LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Inklusiewe groei, ’n integrale deel van ’n inklusiewe ekonomie

Arno J. van Niekerk LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-09-29

"Gegewe die ekonomie se sterk invloed op sosiale organisering, kan insluiting die broodnodige balanseerfaktor word om die kortsluiting te oorbrug. Konsepte soos ’n inklusiewe ekonomie en inklusiewe groei word in hierdie artikel ondersoek as deel van die ontwikkeling van ’n teoretiese raamwerk."

Die etiese dilemma rakende die vergoeding van banke se hoof- uitvoerende beamptes in Suid-Afrika

Suzanne Kieviet, Henriette Elsabè Scholtz LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-09-29

"Hierdie studie gebruik paneeldata-ontleding om te bepaal of daar ’n verhouding tussen uitvoerende vergoeding en maatskappyprestasie in die Suid-Afrikaanse banksektor is."

Vakverwante hulpbronne oor Afrikaans Huistaal ter ondersteuning van ’n akademiese vakwoordeskat van onderwysstudente: ’n vergelykende korpusondersoek

Jana Nel, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-09-25

"Terminologie speel ’n bepalende rol in taalontwikkeling. Daarby loop die Afrikaanse vaktaal die gevaar om as wetenskaptaal te verdwyn indien vakkundiges, taalpraktisyns, vertalers en lekegebruikers nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te benut en te versprei nie."

China se nastrewing van ’n normatiewe vrede-en-veiligheidsagenda in Afrika: ’n kontekstuele ondersoek in die lig van globale magsuitbreiding

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-09-22

"Die hoofbevinding is dat China se normatiewe waardes deur middel van forumdiplomasie in die organisasie uitgedra word. Afrikalande aanvaar ook in beginsel die instelling van Chinese waardes en norme om verhoudinge te versterk en ’n veilige en stabiele omgewing te skep."

Digitale profieldekomposisie

Carl Rohwer, Reg Dodds LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2025-08-31

"Hierdie artikel bespreek die ekonomiese stoor en transmissie van ’n algemene gekwantifiseerde profiel of ’n histogram. Ons toon aan dat een goeie kandidaat ’n spesifieke diskrete pulstransform is, gebaseer op die klas van sogenaamde LULU-gladstrykers."

Die assessering van akademiese opstelle: ’n vergelykende studie tussen ChatGPT-4o as KI-gebaseerde assesseringshulpmiddel en tradisionele dosentgebaseerde assessering

DJ Cloete, Chris-Mari Le Hanie LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-19

"Ons het bevind dat hoewel ChatGPT-4o vinnige en objektiewe terugvoer gebied het, dit nie volledig aan die beginsels van gehalteassesseringspraktyke voldoen het nie."

Teologiese perspektiewe op digitale nalatenskap

Jaco Beyers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-08-15

“Digitale beelde van die afgestorwene kan eerbiedig aangebied word as ’n herinnering aan die bestaan van die afgestorwene, maar nie as ’n plaasvervanging of illusie van die bestaan van die afgestorwene nie.”

’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Henrita van Wyk, Elize Vos, Carmen du Plessis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-14

“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”

Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed

Corlene Jacobs, Mariëtte Koen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-08-12

"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."

’n Woke perspektief op seksuele geweld en #MeToo in Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik (2024)

Alana Lourens, Elbie Adendorff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-08-04

“Vanuit die tematiese ontleding beskou ons Quinn se jaar van kwik as woke. Met die ontleding het ons bevind dat die drie hooftemas ook met mekaar in verband gebring kan word en só bied die verhaal ’n genuanseerde blik op seksuele geweld.”

Die voorposdenke van W.P. Esterhuyse, soos weerspieël in die pers (1973–1987)

Johannes Froneman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-07-29

“Desondanks kan tot die gevolgtrekking gekom word dat Esterhuyse oor die beste deel van twee dekades as openbare intellektueel ’n rol gespeel het in die voorbereiding van Afrikaners vir ’n nuwe politieke en sosiale bedeling.”

Evaluering van die finansiële haalbaarheid van organiese lamproduksie in Suid-Afrika te midde van prysuitdagings

Mariëtte Geyser LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-07-24

"Op grond van die teoretiese raamwerk van volhoubare landbou, ondersoek hierdie studie die ekonomiese implikasies van organiese boerdery as ’n moontlike oplossing vir die verbetering van winsgewendheid en die belyning met die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD)."

Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding

Hennart van Schalkwyk, Geesje van den Berg LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-21

"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan inlig en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."

Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe

Hanrie Bezuidenhout, Parvin Nemati LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-18

"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "

Die gebruik van taakgebaseerde aktiwiteite in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vergelykende ontleding

Antoinette van der Hoven, Michele van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-14

"Hierdie vergelykende ontleding van die twee handboekreekse toon dat daar ’n werklike behoefte aan ’n konseptuele raamwerk bestaan wat taalkunde-onderrig, volgens die taakgebaseerde benadering, kan rig."

Kunsmatige-intelligensie-Jesus-kletsbotte se uitdaging vir teologie: ’n verkennende studie

Anné Hendrik Verhoef LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-07-10

"’n Teologiese uitdaging wat KI skep en wat nog nie aangespreek is nie, is die bekendstelling van verskeie 'Jesus-kletsbotte', soos AI Jesus en Virtual Jesus. Die teologiese uitdaging wat hierdie kletsbotte bied, is uniek en waarskynlik die belangrikste KI-verwante kwessie vir teologie: Hulle boots nie ’n mens na nie, maar vir God."

Die organisatoriese transformasie van die Oranje-Vrystaatse krygsmag in die periode Oktober 1899 tot Julie 1900

Jaco de Bruin, André Wessels LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-07-10

"Die posisie en rol van range soos die Vrystaat se staatspresident, hoofkommandante, assistenthoofkommandante en veggeneraals word bespreek. Toepaslike wette en die gepaardgaande regsimplikasies word ook ontleed."

’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet

Jacob P.J. de Bruyn LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-07-03

"Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het."

Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks

Marien Alet Graham, Karen Roux, Jenette du Plooy LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-07-03

"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."

Verkenning van die bepalers van talentbehoud van vroeëloopbaanakademici in Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings

Dorcas Lebogang Lesenyeho, Kezell Klinck LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2025-06-24

"Dit is noodsaaklik om in werknemersopleiding en talentontwikkeling te belê, veral vir vroeëloopbaanwerknemers, as maatskappye volhoubaar wil groei. Die arbeidsmag wat hierdie groei dryf, word geraak deur groeiende vaardigheidsgapings wat deur werknemersopleiding en -heropleiding oorbrug kan word."

Top