LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za

LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.

• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die Arabiese trajek in die post-Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-13

"Mag die artikulering van die Arabiese trajekte in die Karolingiese en post-Karolingiese periodes van Middeleeuse filosofie in hierdie artikel en die voorafgaande hiervan, ’n 21ste-eeuse resepsie van Middeleeuse filosofie verruim en verryk."

Die Arabiese trajek in die Karolingiese periode van Middeleeuse filosofie

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-13

"Middeleeuse filosofie word daarom sowel ensiklopedies as in terme van ’n 21ste-eeuse kulturele verantwoording verryk indien die Arabiese trajek chronologies by die Westerse register ingesluit word – en dus nie tot individuele nisnavorsing en ’n eenkant-rubriek soos "filosofie van Islam" beperk en daarmee effektief uitgesluit word nie."

Selfgerigte leer: Die ervarings en menings van lewenswetenskappe-onderwysstudente tydens die gebruik van werkkaarte in ’n koöperatiewe onderrig-leer-omgewing

Neal Petersen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-12-12

"Navorsing toon dat baie onderwysinstellings, soos skole en universiteite, nie studente lewer wat oor voldoende selfgerigte-leer-vaardighede beskik om nasionale sowel as globale probleme op te los nie."

Hibriditeit en outentisiteit as kulturele merkers in Nico Carstens se musiek

Susanna Louw, Nicol Viljoen, Martina Viljoen LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-11

"Die vraag waarop daar gefokus word, belig die wyses waarop Carstens as komponis en trekklavierspeler daarin geslaag het om tradisionele boeremusiekidiome deur middel van ’n versmelting van verskillende musikale invloede en style te verryk tot ’n gestileerde, dog hoogs toeganklike en bemarkbare Suid-Afrikaanse populêre-musiek-identiteit."

Die vleesgeworde Woord by Martinus Nijhoff en D.J. Opperman

Lina Spies LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-11

"Vir sowel Nijhoff as Opperman moet die gedig los kom van sy maker en outonoom wees. Die digter bereik die sterkste mate van outonomie in die gedig deur hom te identifiseer met ’n personasie buite homself wat voortkom uit die magnetiese aangetrokkenheid van vlees tot vlees."

Morele leierskap: Die skoolhoof as agent vir die vestiging van morele waardes ter bevordering van skoolklimaat

Branwen Challens, Leentjie van Jaarsveld, Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-12-10

"Die skoolhoof is die hoofrolspeler in ’n skool; vanaf die skoolhoof kom die klimaat van die skool en die klimaat is die morele gevoel wat afgelei is van die waardes wat die skoolhoof verkondig en tot aksie bring. Die rituele en tradisies in skole gee lewe aan die waardes wat die leier voorstaan en word die grondslag waarop die klimaat, kultuur en gemeenskap gegrond is."

Leesbegripprobleme van niemoedertaalsprekers in Afrikaanshuistaalklasse: moontlike oplossingstrategieë

Maylene Basson, Michael le Cordeur LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-12-07

"Alhoewel talle navorsingstudies daarop dui dat onderwysers oorweldig en gefrustreerd voel omdat hulle nie bevoeg voel om die unieke behoeftes van niemoedertaalsprekers in hulle klasse aan te spreek nie, word weinig deur die Departement van Basiese Onderwys gedoen om onderwysers in dié verband professioneel te ontwikkel. Dus het ons ’n professioneleontwikkelingsprogram ontwerp en toegepas gebaseer op die behoeftes van 62 Afrikaanse-huistaalonderwysers in die Kaapse Wynland Onderwysdistrik."

Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat

Leentjie van Jaarsveld, Branwen Challens, Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-12-04

"’n Positiewe skoolklimaat lei daartoe dat opvoeders meer doeltreffende onderrig en leer toepas tot voordeel van die leerders."

Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres

Mariska Nel, Jako Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-12-04

"'Hoe herkenbaar is die idiolek van ’n enkele skrywer wanneer die ondersoek na hierdie individu se idiolek oor die grense van genres uitgevoer word?' Om dié vraag te beantwoord, is ’n korpusondersoek onderneem om te bepaal wat die verskillende kenmerkende eienskappe van Joan Hambidge se idiolek is en om te bepaal of dit oor die grense van die multimodaliteite en genres sigbaar is."

Die Slag van die Chambinga, 9 en 11 November 1987: ’n taktiese en operasionele ontleding

Leopold Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-11-28

"In dié artikel word nuwe getuienis aangevoer vir die gevolgtrekking dat alhoewel die Brigade weggekom het, dit te swaar beskadig was om verder te veg. Só is die basiese doelstelling waarmee die Suid-Afrikaners die vyand aangeval het, tog bereik. Ten slotte word sowel Fapla as die SAW se optrede gemeet aan die hand van die beginsels van oorlogvoering wat die SAW destyds verkondig het."

Vonnisbespreking: Nog ’n vriendskaplike-sekwestrasie-aansoek sneuwel

Melanie Roestoff LitNet Akademies (Regte) 2018-11-27

"Onnodige struikelblokke vir toegang tot skuldverligting, soos beperkings op die skuldlas van die skuldenaar, moet uitgeskakel word. Dit is verder noodsaaklik dat die stelsel gelyke beskerming en skuldverligting bied aan alle skuldenaars wat met skuld oorbelas is."

Die rol van politieke partye en verkiesings in die konsolidering van demokrasie in samelewings, met spesiale verwysing na eietydse Suid-Afrika

Chris Nelson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-11-22

"Soos in demokratiese samelewings regoor die wêreld gebeur het, het politieke partye ook in Suid-Afrika ’n belangrike rol gespeel in nie alleen die ontstaan van die inklusiewe konstitusionele demokrasie in 1994 nie, maar ook in die konsolidering daarvan die afgelope 24 jaar."

Stilgebed en skone skeppendheid: Om uit die stilte te skep

Johann Rossouw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2018-11-16

"Dostojewski, Pärt en Schoeman is, aan enige maatstaf gemeet, artistieke reuse. Min kunstenaars bereik dieselfde hoogtes, selfs al lei hulle ’n biddende lewe, maar selfs mindere biddende kunstenaars kan ook skeppende uitdrukking uit stilte beleef."

Socmint: die monitering van sosiale media vir gemeenskapsveiligheidsdoeleindes binne ’n grootdataraamwerk in Suid-Afrika met spesifieke verwysing na Orania

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-11-14

"Die sleutelkwessie uit die huidige studie is dat Socmint gebruik kan word om wanopvattings te identifiseer deur ’n algemene gevoel oor ’n onderwerp te bekom. Wanneer wanopvattings en relevante rolspelers geïdentifiseer is, kan daar deur konstruktiewe gesprekvoering met rolspelers in gesprek getree word en wanopvattings kan reggestel word, wat konflik kan verhoed."

Vonnisbespreking: Waaksame waghonde en waagmoedige kinders – ’n wanklank uit die Oos-Kaap

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2018-11-12

"Dit is ten ene male onwaar dat ons reg vereis dat die persoon wat die hond provokeer, onder alle omstandighede toerekeningsvatbaar moet wees. Die hof verwar hier die verwere van provokasie met bydraende skuld aan die eiser se kant."

’n Ondersoek na die gebruik van kultuurgeoriënteerde taakgebaseerde lesse vir die verwerwing van Afrikaanse woordeskat deur universiteitstudente

Elbie Adendorff, Mari Koegelenberg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-11-12

"Die integrasie van kultuur in die aanleer van ’n nuwe taal is belangrik omdat taal en kultuur oorvleuel; derhalwe raak die insluiting van ’n kultuurkomponent in die taalklaskamer al hoe gewilder."

Kan ’n trust ’n lastereis instel? ’n Verkennende ondersoek

Danie Kloppers, Henk Kloppers LitNet Akademies (Regte) 2018-11-07

"In die hedendaagse Suid-Afrikaanse reg is ’n lasteraksie beskikbaar vir sowel individue as regspersone wie se reputasie onregmatig geskaad is. Die vraag wat egter in hierdie artikel te berde kom, is of ’n lasteraksie ook vir ’n trust beskikbaar behoort te wees indien die trust se goeie naam of reputasie benadeel is."

Die ontwikkeling van nuut-aangestelde skoolhoofde en skoolverbetering in Gauteng provinsie

Nico Botha LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-11-06

"Navorsing het onder meer getoon dat bestaande universiteitsgebaseerde voorbereidings- of ontwikkelingsprogramme soos die BEd-graad en die Gevorderde Diploma of Sertifikaat in Onderwys te teoreties is en skoolhoofde dus nie altyd op ’n effektiewe wyse vir hulle rolle voorberei nie."

Die ontwikkeling van ’n koste-effektiewe en byderwetse multimedia digitale argief by EPOG in Orania

Burgert A Senekal, Eduan Kotzé LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-11-05

"Een van die belangrikste kwessies wat uit die literatuur oor digitalisering en digitale argiewe na vore kom, is dat aanpasbaarheid van die persone wat daarby betrokke is, ’n nie-onderhandelbare eienskap is: nuwe tegnologie ontwikkel wat nuwe geleenthede en uitdagings bied. As argivarisse in ’n gemaksone verval, bring dit die bewaring van ons erfenis in gedrang."

Die bou en benutting van ’n teoretiese raamwerk om verdiepte insig in ’n opvoedkundigenavorsingsprobleem te bekom

Hannes van der Walt, Charl Wolhuter LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2018-11-02

"Vir ervare teoriebouers kom dit byna vanself: as hulle ’n aantal artikels en boeke geraadpleeg het, begin hulle al die hooflyne van ’n konseptuele en teoretiese raamwerk in hulle agterkop te vorm, en later identifiseer hulle (of beter nog: ontwikkel hulle self) een of meer teorieë waarmee hulle die geraadpleegde inligting en materiaal kan beoordeel en evalueer."

Top