LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2025-06-23

"Die gevolgtrekking is dat nóg die Grondwet nóg die wortels van ons onderskeie tradisionele moraliteitskulture enige ruimte laat vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg en die algemene morele verval in die land."

Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe, Juan Bornman LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-06-20

"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."

Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-06-17

"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."

Vonnisbespreking: Konteks en bedoeling – besinning oor die Hoogste Hof van Appèl se haatspraakuitspraak

Casper Lötter LitNet Akademies (Regte) 2025-06-12

"Terselfdertyd [...] is die fiktiewe karakter van die redelik ingeligte persoon ’n onhoudbare niksseggendheid aangesien die omvang van waninligtingsveldtogte op die internet en sosiale media die gedagte aan ’n 'redelik ingeligte persoon' waarlik ’n uitsondering op die reël maak."

Die lewende testament – Is daar regsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg?

Marc Welgemoed LitNet Akademies (Regte) 2025-06-10

"Dit is belangrik dat regsekerheid aangaande die geldigheid van lewende testamente verkry word, aangesien ’n situasie kan ontstaan waar ’n persoon wat aan ’n terminale siekte ly, verwag dat behandeling gestaak of ’n ventilator afgeskakel moet word – en dat so ’n wens in ’n lewende testament vervat is."

Die bekoorlikheid van Latyn in Suid-Afrika. In gesprek met Franco Prinsloo oor die rol van Latyn in koormusiek

Louise-Mari Muller LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-06-03

"Die primêre bevindings van die artikel is dat die rede waarom Latyn steeds ’n aktiewe rol in koormusiek speel, sowel in Suid-Afrika as internasionaal, te doen het met die voortdurende toeganklikheid van die Latynse vokaalsisteme en die suiwer tonale produksie wat hierdie vokaalklanke bied."

Die regsgeldigheid van strafbepalings in die COVID-19-regulasies: ’n akademiese ondersoek

Daniël Eloff, Albert Lamey LitNet Akademies (Regte) 2025-06-03

"Voorts beklemtoon die artikel die noodsaaklikheid van duidelike en regverdige regulasies tydens toekomstige nasionale ramptoestande, om te verseker dat regeringsoptrede binne die grense van die wet en sy bevoegdhede bly en individue se regte beskerm."

’n Veeltalige vakspesifieke termlys: Suid-Afrikaanse rugbyspelers se taktiek om taaluitdagings in Frankryk te pypkan en plettervat

Trudalise Kirsten, Carina Grobler LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-30

"Kenners stem saam dat spelers eerder taalprogramme of hulpmiddels benodig wat die aanleer van rugbytaal as vaktaal sal vergemaklik. Soos in ander domeine, ontstaan daar ’n unieke terminologie vir rugbyspelers wat aan moontlike gebruikers beskikbaar gestel behoort te word."

’n Vrouetydskrif oor 75 jaar – ’n sosiale barometer van haar tyd

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-22

"Die doel van hierdie artikel is om Sarie as sosiale barometer van haar tyd voor te stel. Die velde mediageskiedenis en tydskrifstudie vorm die teoretiese raamwerk vir die vertrekpunt."

Die skolastieke bibliologie van Petrus van Mastricht (1630–1706)

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-05-16

"Hierdie studie herwaardeer Van Mastricht se bibliologie binne die konteks van sewentiende-eeuse epistemologiese debatte, waarin hy homself as ’n uitnemende verteenwoordiger van die Dordtse ortodoksie onderskei."

Kanselleerkultuur as strafbeskaming in Etienne van Heerden se roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Madelaine Page LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-05-13

"Die verhaal wys hoe strafbeskaming en sondebokmaking deur kanselleerkultuur as ’n samelewingsverskynsel binne die groter verband van ’n ingewikkelde, geglobaliseerde en elektroniese samelewing funksioneer, en hoe dit gerugsteun word deur dophoutegnologie- en gesigherkenningstelsels."

Die skep-jou-toekoms-werkswinkel as ’n aanlyn datagenereringstrategie in ’n aksienavorsingsbenadering

Suné Erasmus, Carolina Botha, Elma Marais LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-05-09

"Navorsers word toenemend gemotiveer om te eksperimenteer en innoverend te wees in hul strategieë en navorsingspraktyke. Deur verskillende digitale platforms te gebruik, word die potensiaal ondersoek om meer aktiewe betrokkenheid met deelnemers in uiteenlopende geografiese gebiede te fasiliteer."

Jona en sy teologiese trauma

Fanie Snyman LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-05-08

"Jona se teologiese trauma is sy ervaring dat God konsekwent God is. God handel ooreenkomstig Jona se belydenis aangaande Hom, terwyl Jona dit eintlik anders verwag."

Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus

Esias E. Meyer LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2025-04-17

"Hoekom is skuldbelydenis soms nodig? Op grond waarvan word skuld vergewe?"

Levinas op die oorlogspad na vrede. ’n Kritiese oorweging van die dilemmas waarmee oorlog Levinas se denke konfronteer

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-03-25

"As oorlog inderdaad ’n opskorting van moraliteit behels, op watter normatiewe grondslag kan die idee van ’n regverdige oorlog geregverdig word?"

Siviele minagtingsbevele ná Zondo/Zuma: die regsposisie en implikasies

Neels Swanepoel, Inez Bezuidenhout LitNet Akademies (Regte) 2025-03-20

"Die gevolgtrekking is dat die Konstitusionele Hof met hierdie uitspraak die siviele minagtingsprosedure finaal in pas met grondwetlike vereistes ontwikkel het – ’n proses wat die Hoogste Hof van Appèl reeds in Fakie in oënskou geneem het."

Vonnisbespreking: Om ’n reguit hou met ’n krom stok te slaan

Anél Gildenhuys LitNet Akademies (Regte) 2025-03-14

"Die verhouding het in so ’n mate versleg dat die applikant die eerste respondent in kennis gestel het dat hy geen kontak met die oorledene wou hê nie en geen nuus aangaande die oorledene wil ontvang nie, tensy dit nuus rakende sy afsterwe is."

Kunsmatige intelligensie kan leergeleenthede verryk

Willa Louw LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-03-04

"KI het gekom om te bly en veral ChatGPT het internasionale kennis makliker toeganklik gemaak. Plaaslike kennis en eie ervarings word egter al hoe belangriker."

Vervreemding tot verlies: die roete van selfvervreemding na selfvernietiging in Van vaders en vlugtelinge deur S.J. Naudé

Marietjie Lambrechts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2025-02-27

"Waar migrasie voorheen verbind is met natuurrampe, politieke ideologie, gebrek aan lewensmiddele en oorloë, fokus Naudé se roman op intens persoonlike faktore en trauma as redes waarom ’n individu besluit om sy vaderland te verlaat."

Ek skyn (heilig): Die invloed van godsdiens as sosiokulturele verwagting by die vorming van die juffrou-identiteit

Mické van der Westhuizen, Yolandi Woest LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2025-02-27

"Die navorsers se fokus in hierdie artikel is op die invloed van godsdiens as ’n sosiokulturele verwagting by die samestelling van die identiteit van ’n Afrikanervrou."

Top