LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Staatsbroosheid, magsvakuums en onveiligheid in die DRK en Mosambiek: Verklarings vir die toetrede van niestaatlike akteurs

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-10-06

"Die navorsing waarop hierdie artikel gebaseer is, het op twee gevalle in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) betrekking waar gewelddadige NSA’s as uitdagers van die staat se gesag en reëlgebaseerde orde na vore getree het, naamlik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) en in die noorde van Mosambiek."

Aansien en metalinguistiese besinning: ’n ondersoek na Suid-Afrikaanse Kaapse en Durbanse bruinidentiteitskonstruksie op TikTok

Natasha Ravyse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-10-05

"Derhalwe bied hierdie artikel ’n sosiolinguistiese verkenning van Kaapse en Durbanse bruinidentiteitskonstruksie in ’n veeltalige en multikulturele reënboognasie. Die begrip aansien ('face'), ontleen aan die pragmatiek, word bykomend tot metalinguistiese besinning ('reflection') toegepas."

Die gebruik van verborge stories: gemeenskapskennis en outobiografiese narratiewe in toerisme-onderrig

Andries de Beer, Candice Livingston, Amanda Swart, Athi Ndita LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-10-01

"Die bevindinge toon dat studente, wanneer hulle toegelaat word om vanuit hul eie kulturele en sosiale kontekste te werk, narratiewe ontwikkel wat die kurrikulum vir hulle meer betekenisvol en kontekstueel verstaanbaar maak."

Kaaps issie ’n joke nie: die sosiolinguistiese funksies van kode- en registerwisseling in Vannie Kaap-meme

Donovan Lawrence LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-09-28

"Teen die agtergrond van die historiese marginalisering van Kaaps ontleed die artikel hoe digitale platforms soos Vannie Kaap die variëteit herkontekstualiseer vanaf ’n gestigmatiseerde 'joke-taal' na ’n medium van digitale gesag en satire."

’n Ondersoek na die kritiese-denkvaardighede-gaping tussen hoër onderwys en rekeningkundige praktyk: Persepsies van dosente en studente

Gretha Steenkamp, Sophia Magaretha Brink LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-09-28

"Hierdie artikel dra tot die literatuur by deur die gaping in kritiese denkvaardighede vanuit ’n nuwe oogpunt te ondersoek, naamlik deur te evalueer hoe dosente en studente kritiese denkvaardighede in rekeningkundige praktyk verstaan."

Daniël en Theon: Relasionaliteit en ’n vriendskap "van die mees onverwagte aard" in S.J. Naudé se Van vaders en vlugtelinge (2023)

Janien Linde LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-09-11

"Bestaande lesings van Naudé se werk fokus dikwels op aspekte van queer identiteit, migrasie, transnasionalisme en alternatiewe vorme van verwantskap. As bydrae tot die gesprek, voer hierdie navorsing aan dat vriendskap ’n selfstandige analitiese kategorie is wat nuwe perspektiewe op die roman ontsluit."

Geloof en kennis by die vroeë Hegel

Pieter Duvenage LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-09-09

"Die vertrekpunt is die moderne ervaring van gespletenheid (Entzweiung), waarin geloof en kennis, subjek en objek, asook eindigheid en oneindigheid van mekaar vervreem raak. Waar die Middeleeue nog ’n geïntegreerde wêreldbeeld gebied het, word die moderne mens gekonfronteer met ’n wêreld van refleksiewe teenstellings."

Die kernvermoëns wat studente in die Vierde Nywerheidsrewolusie- (4NR-) era benodig vir deelname aan platformwerk: ’n kwalitatiewe studie

Stefan Vorster, Sean Kruger LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2026-09-09

"Hierdie artikel ondersoek watter digitale, entrepreneurs- en etiese kernvermoëns hoëronderwysstudente benodig om betekenisvol en billik aan platformwerk deel te neem. Die studie gebruik Onderwys 4.0, Fairwork en dinamiese-vermoëns-teorie as aanvullende lense."

Die tweespraak tussen Rooms-Katolieke en Gereformeerde estetiese tradisies in modernistiese gewyde kuns

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-09-04

"’n Enkele detail in een van Leo Theron se vernaamste werke word ter inleiding gebruik om ’n ingewikkelde tweespraak tussen Rooms-Katolieke en Gereformeerde estetiese tradisies in modernistiese gewyde kuns te bespreek."

Die Landbank se sekwestrasie- en likwidasieverrigtinge teen boere en hul sake-entiteite ingevolge sessie-ooreenkomste: die bewering en bewys van locus standi in iudicio

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2026-08-27

"Die risiko van prosedurele ongeregtigheid word verder verhoog waar dringendheid aangevoer word en bevele toegestaan word op grond van beëdigde verklarings wat nie deur kruisondervraging of mondelinge getuienis vir waarheid, betroubaarheid en geloofwaardigheid getoets is nie."

Strategiese mededinging tussen die VSA, China en Rusland in Afrika: ’n teoretiese ontleding

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-08-27

"Die teorieë wat in die ondersoek gebruik word, is realisme, liberalisme, konstruktivisme en kritiese teorie. [...] Strategiese belange manifesteer in veiligheidsamewerking, infrastruktuurontwikkeling, handel, hulpbronverkryging, diplomatieke betrokkenheid en militêre vennootskappe."

Wêrelde wat tot stand vertel word: Narratiewe konstruksie en die etiek van representasie in Die wêreld van Charlie Oeng

Willie Burger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-08-24

"Fiksie bied nie direkte toegang tot die wêreld van die ander nie, maar skep die moontlikheid van ’n begrip van die ander (’n ander mens of die verlede) wat bewus bly van die voorlopige en bemiddelde aard van interpretasie."

Van taalaanleer na tolkaanleer (deel 3): Die skep van affektiewe en sosiale tolkaanleerstrategieë vir prosesgerigte tolkopleiding

Kanja van der Merwe, Harold Lesch LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-08-20

"Die gebruik van taalaanleerstrategieë maak taalaanleer aangenamer, eenvoudiger en vinniger, wat tot tolkaanleer kan oorspoel. [...] Vir die artikel se doeleindes word daar op die nuutgeskepte affektiewe en sosiale tolkaanleerstrategieë as twee van die indirekte strategiesoorte toegespits."

’n Woordmedevoorkomsnetwerk-ontleding van die Nederlandse lirieke van Heidevolk as heidenmetaalgroep

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-08-16

"In die breër konteks van swaarmetaal, en spesifiek die verwante genres van Viking- en heidenmetaal, word Heidevolk as ’n unieke groep geposisioneer wat hul moedertaal en plaaslike geskiedenis van die Lae Lande gebruik om hul eie Germaanse erfenis te verken, eerder as om slegs op die Skandinawiese Vikingtydperk te fokus."

Die beperkings van toestemming in die Suid-Afrikaanse inligtingsbeskermingsreg

Gretchen Jansen LitNet Akademies (Regte) 2026-08-13

"Die vraag word gestel of toestemming, soos gedefinieer en geoperasionaliseer in die Wet, datasubjekte in staat stel om op ’n betekenisvolle wyse beheer oor hul persoonlike inligting uit te oefen. Verder word daar ook gevra of die regulatoriese betekenis daarvan oorskat word in die lig van kognitiewe en strukturele beperkings."

Toepassing van Donald Trump se "Amerika Eerste"-leerstelling op die VSA se buitelandse beleid: Deel 2 – Gevallestudies

Riaan Eksteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-08-12

"President Donald Trump se verkiesingslagspreuk 'Amerika Eerste' het in ’n leerstelling oorgegaan. Die VSA se buitelandse beleid word heroriënteer om eng-gedefinieerde nasionale belange te bevorder."

Heinrich Bullinger se kommentaar op die Brief aan Filemon

D. Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-08-03

"Bullinger se kommentaar, anders as dié van Luther en Calvyn, [is] ook nog in geen ander taal vertaal nie en slegs in Latyn beskikbaar. Hierdie bydrae probeer die leemte in die navorsing oor hierdie kommentaar vul."

Moontlike nut van ChatGPT-4o tydens juweliersontwerp, faktore wat die gebruik daarvan kan dryf en riglyne vir verantwoordelike gebruik in hoëronderwysateljees

Eric Holmes, Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-07-30

"Ons kon ChatGPT-4o deur opvolgporre lei om innoverende KI-ontwerpe te skep wat ook met gemak gedra kan word. ChatGPT-4o kan tydens die inspirasie- en ideeslypprosesse ingespan word om tyd doeltreffend te benut."

Buitelandsebeleidsbeginsels van Donald Trump: Deel 1

Riaan Eksteen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-07-30

"Aan die hand van kwalitatiewe navorsing word die omvang en impak van Trump se onortodokse benadering tot en toepassing van buitelandse beleid ontleed. Hierdie ondersoek steun op ’n literatuuroorsig van belangwekkende verwikkelinge in die VSA se buitelandse betrekkinge gedurende albei Trump se ampstermyne."

Fanonisme as ’n vyand van vrede: ’n ervare antwoord vanuit die teenrevolusionêre tradisie

J.A. Schlebusch, Paul Maritz LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-07-27

"Deur Fanon se denke binne sy intellektuele genealogie te plaas, met name sy afhanklikheid van die Hegeliaanse dialektiek en Marxistiese geskiedenisteorie, word getoon hoe ras vir Fanon die primêre dryfveer van historiese konflik word."

Top