Hiperboliese omskakeling. ’n Gedagte-eksperiment – met afleiding en evaluasie van ’n beskrywende hiperboliese verdeling – wat die bestaan van ’n sistematiese heuristiese denkfout tydens menslike skattings van niedirek meetbare eienskappe aantoon

  • 0

Hiperboliese omskakeling. ’n Gedagte-eksperiment – met afleiding en evaluasie van ’n beskrywende hiperboliese verdeling – wat die bestaan van ’n sistematiese heuristiese denkfout tydens menslike skattings van niedirek meetbare eienskappe aantoon

Abie Bouwer, onafhanklike navorser, en Eben Maré, medeprofessor, Wiskunde en Toegepaste Wiskunde, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 23(2)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2026/j23n2f2

 

Opsomming

In hierdie artikel ondersoek ons die heuristiese prosesse wat mense gebruik wanneer hulle normaal verdeelde meetbare eienskappe van niedirek meetbare verskynsels skat. Deur ’n analise van Galton se eksperiment, waarin deelnemers die gewig van die vleis van ’n os moes skat, demonstreer ons hoe hierdie skattings deur ’n voorspelbare heuristiek beïnvloed word.

Ons voer aan dat hoewel die gewig van die vleis meetbaar is, die lewende os self uitdagings vir direkte meting bied. Hierdie studie bied ’n kwantitatiewe benadering tot die identifisering van die heuristiek wat in sulke skattings teenwoordig is.

Ons toon aan dat die latente aard van die definisieversameling van die funksie tot interpolasies tussen elemente van die waardeversameling lei. Wanneer die definisieversameling gesien word as ’n subjektiewe beoordeling van soortgelykheid tussen instansies van die klas, lei voorspellings tot kenmerkende en voorspelbare denkfoute wat deur ’n hiperboliese funksie gemodelleer kan word.

Ons stel ’n geometriese benadering voor. Dit lei ons analise na ’n geskikte waarskynlikheidsver­deling, wat ons vervolgens teen die Galton-data toets. Die resultate toon aan dat ons verdelings­funksie die eiesoortige verdeling van die data bevredigend pas.

Trefwoorde: funksionele-kromme-interpolasie; hiperboliese omskakeling; kurtose; latente definisieversameling; onmeetbare verskynsel; skattingsheuristiek; verdelingtransformasie; waardeversamelinginterpolasie

 

  • Hierdie artikel se fokusprent is geskep deur DS Stories en is verkry op Pexels.

 

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys van goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of approved journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel en kan kwalifiseer vir subsidie deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top