LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Evaluering van die aanlyn vreemdetaalkursusse Gesellig Afrikaans 1 en 2 aan die hand van die voorgestelde aanlynonderrigmodel vir die aanleer van Afrikaans as vreemde taal

Alison Stander LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-08-13

"Die ondersoek lewer ’n bydrae tot die bywerking en verbetering van tans die enigste geakkrediteerde aanlyn kortleerkursus vir Afrikaans as vreemde taal binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks."

God, lyding en stemme van protes

Willa Boezak LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-08-07

"Hoe kan die lewegewende God toelaat dat gelowiges ’n bestaan van 'dry bones' en desperaatheid voer? Hierdie vraag vorm deel van ’n veel meer omvattende probleem."

Geweld in Suid-Afrikaanse opvoedkundige kontekste: ’n feministiese pedagogiek

Doniwen Pietersen LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-08-06

"Ons moet die ervarings en perspektiewe van gemarginaliseerde groepe en die waarde van diverse vorme van kennis erken, die verborge kurrikulum krities verken en niegewelddadigheid in ons onderwysstelsels bevorder."

’n Ondersoek na faktore wat kaartjie-aankope vir gemeenskapsgebaseerde kinderteater beïnvloed: ’n kwalitatiewe benadering

Walter Wessels, Pierre-André Viviers, Karin Botha LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2024-08-01

"Die produksie en bemarking van regstreekse teater vir kindergehore is kompleks, aangesien daar meer as een besluitnemer ten opsigte van bywoning betrokke is, naamlik die ouer en die kind."

Die gebruik van Instagram in ’n taakgebaseerde gemengdeleerbenadering vir Afrikaanstaalverwerwingstudente

Ancheri Götze LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-30

"Die artikel bied nuwe idees oor hoe ’n sosialemediaplatform, naamlik Instagram, in die Afrikaanstaalverwerwingsklaskamer gebruik kan word om die aanleer van nuwe woordeskat te bevorder."

Voorgestelde proses vir die hersiening en bywerking van vakwoordeboeke

Mariëtta Alberts LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-23

"Afrikaanse vaktaal loop die gevaar om as wetenskapstaal te verdwyn indien vakkundiges, akademici, taalpraktisyns en selfs leke nie ’n daadwerklike poging aanwend om Afrikaanse terme te skep, te dokumenteer, te versprei en te benut nie."

Gebrekkige implementering van sekuriteitsregulasies: ’n werksplekrisiko vir VOO-tegnologie-onderwysers

Joop Oosthuizen, JP Rossouw, Ewelina Niemczyk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-22

"Werkspleksekuriteit onder dié onderwysers word negatief beïnvloed omdat spesifieke sleutelrolspelers nie hulle professionele verantwoordelikhede nakom nie."

Apokaliptiek en veerkragtigheid

Pieter M. Venter LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-07-18

"Die bedoeling in al hierdie gedeeltes is dat die gelowiges dieper moet kyk as die oppervlakkige gebeure van ontwrigting. Hulle moet God met die toekoms vertrou."

Sionistiese propaganda (hasbara) of morele integriteit? President Joe Biden oor die Israel-Hamas-oorlog van 2023

Marthie Momberg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-15

"Die bevindinge dui op ’n onteenseglike verband tussen Biden se kommunikasie en die hasbara-agenda om enersyds Israel as ’n eerbare, redelike en empatiese demokrasie voor te stel, en andersyds Palestyne onder verdenking te plaas en hulle menseregte en selfbeskikking as sekondêr te hanteer."

Refleksiepraktyk in kliniese regsopleiding

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2024-07-15

"Kliënte steun nie slegs op regspraktisyns se tegniese regskennisvaardighede nie, maar plaas ook hul vertroue in die praktisyn se bevoegdheid om op ’n etiese en sosiaal verantwoordelike manier te kan redeneer en ’n oordeel te kan vorm sonder om te diskrimineer."

Die refleksiewe reis van onderwyseropleiers aan ’n nuutgestigte universiteit

Emma Groenewald, Tony Mpisi LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-04

"Refleksie is ’n vaardigheid waartydens ervaringe van die verlede opgeroep, herleef en geëvalueer word. Deur introspeksie word refleksie ’n bekenisvormingsproses om die self en ander beter te verstaan."

Vyf waarnemings oor die Suid-Afrikaanse manlikheid-in-krisis-fenomeen

Susann Louw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-07-02

"Die term manlikheid-in-krisis verwys na mans wat onsekerheid of onstabiliteit ervaar, of ’n verandering ten opsigte van hulle magsposisies beleef (Connell 2018; Viljoen 2008). Ook hou dit verband met die dikwels onbereikbare ideale waaraan mans hulself meet en waarvolgens die samelewing hulle beoordeel."

Kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: die ervarings van versorgers

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-07-02

"Kruislinguistiese en -kulturele spraak-taalterapie vind plaas wanneer die spraak-taalterapeut en die kliënt se moedertaal en kultuuragtergrond van mekaar verskil. Goeie kruislinguistiese en -kulturele interaksies bevorder samewerking, wedersydse respek en vertroue."

Fisies-geografiese plekbesonderhede en Karoo-mens-verbintenisse in gestaltegewing aan die Afrikaanse ekokritiek

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-28

"Op grond van die diepgaande invloed wat die Karoo op soveel mense – ook skrywers – in ons land het, waag ek dit om die Karoo uit te sonder as landskap om my huidige ondersoek op te baseer."

’n Introspektiewe verkenning van die gevoelswaarde, betekenis en gebruik van enkele emoji’s

Donovan Lawrence LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-25

"Die gebruik van teksgebaseerde aanlyn kommunikasie op veral sosialemediaplatforms soos WhatsApp is gaandeweg besig om die manier waarop ons taal gebruik om te kommunikeer te verander."

Skulderkenningsboetes in die lig van prosedurele geregtigheid en misdaadbeheer

Delano van der Linde LitNet Akademies (Regte) 2024-06-21

"Hierdie bydrae ondersoek die statutêre raamwerk oor skulderkenningsboetes en die belangrike rol van die polisie in die verduideliking van die proses, insluitende die gebruik van belangrike voorgeskrewe vorms om die beskuldigdes se grondwetlike regte en gevolge van betaling uiteen te sit."

SAVAK se rol as intelligensiediens in Iran, 1956–1979: Bydraes tot regimevorming, staatsbou en geopolitiek

Heinrich Matthee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-11

"SAVAK het die ideologiese en kulturele veld help vorm deur sensuur, selektiewe steun vir denkers, medewerkers in die media en die oprigting van kulturele infrastruktuur. Die intelligensiediens het ook as ’n indirekte kommunikasiekanaal tussen die bevolking, elite en heerser gedien."

Sosialegeregtigheidsopvoeding tydens kliniese onderrig

Riette du Plessis LitNet Akademies (Regte) 2024-06-11

"Interkulturele verskille speel ’n beduidende rol in die voorbereiding van studente om die regspraktyk te betree, veral aangesien die Westerse filosofiese benadering verskil van dié van Afrika en hierdie verskillende oogpunte van praktyksbelang in Suid-Afrika is."

’n Verkenning van belydenispoësie in Afrikaans

Natasha Harmse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-06-06

"Is belydenispoësie eie aan ’n spesifieke beweging in ’n spesifieke konteks? Of behoort belydenispoësie eerder as ’n onderafdeling of voortsetting van liriese poësie beskou te word?"

Vroeë Christelike slawerny: tussen teologie en praktyk

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-06-06

"Slawerny het ’n beduidende invloed op die vroeë Christelike denke gehad, hoofsaaklik omdat slawerny ’n wydverspreide instelling in die antieke wêreld was gedurende die tyd toe die Christendom ontstaan het."

Top