LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
"[L]aat my so hard skel tot die valse vrou": Voorstellings van vroulikheid in Anna Neethling-Pohl se Afrikaanse vertalings van William Shakespeare se Julius Caesar en Antony and Cleopatra
2023-11-29"Hierdie ondersoek werp lig op die vertaalstrategieë wat Neethling-Pohl aanwend om die geslagsgebaseerde magsverhoudinge in hierdie twee dramas toe te lig."
’n Korpusgebaseerde ondersoek na kohesieskakels as kenmerkende eienskap van outeurstyl van Dana Snyman en André le Roux
2023-11-28"Skrywers laat ’n spoor van hul outeurskap agter wanneer hulle ’n teks skryf, aangesien elke persoon ’n voorkeur vir sekere linguistiese items het (Louwerse 2004:207)."
Al is my stem gebroke, my asem sonder krag ... Geleefde religie en die werking van die kerklied
2023-11-28"Waar ons tot swye kom in die uur van ons diepste verdriet en in ons uur van dood, dra die lied uit ander se monde ons deur die donker."
Die kreatiewe aanbieding van kultuurelemente binne Afrikanerbesienswaardighede
2023-11-28"Dit is belangrik dat die studie se bydrae nie beperk word tot die Afrikanerkultuur nie. Die rede is dat kultuurelemente ook binne elke ander kultuurkonteks bestaan en dat toeriste wêreldwyd op soek is na kreatiewe kultuurervarings, wat veral ’n multikulturele land soos Suid-Afrika bevoordeel."
Vonnisbespreking: Die jongste “gly-en-val”-uitspraak teen ’n winkeleienaar: ’n Ontkenning van die Chartaprops-verweer?
2023-11-28"Hierdie uitspraak sal beslis in die kraam pas van inkopiegangers wat daagliks supermarkte besoek, maar is slegte nuus vir winkeleienaars."
’n Ondersoek na die gebruik van voorsienbaarhede en gemengde leer in Afrikaanstaalverwerwing vir dowe taalaanleerders
2023-11-27"Deur taalverwerwing vir dowe taalaanleerders uit verskeie invalshoeke te bekyk (naamlik die taakgebaseerde benadering en gemengdeleermodelle as onderriginstrumente) kan ’n ryker begrip daarvan verkry word om sodoende doeltreffende Afrikaanstweedetaalonderrig vir dowe aanleerders te verseker."
Johannes Chrusostomus en die transformasie van die diskoers van voortplanting en geboorte in die vroeë Christendom
2023-11-27"Die artikel ondersoek eerstens die klemverskuiwing van om kinders te baar (teknogonia) na die opvoeding van ’n kind (paidotrofia), wat ouerskap definieer. Dan gaan die studie voort om die transformasie van Christelike voortplanting vanuit die oogpunt van androgeneratiwiteit te beskou."
Taakgebaseerde taalkunde-onderrig in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vernuwende benadering
2023-11-27"Taal is ’n instrument vir denke en kommunikasie wat leerders bemagtig om kennis te versamel, hulle identiteit, gevoelens en idees met ander te deel en om hulle realiteit te bestuur."
Die boek Habakuk as teodisee en teologiese trauma
2023-11-24"Trauma word in verband gebring met God en daar ontstaan ’n spanning tussen dit wat as traumaties beleef word en God se betrokkenheid al dan nie by die trauma."
’n Gebruiksgebaseerde beskrywing van Afrikaanse prefiksoïede
2023-11-24"In ’n konstruksie soos hond+mak is die letterlike betekenis van hond nog teenwoordig ('so mak soos ’n hond'), maar in hond÷siek is dit duidelik dat hond÷ gegrammatikaliseer is en slegs die betekenis van 'baie' het."
Die eerste onsekere treë van die onafhanklike koerantbedryf in Suid-Afrika: The South African Commercial Advertiser (SACA) en slawerny in 1824
2023-11-20"Aan die een kant het SACA ’n aktivistiese rol gespeel, wat dikwels aangeprys word, maar die koerant het ook advertensies van die slawehandel gepubliseer. Hierdie teenstrydigheid ontlok die vraag of die koerant se geïdealiseerde posisie in die joernalistiekgeskiedenis moontlik heroorweeg moet word."
Sosiale merkers van hoëkonflikegskeidings waarby kinders betrokke is
2023-11-19"Professionele persone vind dat dit algemeen vir egpare is om destruktiewe gedrag en negatiewe gevoelens gedurende egskeiding te ervaar. Wanneer daar egter kinders betrokke is, is dit noodsaaklik om gevalle van moontlike hoëkonflikegskeidings te identifiseer."
’n Ontleding van die verhoogverwerking van Die mugu (Etienne Leroux) deur Pieter Fourie as kreatiewe herskrywing: ’n genologiese studie
2023-11-19"In Leroux se werk word dit duidelik dat hy dikwels verskillende wêrelde gelyktydig aan bod kan stel en dus vir die leser verskillende wêrelde uit een narratief kan oproep. Om sulke grensoorskrydingsmomente te kan skep, gebruik Leroux ’n hele aantal truuks wat dikwels nou by dramatiese konvensies aansluit."
Spertyd (2017): die sluitstuk in Elsa Joubert se egoliteratuur
2023-11-16"Die herinneringe aan bepaalde (onopgeloste) gebeure dwing haar om dit weer te beskou en ’n standpunt in te neem om heling te bewerkstellig. Dit is deur hierdie standpuntinname dat Spertyd as sluitstuk funksioneer."
’n Proaktiewe strategie om plagiaat met behulp van ChatGPT-3.5 te bekamp – ’n verkennende ondersoek
2023-11-16"[ChatGPT] kon die positiewe (beroemd) en negatiewe (berug) van beide persone uitlig, maar, ChatGPT was simpatiek teenoor Oscar Pistorius, wat ’n veroordeelde moordenaar is en nie teenoor Steve Hofmeyr, wat ’n kampvegter teen plaasmoorde is nie. Hieruit kan afgelei word dat ChatGPT moontlik linksgesind is, maar dit is ook moontlik dat Hofmeyr baie intenser in ’n negatiewe lig op die internet bespreek is tydens die insameling van sy opleidingsdata as Pistorius."
Die bevordering van loopbaanaanpassing en welstand vanuit ’n moderne bedryfsielkundige perspektief
2023-11-07"Bedryfsielkundiges moet oor die insig en vaardighede beskik om ’n kliënt se loopbaanuitdagings, wat deur globalisering en tegnologiese veranderinge beïnvloed word, te bestuur."
Pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 2)
2023-10-31"Hierdie artikel is die tweede van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak handel."
Pedagogiese tolking as ’n onderrigtegniek vir Afrikaanstweedetaalverwerwing (deel 1)
2023-10-31"Hierdie artikel is die eerste van twee artikels wat verslag doen van ’n studie uit die eerste outeur se meestersverhandeling in Vertaling. In die eerste artikel word pedagogiese tolking as ’n taalonderrigtegniek bespreek terwyl die tweede artikel oor pedagogiese tolking as ’n interaktiewe taak uitbrei."
’n Ondersoek na skakeltolking as ’n kommunikatiewe tegniek vir tweedetaalverwerwing
2023-10-31"Skakeltolking is ’n informele, interaktiewe vorm van tolking wat plaasvind wanneer twee of meer gespreksgenote nie ’n gemene taal deel nie en tolkdienste verg om die kommunikasiegaping te oorbrug (Perez 2016)."
Hans Blumenberg se model vir die evolusie van denke en die tersaaklikheid daarvan vir huidige uitdagings
2023-10-27"Die mens se legitimasie van homself word deur nuwe ervarings aan onstabiliteit onderwerp, en hy moet sy idees dan aanpas om weer sluiting te kry."




