In die Benede-Karoo
Wil ek saam met jou woon

Refrein

13 Wie weet

Ver, ver, in die diepte van die bos, open die deur van ’n land van lank gelede
Van gelukkige, rustige dae
’n Droomlewe, en van stille beluistering
Van die aanstap van die tyd
In die skemer, wanneer hoop weer mag opvlam ...

Wie weet? ’n Vreedsame land bestaan miskien en
Wie weet? ’n Toevlug vir vlugtelinge
Waar swerftogte kan eindig
En as [die land/dit] bestaan ...
Neem my saam! Neem my saam!

Ver, ver, in die diepte van die bos, open die deur van ’n land van lank gelede
’n Tuin om te voltooi
Waarvan die vrede onvolmaak is
Waarvan die son skaam, maar warm is
Kom, op jou knieë, maak die gebed klaar

Wie weet? ’n Vreedsame land bestaan miskien en
Wie weet? ’n Toevlug vir vlugtelinge
Waar swerftogte kan eindig
En as [die land/dit] bestaan ...
Neem my saam! Neem my saam!

Sê vir my, of ’n vreedsame land vir ons bestaan en
Sê vir my, is daar ’n kus wat vir ons wag
Waar swerftogte kan eindig
En as [die land/dit] bestaan ...
Neem my saam! Neem my saam!
Neem my saam! Neem my saam!
Wie weet …

 

Eindnotas

[1] Ek bedank graag vir Matthys Maree, inisieerder van die Afri-Frans-projek; my UV-kollegas Bernard Odendaal, Cilliers van den Berg, Jackie du Toit en Eugène Visagie vir hul insig en behulpsaamheid; Prof. Izak Grové, Marie Smit en Hanelle Fourie vir definisies; Pieter Booysen vir tegniese bystand; Beate Gadinger en Jolandi Bezuidenhout vir ondersteuning tydens die redigeringsproses.

[2] “Die Mathematiker sind eine Art Franzosen: Redet man zu ihnen, so übersetzen sie es in ihre Sprache, und dann ist es alsobald ganz etwas anderes.”

[3] Roman Jakobson onderskei in sy essay oor die linguistiese aspekte van vertaling tussen intralinguistiese, interlinguistiese en intersemiotiese vertaaltipes. Sien Brower (red.) (1959).

[4] Sien Odendaal en Morgan (2009).

[5] "Lisa se klavier": komponis Koos Kombuis; kopiereg Trapsuutjies Uitgewers.

[6] "Jantjie" en "Waterblommetjies": komponis Anton Goosen; kopiereg Gallo Music Publishers.

[7] "Ek verlang na jou": komponis Jan de Wet; kopiereg EMI Music Publishing South Africa.

[8] "Klein Karoo": komponis Sias Reinecke/André Viljoen; kopiereg EMI Music Publishing South Africa.

[9] “Des te beter as die vertaler vertroud is met die outeur se werk: daardie skeppingswêreld sal hom inspireer om die atmosfeer wat dit kenmerk in sy vertaling te herskep. ’n Teks is in feite altyd intiem gekoppel aan ander tekste of genres. Dit is bepalend vir die leser se sogenaamde “verwagtingshorison”, oftewel die tipe karakters, situasies, plekke ens. wat hy verwag om te ontdek wanneer hy ’n onbekende teks opneem.”

[10] “[…] ou mot à mot […] aboutissant à un texte à la fois correct et idiomatique sans que le traducteur ait eu à se soucier d’autre chose que des servitudes linguistiques.”

[11] “La succession de ces accents d’intensité donne à chaque langue son rythme propre […] Chaque groupe de mots prononcé sans arrêt, comme un seul mot, prend un seul accent d’intensité, celui du dernier mot prononcé.”

[12] Ander voorbeelde van sineresis: “il y a” (snit 01); “notre océan” (02); “entre sans”, “de brochet” (06); “pays où” (07); “m’amour”, “Montagne assombrit”  (09); “t’es” (11); voorbeelde van diëresis: “oubliées”, “ rêves ” (snit 01); “toutes” (02); “accablent” (03); “touches” (04); “cligne” (06); “serre” (07); “bonnes gens” (08); “toute peur, toute joie” (10).

[13] ’n Verborge adjektief in predikatiewe vorm wat skynbaar as ’n bywoord van wyse gebruik word.

[14] Sautet, Claude, Les choses de la vie, 1970; letterlike vertaling: die dinge van die lewe, dit waaruit die lewe bestaan; die klein dingetjies in die lewe; gebaseer op die eponieme roman van Paul Guimard.

[15] Die hoofkarakter, Pierre Bérard, se eerste huwelik het verbrokkel as gevolg van ’n nuwe liefde; hy onthou steeds grepe daaruit (vakansies, kinders, foto’s). Sy nuwe verhouding is egter ’n onvergenoegde een: hy word ernstig beseer in ’n motorongeluk, en onbewus daarvan dat hy besig is om te sterf, beplan hy om aan die verhouding te werk, maar sterf voordat dit kan gebeur.

[16] [...] la mer est à la fois l’image de la vie et celle de la mort.

[17] Sien Descartes (2009). Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica 2007 Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica.

[18] Die Universiteit van Pretoria het jare gelede met ’n tweetaligewoordeboek-projek (Frans-Afrikaans en Afrikaans-Frans) begin; die publikasie, onder leiding van Hélène du Preez, verskyn eersdaags.

 



 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top