LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte
2022-01-04"Alhoewel die onderskeie tipes objektivering verteenwoordigend in die advertensie-ontledings voorkom, is die voorkoms van emosionele objektivering opmerklik en begryplik, aangesien nostalgiegedrewe advertensies hoofsaaklik op die emosies van persone in die teikenmark inspeel."
Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier
2021-12-17"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."
’n Veelkantige besinning oor eutanasie
2021-12-15"’n Balans is belangrik: beskerm die lewe, maar moenie die dood verhinder nie. Om uitvoering daaraan te gee, sal daar besin moet word oor wat die swaarste weeg: die reg om te lewe of die reg om te sterwe."
Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling
2021-12-14"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."
Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons
2021-12-13"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."
Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse
2021-12-13"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."
"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116
2021-12-10"Die psalms in die algemeen, en Psalm 116 in die besonder, is werd om gelees te word as poësie, gebid te word as gebede en gesing te word soos wat gelowiges vir eeue al doen, juis en veral in uitdagende tye soos die huidige pandemie wat nou al vir meer as 15 maande die lewens van talle mense intens ontwrig."
Die gemarginaliseerde posisionering van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke
2021-12-08"Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied."
Help! My praktiese onderwys ontaard in ’n dilemma: Etiekbeleide vir praktiese onderwys
2021-12-07"Ons het bevind dat onderwysstudente ’n verskeidenheid etiese dilemmas beleef wat in sewe kategorieë verdeel kan word. Hierdie kategorieë sluit die volgende onetiese verhoudings in: onderwysers teenoor leerders, leerders teenoor onderwysstudente, onderwysers teenoor onderwysstudente, asook die universiteit teenoor onderwysstudente."
Houdings in verband met protesaksie in Suid-Afrika
2021-11-30"Protes is ’n algemene verskynsel in Suid-Afrika en het die afgelope dekade in omvang en geweld toegeneem. Dit is dus belangrik om die verskynsel te bestudeer."
Nostalgie as sosiale konstruk in advertensies in die Suid-Afrikaanse tydskrifmark
2021-11-29"Die aard van nostalgie as ’n verlange of hunkering skakel goed met die aard van bemarkingskommunikasie waarin bedoelde teikenmarklede oortuig word van ’n behoefte of begeerte wat deur die handelsmerk gevul kan word."
Aantekening: Verhuring van ’n huis: Wanneer die SAID met hul BTW-koffers mag kom aanklop
2021-11-22"’n Verhuurder wat in die verlede versuim het om uitsetbelasting te verklaar en nou sy sake in orde wil kry, moet sy transaksies noukeurig ontleed om te bepaal of BTW-registrasie inderdaad nodig is en, indien wel, van wanneer af."
Riglyne om selfgerigte lees van intermediêrefaseleerders te ontwikkel met die koerant as multimodale hulpmiddel
2021-11-19"Hierdie navorsingsartikel behels eerstens die fasilitering van leesstrategieë aan intermediêrefaseleerders aan die hand van multimodale koeranttekste (e-koerante ingesluit) ten einde die leerders tot selfgerigte lesers te ontwikkel, en tweedens die voorstel van riglyne aan taalonderwysers vir hoe om dit te doen."
Om sin te "sien": die eenheid ("in-tensie") tussen lewe (tydsduur) en bewussyn (ruimte) in Henri Bergson se metafisiese fenomenologie
2021-11-16"Aan die een kant vind ons bewussyn in lewe in die gewaarwording as sodanig van (of sensitiwiteit vir) die sensasie van transformasie (of die skeppings-proses) self. Hierdie gewaar-wording van die proses van transformasie verwys na die metafisiese bewussyns-handeling van tydsduur."
Die statutêre persoonlike en die statutêre afgeleide aksie: Is ’n streng onderskeid steeds geregverdig?
2021-11-15"Daar word voorgestel dat artikel 163(2) gewysig word om aan ’n hof bevoegdheid te verleen om aan ’n aandeelhouer of direkteur regshulp toe te staan in die vorm van verlof om namens ’n maatskappy ’n regsgeding aanhangig te maak."
Gefokusde take in die Afrikaans Huistaal-klaskamer vir die kommunikatiewe onderrig van Afrikaansgrammatika: ’n eerste verkenning
2021-11-10"Dit is ’n unieke toevoeging tot literatuur oor taakgebaseerde taalonderrig binne die konteks van die Afrikaansklaskamer, aangesien die meerderheid navorsing fokus op die gebruik van take om ’n hele sillabus saam te stel om natuurlike taalverwerwing te bevorder en taakgebaseerde taalonderrig afbaken tot slegs ’n tweede- of vreemdetaalkonteks …"
"... en sy verlossing het nie gekom nie." In Suid-Afrika, Eilande gelees binne ’n resepsie van lyding
2021-11-05"Die lydingsresepsie van Eilande en die 'redding' waarvan daar sprake is, is universeel menslik; terselfdertyd kan dit ook, ten minste in sekere opsigte, gesien word as die persoonlike selfgelding van ’n skrywer."
Graad 10-Lewenswetenskappeleerders se sienings van die aanwending van gevallestudies in Lewenswetenskappeonderwys
2021-10-29"Die leerders se algemene mening oor die gebruik van gevallestudies was positief. Die bevindings vanuit die empiriese ondersoek in hierdie studie het daarop gedui dat leerders hulle eie rol asook die rol van die onderwyser by die aanwending van gevallestudies as positief ervaar het."
Die COVID-19-pandemie en strukturele kwesbaarheid van dagloners in Windhoek, Namibië
2021-10-29"Die langtermyneffek op dagloners in Windhoek kan dus op maatskaplike en ekonomiese terreine verwoesting saai as in ag geneem word dat die meerderheid van die dagloners reeds voor die pandemie onder die broodlyn gelewe het (soos duidelik uit die resultate van hierdie studie blyk)."
“Forgive for you can afford it”: Emily Hobhouse by die onthulling van die Vrouemonument
2021-10-26"Emily Hobhouse se plek onder Afrikaners was so gevestig dat sy saam met Afrikanerleiers by die Vrouemonument begrawe is – ’n groot eer wat Afrikaners aan haar as ’n buitestander wou bewys."




