LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die impak van kunsmatige intelligensie, generatiewe kunsmatige intelligensie en robotika op gesondheidsorg: Sal dokters oorbodig word?
2025-11-24"Ek ondersoek die transformerende impak van kunsmatige intelligensie (KI) en robotika op die gesondheidsorgsektor, en bespreek spesifiek die potensiaal van KI om mediese praktyk, die lewering van gesondheidsorg en geneesmiddelontwikkeling radikaal te omvorm."
Musiek en dans in Rumi (1207–73) se werk en lewe
2025-11-21"Die doel van hierdie artikel is dan om te fokus op musiek en dans soos Rumi dit beleef het, die funksie daarvan in die Soefi-ritueel – die samā’-byeenkoms, asook uitgesoekte gedigte met toeligtende aantekeninge wat aantoon hoe Rumi musiek en dans benut ten einde geestelike vervoering uit te druk."
Is daar ’n verband tussen die begrip en stel van w-vrae en die sosioëkonomiese status van moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase?
2025-11-18"In hierdie artikel lewer ons verslag oor ’n studie oor moedertaalsprekers van Afrikaans in die Grondslagfase se verwerwing van die begrip en stel van w-vrae (d.i. vraagkonstruksies wat byvoorbeeld wie of waarom as vraagwoord bevat)."
Kritieke suksesfaktore van duikondernemings: ’n vergelykende studie
2025-11-10"Skubaduiktoerisme kan bewaringsveldtogte positief beïnvloed, inkomste genereer en plaaslike gemeenskappe ondersteun; daarom is dit belangrik om te verstaan hoe hierdie entrepreneurs funksioneer, netwerke vorm en finansieel lewensvatbaar bly."
Die gebruik van inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) om taalonderrig in Engels te verbeter: ’n gevallestudie
2025-11-10"Ons evalueer die impak van IKT op onderwyserpedagogiek en taalonderrig binne voorgeskrewe raamwerke, insluitend die TPEIK-raamwerk en VVVH-model. Die ondersoek is tersaaklik, aangesien dit die belyning tussen tegnologie, pedagogiek en kurrikulumvereistes in ’n postpandemiese konteks ondersoek."
Mensveragtend, afstootlik en omstrede: ’n verkenning van Afrikaanse swartmetaal
2025-11-07"Die ontwikkeling van swartmetaal vanaf die ontstaan van swaarmetaal in die laat 1960’s tot die volwassewording van swartmetaal in die 1990’s en daarna word nagegaan, met spesifieke verwysing na die pioniers en sleutelfigure in die genre."
Treurige wysies: Eugène N. Marais se "Winternag" as vers en lied (1908–2024)
2025-11-04"Die voorneme om die samewerking tussen vers en lied, as liedgenres, histories te kan begryp, gaan gepaard met bondige definisies van voorvereistes en werkwyses, wat ook ’n mate van musiekteoretiese kenmerke soos metrum en ritme insluit."
’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-, Oos- en Wes-Europa
2025-10-28"Die invloed van die Bologna Process en die European Network for Clinical Legal Education (ENCLE) speel beduidende rolle in die ontwikkeling van kliniese regsopleiding in Europa. [...] Alhoewel sommige van die jurisdiksies onder bespreking nie die onderskeidende kenmerke van kliniese regsopleiding volg nie, is die waarneembare innovasies in Europa bemoedigend."
’n Wêreldoorsig van kliniese regsopleiding: Sentraal-Asië, die Midde-Ooste, Oos- en Suidoos-Asië, asook Suid-Asië
2025-10-28"Kliniese regsopleiding is buigsaam ten opsigte van studente se leeruitkomste en dienslewering. Alhoewel lewende-kliënt-regsklinieke in baie lande die fokus is, word dit ook aangevul deur intern- en eksternskappe, skynhowe, simulasies en Street Law-programme, wat veral prominent regoor Asië is. Ander vorme van openbare regsopleiding kom ook voor."
’n Verkennende studie van kodewisselingspatrone in die uitings van voorskoolse, Afrikaans-Nederlandse kinders
2025-10-23"Aangesien Afrikaans en Nederlands nouverwante tale is, is kongruente leksikalisering dikwels teenwoordig, wat tot ’n samevloeiing van grammatikale strukture tussen die tale lei."
As die bene net wou praat – temas uit die Homo naledi-grafdiskoers
2025-10-21"Die diskoers wentel om die vraag of Homo naledi, ’n hominien met ’n klein brein, sy afgestorwenes doelbewus begrawe het – gedrag wat as uitsluitlik menslik beskou word."
J.D. Kestell: Godsdiensoortuigings vir vrede en die voortsetting van die stryd tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog)
2025-10-14"Dr. J.D. Kestell word dikwels Vader Kestell genoem omdat hy weens sy besonderse rol as veldprediker gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (Anglo-Boereoorlog) as vader van sy mense, die Afrikaners van daardie tyd, waarna hier as die Afrikanervolk verwys word, beskou is."
Evaluering van die doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van bedrieglike finansiële verslagdoening
2025-10-13"In die afgelope 25 jaar het navorsers gepoog om beduidende finansiële verhoudings in die opsporing van BFV te identifiseer. Hierdie studie analiseer die algehele doeltreffendheid van finansiëleverhoudingsanalise in die opsporing van BFV."
’n Bibliografiese bestekopname van Afrikaanse misdaadfiksie wat in die tydperk 2013–2022 uitgegee is
2025-10-09"Genre kom ter sprake, aangesien daar noodwendig ’n terminologiese keuse uitgeoefen moes word – in hierdie geval word misdaadfiksie as oorkoepelende superordinaat beskou met inbegrip van speur- en spanningsfiksie."
Die ontstaan en ontwikkeling van die amicus domini-teorie in die Filemonbriefnavorsing
2025-10-07"Volgens hierdie teorie was Onesimus, Filemon se slaaf, nie ’n fugitivus (voortvlugtige slaaf) nie, maar het hy doelbewus na Paulus gegaan in die hoop dat Paulus as ’n vriend van sy eienaar namens hom met Filemon sou onderhandel."
Inklusiewe groei, ’n integrale deel van ’n inklusiewe ekonomie
2025-09-29"Gegewe die ekonomie se sterk invloed op sosiale organisering, kan insluiting die broodnodige balanseerfaktor word om die kortsluiting te oorbrug. Konsepte soos ’n inklusiewe ekonomie en inklusiewe groei word in hierdie artikel ondersoek as deel van die ontwikkeling van ’n teoretiese raamwerk."
Die etiese dilemma rakende die vergoeding van banke se hoof- uitvoerende beamptes in Suid-Afrika
2025-09-29"Hierdie studie gebruik paneeldata-ontleding om te bepaal of daar ’n verhouding tussen uitvoerende vergoeding en maatskappyprestasie in die Suid-Afrikaanse banksektor is."
Vakverwante hulpbronne oor Afrikaans Huistaal ter ondersteuning van ’n akademiese vakwoordeskat van onderwysstudente: ’n vergelykende korpusondersoek
2025-09-25"Terminologie speel ’n bepalende rol in taalontwikkeling. Daarby loop die Afrikaanse vaktaal die gevaar om as wetenskaptaal te verdwyn indien vakkundiges, taalpraktisyns, vertalers en lekegebruikers nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te benut en te versprei nie."
China se nastrewing van ’n normatiewe vrede-en-veiligheidsagenda in Afrika: ’n kontekstuele ondersoek in die lig van globale magsuitbreiding
2025-09-22"Die hoofbevinding is dat China se normatiewe waardes deur middel van forumdiplomasie in die organisasie uitgedra word. Afrikalande aanvaar ook in beginsel die instelling van Chinese waardes en norme om verhoudinge te versterk en ’n veilige en stabiele omgewing te skep."
Digitale profieldekomposisie
2025-08-31"Hierdie artikel bespreek die ekonomiese stoor en transmissie van ’n algemene gekwantifiseerde profiel of ’n histogram. Ons toon aan dat een goeie kandidaat ’n spesifieke diskrete pulstransform is, gebaseer op die klas van sogenaamde LULU-gladstrykers."




