LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die interne determinant van historiese aard en die onderwysstelsels van die BRICS-lande: ’n vergelykende studie
2026-10-30"Ons bespreek temas soos kolonialisme, ekonomiese ongelykhede en beleidsveranderinge, met die klem op die impak daarvan op die struktuur en funksionering van die onderwysstelsels van die BRICS-lande."
Die rolprent Dominee Tienie as kontemporêre gelykenis van bediening, identiteit en kerklike protes
2026-10-30"Die navorsingsvraag handel oor hoe die rolprent mite, metafoor en gelykenis gebruik om ’n teologiese én sosiokulturele kritiek op die hedendaagse Afrikaanse kerk te formuleer sonder om in didaktiese prediking te verval."
Bruidsmistiek in die geskrifte van die Middeleeuse mistici Hadewijch van Brabant en Rumi
2026-10-28"Na ’n inleiding oor liefdesmistiek en erotiese taal in die algemeen, word hul benutting van die huweliksmetafoor, liefdesmetafore en erotiese taal na aanleiding van aanhalings uit hul werk aangetoon. [...] Indien hul onderskeie agtergronde en kulture in ag geneem word, is dit egter duidelik dat dit bloot tradisie was."
Geslagsgelykheid, algehele boedelskeiding en die regterlike herverdelingsdiskresie met egskeiding: die dilemma van huweliksboedelbeplanning vir voornemende gades wat boedelskeiding verkies en die vraag of die gebruik van trusts nog relevant is
2026-10-19"Hierdie herverdelingsdiskresie, vervat in artikel 7(3) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979, is nie op alle huwelike van toepassing nie, maar slegs in gevalle waar die hof dit billik en regverdig ag en slegs in gevalle waar die armer gade, gewoonlik die vrou, direk of indirek bygedra het tot die groei van die ander gade se boedel."
Die erediens as die hart van geloofsvorming: ’n liturgies-teologiese ondersoek na die ooreenstemming tussen die NG Kerk se teologiese uitgangspunte en haar sakramentele praktyk
2026-10-19"Die gevolgtrekking is dat die herstel van die verenigde inlywingsritueel, wat doop, bevestiging en Eucharistie onmiddellik verbind, logies uit die navorsers se eie uitgangspunte volg. Hierdie gevolgtrekking impliseer ook die herposisionering van die nagmaal as weeklikse sentrum van die erediens, met volledige insluiting van alle ouderdomsgroepe in die voortgaande geloofsvorming van die gemeente."
Meer as net ’n fees: generasies, taal en verbondenheid in die Afrikaanse feeskultuur
2026-10-14"Die bevindinge toon betekenisvolle verskille tussen generasies ten opsigte van kulturele verbondenheid, taalbevestiging, nostalgie, waardering vir die kunste, gedragslojaliteit en bestedingsgedrag. Ouer generasies het beduidend sterker vlakke van kulturele verbondenheid, feeslojaliteit en ekonomiese bydrae as jonger kohorte gerapporteer."
Om op Mars te woon
2026-10-12"Die vraag na wat dit beteken om te woon (wohnen) word aan die hand van Martin Heidegger se besinning oor woning gedoen en ook deur die begrip woning uit te bou na die viervoud (das Geviert)."
Die kuns van ontvlugting na Innibos: reismotivering en waardetoekenning oor generasies heen
2026-10-12"Die navorsingsvraag lê klem op hoe feesbywoning begryp kan word binne ’n omgewing waar gedeelde kulturele betekenis ’n kernrol speel, terwyl besoekers se lewensfases en sosiale raamwerke terselfdertyd tot verfyning in belewenis en waardetoekenning aanleiding kan gee."
Staatsbroosheid, magsvakuums en onveiligheid in die DRK en Mosambiek: Verklarings vir die toetrede van niestaatlike akteurs
2026-10-06"Die navorsing waarop hierdie artikel gebaseer is, het op twee gevalle in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) betrekking waar gewelddadige NSA’s as uitdagers van die staat se gesag en reëlgebaseerde orde na vore getree het, naamlik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en in die noorde van Mosambiek."
Aansien en metalinguistiese besinning: ’n ondersoek na Suid-Afrikaanse Kaapse en Durbanse bruinidentiteitskonstruksie op TikTok
2026-10-05"Derhalwe bied hierdie artikel ’n sosiolinguistiese verkenning van Kaapse en Durbanse bruinidentiteitskonstruksie in ’n veeltalige en multikulturele reënboognasie. Die begrip aansien ('face'), ontleen aan die pragmatiek, word bykomend tot metalinguistiese besinning ('reflection') toegepas."
Die gebruik van verborge stories: gemeenskapskennis en outobiografiese narratiewe in toerisme-onderrig
2026-10-01"Die bevindinge toon dat studente, wanneer hulle toegelaat word om vanuit hul eie kulturele en sosiale kontekste te werk, narratiewe ontwikkel wat die kurrikulum vir hulle meer betekenisvol en kontekstueel verstaanbaar maak."
Kaaps issie ’n joke nie: die sosiolinguistiese funksies van kode- en registerwisseling in Vannie Kaap-meme
2026-09-28"Teen die agtergrond van die historiese marginalisering van Kaaps ontleed die artikel hoe digitale platforms soos Vannie Kaap die variëteit herkontekstualiseer vanaf ’n gestigmatiseerde 'joke-taal' na ’n medium van digitale gesag en satire."
’n Ondersoek na die kritiese-denkvaardighede-gaping tussen hoër onderwys en rekeningkundige praktyk: Persepsies van dosente en studente
2026-09-28"Hierdie artikel dra tot die literatuur by deur die gaping in kritiese denkvaardighede vanuit ’n nuwe oogpunt te ondersoek, naamlik deur te evalueer hoe dosente en studente kritiese denkvaardighede in rekeningkundige praktyk verstaan."
Daniël en Theon: Relasionaliteit en ’n vriendskap "van die mees onverwagte aard" in S.J. Naudé se Van vaders en vlugtelinge (2023)
2026-09-11"Bestaande lesings van Naudé se werk fokus dikwels op aspekte van queer identiteit, migrasie, transnasionalisme en alternatiewe vorme van verwantskap. As bydrae tot die gesprek, voer hierdie navorsing aan dat vriendskap ’n selfstandige analitiese kategorie is wat nuwe perspektiewe op die roman ontsluit."
Geloof en kennis by die vroeë Hegel
2026-09-09"Die vertrekpunt is die moderne ervaring van gespletenheid (Entzweiung), waarin geloof en kennis, subjek en objek, asook eindigheid en oneindigheid van mekaar vervreem raak. Waar die Middeleeue nog ’n geïntegreerde wêreldbeeld gebied het, word die moderne mens gekonfronteer met ’n wêreld van refleksiewe teenstellings."
Die kernvermoëns wat studente in die Vierde Nywerheidsrewolusie- (4NR-) era benodig vir deelname aan platformwerk: ’n kwalitatiewe studie
2026-09-09"Hierdie artikel ondersoek watter digitale, entrepreneurs- en etiese kernvermoëns hoëronderwysstudente benodig om betekenisvol en billik aan platformwerk deel te neem. Die studie gebruik Onderwys 4.0, Fairwork en dinamiese-vermoëns-teorie as aanvullende lense."
Die tweespraak tussen Rooms-Katolieke en Gereformeerde estetiese tradisies in modernistiese gewyde kuns
2026-09-04"’n Enkele detail in een van Leo Theron se vernaamste werke word ter inleiding gebruik om ’n ingewikkelde tweespraak tussen Rooms-Katolieke en Gereformeerde estetiese tradisies in modernistiese gewyde kuns te bespreek."
Die Landbank se sekwestrasie- en likwidasieverrigtinge teen boere en hul sake-entiteite ingevolge sessie-ooreenkomste: die bewering en bewys van locus standi in iudicio
2026-09-01"Die risiko van prosedurele ongeregtigheid word verder verhoog waar dringendheid aangevoer word en bevele toegestaan word op grond van beëdigde verklarings wat nie deur kruisondervraging of mondelinge getuienis vir waarheid, betroubaarheid en geloofwaardigheid getoets is nie."
Strategiese mededinging tussen die VSA, China en Rusland in Afrika: ’n teoretiese ontleding
2026-09-01"Die teorieë wat in die ondersoek gebruik word, is realisme, liberalisme, konstruktivisme en kritiese teorie. [...] Strategiese belange manifesteer in veiligheidsamewerking, infrastruktuurontwikkeling, handel, hulpbronverkryging, diplomatieke betrokkenheid en militêre vennootskappe."
LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes
2026-08-31LitNet Akademies se tweede uitgawe van 2026 is nou as PDF beskikbaar. LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde navorsing in Afrikaans, en kan gratis gelees word.




