LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Vonnisbespreking: Die tragiese gevolge van onbevoegde polisie-optrede – die hof maak (te) korte mette met flou verskonings

Johan Scott LitNet Akademies (Regte) 2022-11-17

"Die polisie se rekord wat betref siviele eise wat teen hulle ingestel is deur diegene wat aan die kortste end getrek het weens hul optredes wat wissel van aanranding en verkragting tot die nalatige versuim om hul beskermingsplig uit te oefen, sien daar ook beroerd uit ..."

Manlikheid, demonologie en sielsgesondheid in Johannes Chrusostomus se retoriek oor die biskop-martelaar Babulas teen die Romeinse keisers

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-11-14

"In sy tekste oor Babulas gebruik Chrusostomus drie keisers om aan te toon hoe die nuwe Christelike standaard van manlikheid ook op die hoogste gesag in die Ryk toegepas kan word. Waar die keiser dikwels in die verlede die toonbeeld van konvensionele Romeinse manlikheid was, vervang die figuur van die biskop of martelaar dié posisie."

Wat eet Afrikaners? ’n Verkenning van die bestanddeel-resep-netwerk in Afrikaanse resepte

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2022-10-31

"Hierdie gemeenskap verteenwoordig bestanddele wat in ’n hoofgereg saam met hoender gebruik word. Witwyn, sjerrie, tuna, noedels en suurroom word ook in hierdie gemeenskap aangetref, sowel as kruie soos salie en ’n spesery soos cajun. Witwyn word met ander woorde gereeld saam met hoendergeregte gebruik, terwyl rooiwyn meermale saam met rooivleisgeregte gebruik word."

Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 2

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-27

"Hoewel hy wel enkele Middeleeuse spesialisbydraes gelewer het, oorwegend ten opsigte van Augustinus, sou tot die saaklike gevolgtrekking gekom kon word dat Versfeld se forté ten opsigte van die studie van die intellektuele Middeleeue nie gespesialiseerde navorsing was nie, maar sy belese kommentaar daarop en toegewyde onderrig daarvan."

Martin Versfeld (1909–1995) se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan die Universiteit van Kaapstad (1937–1972) – Deel 1

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-27

"Deel 1 van hierdie artikel bied ’n navorsingsmotivering vir en inleiding tot ’n eietydse bestekopname van Martin Versfeld se interpretasie en toepassing van Middeleeuse filosofie aan."

Persiese poësie en politiek in Iran: Die denke van opperleier Ali Hosseini Khamenei

Heinrich Matthee LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-24

"Khamenei en die regime se hulde aan die klassieke Persiese digkuns en die vernuwing uit die klassieke erfenis verbind vorige en hedendaagse geslagte en faksies. Dit vorm ten minste potensieel ’n losser en diverse gemeenskap wat binne en buite die regime se reëls oop staan vir simbole, wyshede en emosionele vorming vanuit daardie erfenis."

Die koppeling tussen die Gordel-en-pad-inisiatief (GPI) en die Afrika-vryehandelsone (AVHS): ’n Teoretiese ontleding uit die politieke ekonomie van handel en streeksintegrasie

Fanie Herman LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"’n Aanbeveling is die belangrikheid van gesprek tussen China en Afrika om areas en roetes vir streeksintegrasie te identifiseer. China se finansiële hulpverlening en ervaring in die bou van infrastruktuur kan meehelp om streke te integreer en mededingende markte te skep."

Ruite in ’n raam: Die aanvang en slot van Marlise Joubert se bundel grondwater as tekstuele raam met ’n kodifiserende en mitologiese funksie

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-19

"Die doel van die artikel was om vas te stel in welke mate Marlise Joubert se bundel grondwater ’n egte sikliese struktuur vertoon met ’n kodifiserende aanvang en ’n mitologiese slot, én of bepaalde simbole wat in die teks voorkom, merkers is wat inspeel op die interpretasie van die hele bundel."

Die strewe na ’n sin van verbintenis: ervaringe van ’n Generasie 1.5-student in hoër onderwys

Emma Groenewald LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-10-18

"Die gedeelde waardes van ’n vriendekring kan die spanning wat op ’n multikulturele kampus ervaar word, verlig. Terwyl taal- en rasverskille op die agtergrond skuif, dra die gemeenskaplikheid wat gedeelde waardes meebring by tot ’n sin van verbintenis."

Die sosiogodsdienstige betekenis van daaglikse gebedsrituele vir die voor-Niceense Kerk in Noord-Afrika

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-10-12

"By wyse van hierdie eskatologiese fokus oorbrug hierdie gebedsrituele dan ook die tragiek van godsdienstige konflik, aangesien die versoening met en toenemende insluiting van ander in hierdie nuwe godsdiensgemeenskap as van wesenlike belang geag is."

Suid-Afrika se lang tog na ekonomiese vryheid: ’n Persoonlike reis

Johan Fourie LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2022-10-12

"[T]ot 1994 was die meerderheid Suid-Afrikaners ten beste net waarnemers van Suid-Afrika se lang tog. Die goeie nuus is dat baie nou daarby aangesluit het. Die slegte nuus is dat baie om ’n verskeidenheid van redes nog maar net saam hinkepink."

’n Oorsigtelike verkenning van die omvang en fokus van inligting-en-kommunikasie-tegnologie-verwante navorsing in Afrikaans vir die tydperk 2011–2021

Hugo Lotriet LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-10-04

"[V]ir die wetenskapskultuur rondom IKT in Afrikaans om te gedy is dit nodig dat publikasie van artikels in Afrikaans binne ’n gesonde groter ekosisteem plaasvind."

Vonnisbespreking: Sintaktiese uitleg van die BTW-wet bepaal wanneer goud teen die nulkoers verkoop mag word. ’n Besinning van ’n positiewe taalkundige benadering

Terrence R Carney LitNet Akademies (Regte) 2022-10-04

"Hoewel regter Davis ook ’n woordeboek geraadpleeg het, het hy die bron vir grammatikale helderheid aangewend en nie bloot om die denotasie van ’n bepaalde leksikale item te bepaal nie."

’n Oorsig oor enkele digitiseringsprojekte in Afrikaans: ’n Vertrekpunt vir Afrikaans se digitale toekoms

Roné Wierenga, Wannie Carstens LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-09-26

"Digitisering behoort weens die koste, tyd en energie wat daaraan gekoppel is eerder ’n gesamentlike (dus instansiegedrewe) projekgeleentheid te wees as ’n individuele een."

Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel

Sebastiaan Floor LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-09-07

"Risiko’s is die volhoudende negatiewe gesindhede van die kant van nie-Kaapssprekers, ’n swak taaltrots en ’n trae omhelsing van die konsep van taalontwikkeling van Kaaps deur die eindgebruikers self. Die ongewenste spanning tussen die variëteite kan die implementering van ’n Kaapse oraal-mondelinge of geskrewe Bybel teen ’n klipmuur van interne weerstand laat stuit."

Konflik in Mosambiek – ’n ondersoek na die aard en dinamika van die teeninsurgensie-operasies in Cabo Delgado

Theo Neethling LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-29

"So gesien, kan die rolspelers wat in Mosambiek betrokke is by die insurgensie, wel daarop aanspraak maak dat daar op militêre gebied ’n multinasionale poging aangewend is om die insurgente in bedwang te hou, maar van welslae in ’n omvattende teeninsurgensieverband is daar tot dusver weinig sprake ..."

Ludwig Wittgenstein en Karel Schoeman: ’n verkenning van die verbande tussen Wittgenstein se taalfilosofie en Schoeman se woordkuns

Ria Winters LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-29

"Die inhoudelike skakel tussen Wittgenstein en Schoeman is die bemoeienis met taalkommunikasie en hoedat woorde betekenis kry binne en buite die grense van taal. Albei se lewenswerk het bestaan uit die vormgewing van die sin van taal."

Die impak van die COVID-19-pandemie op Suid-Afrikaanse gemeenskapskoerante: ervaring en persepsies

Thalyta Louw Swanepoel, Cornia Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-24

"Die langtermynoorlewing van gemeenskapskoerante kan egter nie die alleenverantwoordelikheid van individuele redakteurs en joernaliste wees nie. Die sektor as geheel het ’n plan nodig."

Van aktiwiteit na radikale passiwiteit: die ontplooiing van etiese agentskap in Levinas

Benda Hofmeyr LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-17

"Vir Levinas is etiek die neem van verantwoordelikheid vir ’n ander wat my wese betekenis gee. Gegraveer in die kern van my wese is ’n verantwoordelikheid wat die koue, sobere, redelike opweging van opsies deur ’n outonome bewussyn voorafgaan."

"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie

Alene Holder, Winfried Lüdemann LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-08-02

"Die [artikel] toon hoe, in die geval van Temmingh se kunsliedsiklus Met apologie, die toonsetting van ’n gedig die teks nie net musikaal inklee nie, maar ’n addisionele dimensie of interpretasievlak aan die gedig toevoeg."

Top