LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks "werf" in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog

Susan Smith LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-04-04

"Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?"

Epistemologiese oorwegings by die Neo-Calvinistiese afwysing van die teokratiese inslag van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis

J.A. Schlebusch LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-03-28

"Die Neo-Calvinistiese benadering tot artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis verteenwoordig ongetwyfeld ’n radikale breuk met die teokratiese inslag van hul Gereformeerde voorgangers."

’n Blik op graad 9- Afrikaans Huistaalleerders se ervaringe rakende formatiewe assessering vir taalontwikkeling

Natalie Smith, Marguerite Müller, Edwin Darrell de Klerk LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-03-22

"Terwyl formatiewe assessering rigtinggewend is ten opsigte van hoe leerders hul vordering kan verbeter, dien dit eweneens as rigtingaanduider vir toekomstige assesseringsbesluite wat deur ’n onderwyser geneem kan word."

Vonnisbespreking: Beheer oor eiendom as faktor by die oorweging van die toelaatbaarheid van getuienis wat by wyse van onregmatige visentering verkry is

Pieter du Toit LitNet Akademies (Regte) 2022-03-14

"Die hof se gebruik van die faktore wat normaalweg in ag geneem word om oor die toelaatbaarheid van ongrondwetlik verkreë getuienis te beslis, is nie noodwendig geskik om oor die kwessie te beslis waar die visentering op grond van ’n onreëlmatige lasbrief plaasgevind het nie."

Vonnisbespreking: Deliktuele aanspreeklikheid weens ’n gladde winkelvloer

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2022-03-11

"Waar die eienaar of beheerliggaam die taak om die besigheid skoon van stortsels te hou aan ’n onafhanklike kontrakteur opgedra het, sal hierdie persone net aanspreeklik gehou word vir skade wat die kontrakteur veroorsaak het indien eersgenoemde self ook ’n delik begaan het."

Samestelling van multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes in Intermediêre en Senior Fases ter bevordering van selfgerigte leesprosesse

Ronel van Oort LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2022-03-09

"Leerders neem verder eienaarskap van hulle eie lees-, leer- en skryfprosesse deur aan die reflektiewe leeraktiwiteite van ’n MRL deel te neem, en dit dra daartoe by dat leerders se selfverantwoordelikheid ontwikkel word ..."

Betwiste staatskap: Die TBVC-state in vergelykende internasionale perspektief

Deon Geldenhuys LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-03-07

"Op veiligheidsgebied het Suid-Afrika en die TBVC-lande ten nouste saamgewerk, insluitend met die vestiging van hul onderskeie weermagte. Suid-Afrika het ook, soos genoem, met elk van die vier lande ’n nie-aanvalsverdrag gesluit."

Die industrialisering van mimese: In gesprek met die denke van René Girard en Bernard Stiegler oor outomatisering

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-03-03

In hierdie artikel word outomatisering as vername aspek van kunsmatige intelligensie ontleed aan die hand van die denke van Bernard Stiegler en René Girard, met spesifieke aandag aan Stiegler se boek Die outomatiese samelewing 1.

Verwondering ondanks verwonding. Tussen aftakeling (verganklikheid) en ontkieming (onverganklikheid) ‒ oor die spirituele estetika van ’n “pneumatiese liggaam” binne die knyptang van veroudering, sterwe, graf en dood

Daniël Louw LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-02-28

"Goddelike bekleding is die teologiese misterie binne-in die doodsheid van die dood; ’n vorm van 'onsterflikheid' verhul in die dinamika van die opstandingshoop."

Op soek na regsekerheid in die warboel van abduksie, menseroof en mensehandel

Beatri Kruger LitNet Akademies (Regte) 2022-02-23

"Daarom is die onduidelikheid in wetgewing en regspraak in verband met die drie misdrywe kommerwekkend. Dit kniehalter regsekerheid en belemmer die suiwer toepassing van die reg."

Van daar na waar? ’n Oorsigtelike blik op die herstandaardiseringsdebat van Afrikaans

Earl Basson LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-02-23

"Ek stel voor dat skoolhandboeke ’n gepaste bron is om Afrikaans te herstandaardiseer, omdat dit enersyds tekste is met erkenning van amptelike liggame soos die Departement van Basiese Onderwys en andersyds aanduidend is van die sosiopolitieke ideale van ’n samelewing."

"dié dag, / leef jy twee maal": Anna Neethling-Pohl se vertalings van vyf en twintig Shakespeare-sonnette as performatiewe spraakhandelinge

Danie Stander LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-02-02

"In hierdie opsig kan Neethling-Pohl as ’n Janus-figuur beskou word: In ’n terugskouende opsig vind sy in Shakespeare se sonnette ’n vertolking van haar belewenis van veroudering. Omgekeerd sou dit só gestel kon word: dat sy in haarself ’n 'herhaling' bespeur van die kwessies wat deur sy sonnette te berde gebring word en dit dan aan haar gehoor oordra."

Gemeenskapsweerstand teen stedelike ontwikkeling in stadsbeplanning: Twee gevallestudies van inwoners van Die Bult, Potchefstroom, se belewenisse van plekgehegtheid, met spesifieke verwysing na verplasingsliteratuur

Tarina Jordaan, Karen Puren LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-01-25

"Wanneer mens-plek-verhoudinge wankel weens omgewingsveranderinge – maak nie saak wat die skaal of oorsaak daarvan is nie – is die ervarings van rou en verlies dieselfde."

Johannes Chrusostomus se pedagogiese eksegese: Die geval van die toring van Babel (Gen. 11:1–9)

Chris L de Wet LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2022-01-11

"Daar is in hierdie artikel getoon dat Chrusostomus se eksegese ’n onmisbare pedagogiese aard weerspieël. Hy stel minder belang in groot teologiese kwessies soos die Drie-eenheid. Hy probeer eerder om aan sy gehoor praktiese riglyne en waarskuwings te gee oor hoe hulle moet dink en hulself gedra."

’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte

Adéle Kotzé, Angelique van Niekerk LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2022-01-04

"Alhoewel die onderskeie tipes objektivering verteenwoordigend in die advertensie-ontledings voorkom, is die voorkoms van emosionele objektivering opmerklik en begryplik, aangesien nostalgiegedrewe advertensies hoofsaaklik op die emosies van persone in die teikenmark inspeel."

Die oorsprong van die (Hollands-)Afrikaanse joernalistiek, die tydsgewrig, en Abraham Faure as pionier

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-17

"Abraham Faure was skynbaar die regte persoon op die regte tyd op die regte plek. Verskeie bronne beskryf hom as ’n Renaissance-mens wat, hoewel klein van postuur, ’n groter as groot figuur in sy tyd aan die Kaap was."

’n Veelkantige besinning oor eutanasie

Jaco Beyers LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2021-12-15

"’n Balans is belangrik: beskerm die lewe, maar moenie die dood verhinder nie. Om uitvoering daaraan te gee, sal daar besin moet word oor wat die swaarste weeg: die reg om te lewe of die reg om te sterwe."

Struikelblokke in kruislinguistiese en -kulturele pediatriese spraak-taalterapie en strategieë vir die bevordering van kultuurveilige praktyke: ’n omvangsbepaling

Mariëtte Botha, Berna Gerber, Anita van der Merwe LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-14

"In ’n kultureel en linguisties diverse land soos Suid-Afrika bestaan daar ’n belangrike behoefte om spraak-taalterapiedienste te lewer wat kultuurveilig van aard is."

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2021-12-13

"Die bevinding is dat 'Christ of the burnt men' ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê."

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs, Corene de Wet LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2021-12-13

"Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef."

Top