LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Literêre kartering van plek: ’n geokritiese ondersoek na materiële verbeelding en ingeplaaste skryf in twee “Tuinverse”
2021-07-30"Die nuwe verwantskappe en interaksies tussen menslike liggaam (digter, leser) en niemenslike liggaam (boom, bankie, klip, tuin) word tot stand gebring deur ’n veelvuldige en gedifferensieerde wordingsproses waardeur werklikheid voortdurend geskep word, nie net deur die digter nie, maar ook deur die leesprosesse."
Kernafskrikking in ’n tydperk van ingrypende tegnologiese ontwikkeling: Hoe kwesbaar is kernaangedrewe ballistiesemissielduikbote werklik?
2021-07-26"Waar die tweedeslaanaanvalsmagte van kernstate onkwesbaar is, sal ’n kernafskrikkingstrategie uiters doeltreffend bly en strategiese stabiliteit voortduur."
’n Normatiewe en prosesregtelike raamwerk vir die afneem van getuieverklarings en die beoordeling van teenstrydige getuienis
2021-07-26"Die billikheid van die proses voordat die getuie onder kruisverhoor getuig, raak die staatsgetuie se belange direk. Deel van die staat se plig behoort te wees om as roetine die afnemer van die getuieverklaring op te roep om die prosessuele grondslag vir die afneem van die verklaring te verduidelik."
’n Verkenning van plaaslike musici se reaksies op die nasionale inperking as strategiese handelinge binne veldteoretiese denke
2021-07-21"Deurdat musici tydens die grootste gedeelte van die inperking self verantwoordelik was vir die produksie van hul musiekaanbiedings, is hul trajekte verder uitgebrei. Wanneer ’n kunstenaar self sy/haar musiek op die internet geplaas het, moes hy/sy tegelykertyd uitvoerder, beligtingstegnikus, klanktegnikus en regisseur wees."
’n Voorlopige eties-moreel-pedagogiese besinning oor die behartiging van die COVID-19-pandemie deur onderwysrolspelers in Suid-Afrika
2021-07-12"Die foute wat in die onderwys op eties-moreel-pedagogiese terrein gemaak is, is algaande reggestel. Dit bied hoop dat die pandemie verder aan met welslae die hoof gebied sal kan word."
Dekolonialiserende kunsaktivisme op die interseksie van die stryd teen wit bevoorregting en gendermarginalisering
2021-07-09"Ek betoog dat kritiek teen wit bevoorregting binne die kunste partykeer die verskeidenheid en kompleksiteit van kwessies in spesifieke kunswerke nie gestand doen nie."
Liggaamsfragmentering in sentraal-Middeleeuse vroulike mistiek
2021-07-06"Dit is dus moontlik om aan te dui dat die fragmentering van die vroulike liggaam, ingevolge waarvan eerder op die verbrokkelde dele en betreklikheid van daardie liggaam as op die eenheid en heelheid daarvan gefokus word, ’n onderbeklemtoonde maar aantoonbare tendens in die werke van etlike prominente vroulike mistici in die sentrale Middeleeue verteenwoordig."
Identiteitspolitiek: Sukses, paradoks en onvoorsiene gevolge
2021-06-29"Naas die interne en die eksterne verbreding van die self moet die rol van identiteit sélf verruim word. In plaas daarvan om ’n beperkende, passiewe, verdedigende en beskermende funksie te vervul, het identiteit ’n aktiewe, skeppende, konstruktiewe, vernuwende bydrae om te lewer."
Amerikaans-Chinese wedywering: ’n Sistemiese en teoretiese ontleding
2021-06-28"Die Trump-administrasie verdien krediet vir die erkenning van die belangrikheid van tegnologiese wedywering met China en die wyse waarop dit hanteer is, byvoorbeeld die Huawei-kwessie. Die Biden-administrasie sal vinnig moet begin om oplossings vir die uitdagings wat Trump gestel het, te vind."
Ou wyn in nuwe sakke: Die onlangse herlewing van die Germaanse kultuur op Instagram
2021-06-23"Hierdie ondersoek het op vorige kwalitatiewe verkennings van die uitbeelding van die Germane se leefwêreld op Instagram gevolg en ’n kwantitatiewe oorsig oor dié verskynsel op hierdie platform gebied."
Aantekening: Deliktuele aanspreeklikheid vir skade veroorsaak deur outonome (selfbesturende) voertuie
2021-06-21"Maksimum bedrae geld vir voertuigongelukke wat in die geval van outonome voertuie verdubbel is omdat die risiko van skade baie groter as in die geval van tradisionele voertuie kan wees indien eersgenoemde buite beheer raak en nie maklik tot stilstand gebring kan word nie."
Die gebruik van spelifiëring (“gamification”) as hulpmiddel vir woordeskatuitbreiding in ’n taakgebaseerde onderrigprogram vir taalverwerwingstudente
2021-06-14"Op grond van die teoretiese begronding en die opvoedkundige waarde van speletjies is ons van mening dat taalspeletjies in ’n taalverwerwingsklas gebruik kan word om die affektiewe filter te verlaag en dat dit moontlik kan bydra om positief-aktiverende emosies in die vreemdetaalklas aan te wakker en negatief-deaktiverende emosies […] te verminder wanneer die studente die taalspeletjies geniet."
Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971
2021-06-04"Albei operas het egter ook die wankelrigheid van die selfverwesenlikingsprojek verteenwoordig: net soos die Nico Malan se onvervulde Aida die oortuiging van godgegewe uitsonderlikheid ondermyn het, het Eoan se mislukte Republiekfeesplanne die groep se illusie van sy eie status binne die nasie verbrokkel."
Bloemfontein as militêre setel in die tweede helfte van die 19de eeu, met spesiale verwysing na die Reitz-tydperk, 1889–1895
2021-05-28"Die OVS se militêre voorbereidings onder leiding van die Reitz-regering, en daarna dié van die Steyn-regering, was dus nie voldoende om die OVS (en dus ook Bloemfontein as regeringsetel) uit die kake van die Britse Ryk te red nie. Dit het egter nie eerloos vir die OVS afgeloop nie."
Wat is (nie) ’n woordeboek (nie)? Die Woordelys van die Afrikaanse woordelys en spelreëls as gevallestudie
2021-05-24"Aan die hand van die voorgestelde terme, waardeur die TLK uitgebou word, is bewys dat die Woordelys in die AWS as ’n woordeboek geld, ondanks hoe dit deur generasies Taalkommissielede beskou en bewerk is, of deur die gewone taalgebruiker benader word."
Hip-hop, onreg en agentskap: Isaac Mutant van Dookoom as Bolandse badman-figuur
2021-05-21"Terwyl hip-hop nie ’n kitsoplossing vir sosioëkonomiese en politieke ongelykheid en ander sosiale euwels is, was of ooit sal wees nie […], het die ontstaan daarvan in die 1970’s onder die swart Amerikaanse jeug ’n platform daargestel vir die artikulasie van identiteit en werklikhede in ’n omgewing wat andersins vir hulle ontegemoetkomend was [...]"
Die gebruik van totale kwaliteitsbestuur in die aanpassing van kwaliteit van aflewering: ’n gevallestudie in private hoër onderwys
2021-05-18"Interne kwaliteitsmaatreëls is van wesenlike belang vir private instellings wat sakegedrewe is en is dus afhanklik van studentegetalle om hul bedrywighede te befonds. Die institusionele aanbod moet dus die mededingende voordeel vir die HOI skep, en die implementering van TKB-beginsels is die sleutel in hierdie proses."
Die uitsluiting van middellike aanspreeklikheid van werkgewers in vrywaringsklousules
2021-05-17"In hierdie bydrae word aangevoer dat die gronde waarop howe in die verlede vrywaringsklousules wat middellike aanspreeklikheid uitsluit, gehandhaaf het, dikwels teen die openbare beleid is."
Die teenwerking van leerderuitdagings in ’n plattelandse skool: aspirasionele kapitaal as navigasiemiddel
2021-05-11"Aspirasionele kapitaal stel leerders in staat om nie op teenswoordige hindernisse te fokus nie, maar te hoop vir en te droom oor ’n beter toekoms. Dit blyk dat nie-materiële hulpbronne, soos waardes, norme en ondersteuning, leerders se aspirasies kan help vorm."
Assessering van die ruimtelike aard van armoede in Suid-Afrika met behulp van satelliettegnologie
2021-04-26"Die kern van die ruimtelike kartering van armoede op ’n ruitnetwerk is dat ruimte inderdaad saak maak, in die sin dat armoedevlakke op een plek verband hou met wat op naburige plekke gebeur. Daar bestaan nie net ruimtelike verhoudings nie, maar dit lyk asof armoede fundamenteel verband hou met bepaalde ligging."




