LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Etiese riglyne in praktiese onderwys: praktiese-onderwyskoördineerders se perspektief

Carike Kriel LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-03-10

"Hierdie studie het deontologie as onderliggende raamwerk gebruik, omdat hierdie etiekteorie voorstel dat mense respek vir wette en reëls het, en poog om dit na te kom. Die veronderstelling is dus dat onderwysstudente sal poog om etiek- en gedragskodes te volg, en dus eties sal optree tydens praktiese onderwys."

VivA se Lees-en-luister-toepassing in ’n taakgebaseerde benadering vir Afrikaans-addisioneletaalonderrig in die Intermediêre Fase

Nina-Lari Brewis, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-03-05

"Daar is teoreties ondersoek ingestel na hoe hierdie toep as onderrighulpmiddel in die AEAT-klaskamer ’n bydrae kan lewer om die lees- en luistervaardighede van graad 4- tot graad 6-leerders, veral binne die taakgebaseerde benadering, te ontwikkel."

Vonnisbespreking: Retensieregte is nie sedeerbaar nie

J.C. Sonnekus, E.C. Schlemmer LitNet Akademies (Regte) 2026-03-02

"Slegs die oorspronklike retentor wat regmatig besit verkry het, kan dit teen sy skuldenaar ten aansien van ’n saak van laasgenoemde uitoefen; sodra beheer oor die saak prysgegee word, verval die bevoegdheid om die saak teen die wil van die eienaar terug te hou."

Die vertaling en interpretasie van συμμαρτυρέω in Romeine 8:16 – in gesprek met die 2020- Afrikaanse vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika

Hermie van Zyl LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-02-26

"Allereers word gelet op die betekenis van die kernlekseem συμμαρτυρέω. Die gebruiklike betekenis 'getuig saam met' word as problematies aangedui; die betekenis is bloot 'bevestig' of 'verseker'."

Mense, prosesse, plekke en beginsels in vroeë kinderonderwys: die bevordering van kwaliteitonderrig in hoër onderwys

Wietske Boon LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2026-02-24

"Vanuit die vyf finale vinjette wat voorgehou word, word die gevolgtrekking gemaak dat kwaliteitonderrig binne hoëronderwyskontekste nou verbind is tot die aard van interpersoonlike verhoudings, met fokus op aanpasbaarheid, insluiting en bemagtiging, en die toepassing van verskillende hulpbronne."

Die beoefening van Nuwe Testamentiese wetenskap as vakdissipline in Suid-Afrika

D. Francois Tolmie LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2026-02-19

"Dit vereis dat geloofsgemeenskappe begelei moet word in kritiese nadenke deur onder andere daarop te wys dat ’n gehoorsame leesstrategie van tekste soms gebalanseer en aangevul moet word met ’n weerstandige lees van die teks, en deur samewerking met ander teologiese dissiplines."

Was daar ’n Suid-Afrikaanse musikale avant-garde in die 20ste eeu?

Willemien Froneman, Stephanus Muller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-02-16

"Deur die werk en proefskrif van Roelof Temmingh as vertrekpunt te neem, word geargumenteer dat die mees eksplisiete selfidentifisering met die avant-garde in Suid-Afrikaanse musiek gepaardgaan met ’n bevestiging van Westerse modernistiese ideologieë, eerder as met institusionele of politieke vernuwing."

Affek, emosie en die postmodernistiese verhaal: ’n ondersoek na Koos Prinsloo se "Die jonkmanskas"

Carina Steenekamp LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-02-10

"Dit blyk uit die ondersoek dat die postmodernistiese vorm van die verhaal nie ’n oppervlakkige vervreemding – soos Robinson voorstel – tot gevolg kan hê nie, maar juis ’n verdieping van emosies."

Laatwerk en identiteit in die poësie van Breyten Breytenbach: ’n korpusondersoek

Anke Irene van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-02-02

"Hierdie artikel spruit uit die navorsing wat onderneem is vir ’n omvattende ondersoek wat Breyten Breytenbach se volle Afrikaanse poëtiese oeuvre verdeel het in vier tydperke wat met mekaar vergelyk is ten einde vas te stel of tekens van laatwerk opgemerk kan word en, indien wel, as watter soort laatwerk dit getipeer kan word."

Portugese kruisvaarders langs die kus van Afrika

Helena Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-01-29

"[Aandag word] gegee aan die aanloop tot die ontdekkingsvaarte, en watter gebeurtenisse en beskouings ten grondslag gelê en aanleiding gegee het tot die opbloei van die 15de-eeuse Portugese seevaartbedryf."

Donald Trump, realisme en die eietydse geopolitiese mimetiese wedywering tussen die VSA en Rusland, asook tussen die VSA en China: ’n ontleding aan die hand van die werk van John Mearsheimer, René Girard en Emmanuel Todd

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-01-22

"[’n Bevinding] is dat die Amerikaansgeleide Westerse benadering tot Oekraïne en Rusland tussen die 1990’s en 2024 neerkom op ’n voorbeeld van wat Mearsheimer 'bal-aangee' (buck-passing) noem, sodat Oekraïne tot offerlam en Rusland tot sondebok van die Weste gemaak word."

Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024) as dorpromans

Bibi Burger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2026-01-15

"In hierdie artikel word Van Coller se werk, asook die enkele ander studies oor Suid-Afrikaanse dorpromans, uiteengesit. Daarna bespreek ek die uitbeelding van die fiktiewe dorp Steynshoop in Ingrid Winterbach se Buller se plan (1999) en Onrus op Steynshoop (2024)."

Calvyn, die sublieme en moderne estetiese ervaring

Deon Liebenberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-12-15

"Die algemene opvatting dat Johannes Calvyn negatief ingestel was teenoor gewyde kuns en estetiese ervaring word hier bevraagteken. Sy eie skrywes oor gewyde kuns en die teologiese doel van estetiese ervaring, asook die kommentaar van kenners in hierdie opsigte word gebruik om dié kwessie te ondersoek."

Die moontlike nut van ChatGPT en DeepSeek om Afrikaanse taboetaal te onderrig, faktore wat die gebruik van swetsbotte kan dryf en implikasies vir die onderwys

Christina Johanna (Christa) van Staden LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-12

"Die primêre doel van hierdie navorsing was om die implikasies vir die onderwys te verstaan indien twee gewilde kletsbotte, naamlik ChatGPT-4o en DeepSeek, kan verduidelik waarom ’n taboewoord onvanpas is."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens suiwer ekonomiese verlies as gevolg van bedrog deur e-pos-kuberkraking

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2025-12-11

"Om aanspreeklikheid weens suiwer ekonomiese verlies te vestig, is die vanselfsprekende kwalifikasie dat die dader se optrede aan die algemene deliksvereistes (naamlik die handeling, onregmatigheid, skuld, kousaliteit en skade) moet beantwoord."

Die liggaamsonvergenoegdheid van die gelowige vrou: ’n holistiese pastorale perspektief

Eleanor Addinall LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-09

"Die bevindinge toon dat liggaamsonvergenoegdheid ontstaan uit die wisselwerking tussen eksterne druk en interne kognitiewe faktore. Die deurslaggewende faktor is egter ’n geestelike leemte, ’n versuim om jou identiteit op God se liefde te grondves – wat lei tot destruktiewe gedrag en ernstige gevolge soos eetversteurings."

Die beperkings van ’n gebalanseerde benadering tot geletterdheid – ’n normatiewe perspektief

Zelda Barends LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-09

"Die navorsing wys daarop dat ’n gebalanseerde benadering tot lees- en geletterdheidsonderrig in die KABV-kurrikulum toegepas word. Hierdie benadering beklemtoon die feit dat lees deur leesstrategieë soos groepbegeleide lees, gedeelde lees, lees in pare en selfstandige (individuele) lees onderrig word."

Sterwensbewustheid en lewensgenot in die boek Prediker en in gedigte van Breyten Breytenbach

Sakkie Spangenberg LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-12-01

"Die skrywer van hierdie artikel vergelyk en bespreek enkele gedigte van die Prediker met gedigte van Breytenbach waarin sterwensbewustheid en lewensgenot motiewe is, en wys op interessante ooreenkomste en verskille."

Beginner-onderwysers se ervarings van induksie in neoliberale skoolomgewings: ’n gevallestudie

Theo Adams, Jerome Joorst LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-12-01

"Die doel van hierdie studie is ’n kritiese besinning oor die geleefde ervarings van beginner-onderwysers in vier Wes-Kaapse skole ten einde vas te stel wat nasionale beleidsvoorskrifte vereis oor die inlywing van beginner-onderwysers; hoe hulle dit ervaar; en hoe dit hul professionele ontwikkeling beïnvloed."

Wanneer poësie meer as woorde word: ’n edusemiotiese onderrigbenadering

Kruger Uys, Linette van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-11-27

"Die studie belig voorts die waarde van poësie as ’n veelvlakkige literêre vorm wat by uitstek geskik is vir ’n edusemiotiese benadering. Daar word gedemonstreer hoe die integrasie van tegnologie en verskeie mediasoorte, soos klankopnames, visuele beelde en digitale interaktiwiteit, die leerervaring kan verdiep."

Top