LitNet Akademies

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:

Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.

• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Neerslae van mediosferiese veranderings, veral die meer onlangse digitale wending, in die skep en ervaar van digkuns, gedemonstreer met Afrikaanse voorbeelde

Bernard Odendaal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-08

"Hierdie oorsigtelike ondersoek fokus op die wyses waarop mediosferiese veranderings [...] met name die vestiging van die boekdrukbedryf sedert die 15de eeu en, vanaf die laat 20ste eeu, die ontwikkeling van digitale programmatuur en apparatuur, die skep, bemiddeling en ontvangs van poësie geraak het."

’n Beskrywing van fonologiese patrone by Afrikaanse kinders van 24 tot 72 maande: ’n retrospektiewe ondersoek

Simóne du Plessis, Mia le Roux, Salomé Geertsema, Marien Alet Graham LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-02-06

"Hierdie ondersoek verskaf ’n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van fonologiese patrone (FP’e) by 24–72 maande oue kinders in die Afrikaanse bevolking. Daarbenewens lewer die navorsing ook kommentaar op die verskille in die voorkoms van FP’e tussen seuns en dogters."

Die produksieprofiel en -patrone van prente- en geïllustreerde kinderboeke in Suid-Afrika in die 21ste eeu (2000–2020)

Leoné Tiemensma LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-29

"Hierdie artikel ondersoek die produksie van prente- en geïllustreerde kinderboeke binne die raamwerk van die literêre sisteem. Die ontleding van die saamgestelde oorkoepelende produksieprofiel dui die uitgewerye en produksiepatrone in hierdie genre vir die tydperk 2000 tot 2020 aan."

Help hulle inkom én deurkom: Sienings oor studentetoegang en -sukses in regsopleiding in Suid-Afrika

Leani van Niekerk LitNet Akademies (Regte) 2024-01-24

"In teenstelling met gelykheid, wat beteken om elke student dieselfde geleenthede te bied, behels billikheid die voorsiening van geleenthede wat in ag neem dat sommige studente deur benadeling gekniehalter word. Gelykheid is dus om almal oor dieselfde kam te skeer; billikheid is om mense te gee wat hulle nodig het na gelang van hul 'wegspringpunt'."

Khôra en kaar: ’n bespreking van khôra en interpretasie van Marlene van Niekerk se gedig "Woordverklaring"

Elizabeth van der Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-23

"Wat aanleiding gegee het tot hierdie artikel, is die basiese semantiese ooreenkoms tussen die woord kaar soos dit uit Marlene van Niekerk (2013:20) se gedig 'Woordverklaring' blyk, en die platoniese begrip khôra, synde 'houer'. As komplekse filosofiese begrip, word khôra egter ook met ’n hele spektrum ander betekenisse verbind."

Leemtes in die gebruik van kohesiemerkers in die skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders

Nadine Fouché-Karsten LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-22

"Die bewerkstelliging van kohesie deur middel van die gebruik van kohesiemerkers wat deur verskillende taalvorme gerealiseer word, speel ’n belangrike rol gedurende teksproduksie en -interpretasie […] Met ander woorde, dit het betekenisintegrasie tot gevolg, aangesien dit vir die leser aandui dat ’n idee van een punt in die diskoers na ’n volgende voortgesit word en hoe die verskillende dele van ’n teks by mekaar pas."

Die gebruik van gedigte vir Afrikaanstweedetaalstudente in ’n taakgebaseerde benadering: ’n gevallestudie

Allison Matroos LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-17

"Dit wil voorkom of die gebruik van gedigte in die taalverwerwingsklas wél studente se woordeskat en begrip van Afrikaans kan verbeter. Die taakgebaseerde benadering het ten doel om studente prakties en teoreties met taal te laat omgaan. Gedigte prikkel taalaanleerders se kreatiwiteit en wek in hulle ’n aanvoeling vir taal."

Multimodaliteit as vertaaluitdaging van strokiesprentvertaling: Calvin and Hobbes as gevallestudie

Lerie Tredoux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-15

"In hierdie artikel word uitsluitlik op die multimodale uitdagings, oftewel teksspesifieke uitdagings van strokiesprent­vertaling, gefokus: die vertaling van nieverbale elemente, oftewel die hantering van multimodale kwessies. Ondersoek is na die vertaalproses van strokiesprente ingestel om aan te dui voor watter vertaaluitdagings die vertaler in die besonder tydens die vertaling van ’n multimodale teks (soos ’n strokiesprent) te staan sal kom, en hoe die vertaler hierdie uitdagings kan oplos of oorkom."

’n Evaluering van die Pharos Junior Tweetalige Skoolwoordeboek volgens die KABV-vereistes

Nina-Lari Brewis LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-12

"Indien die onderwyser nie tyd maak vir woordeboekgebruik in klasse nie, sal leerders nie weet hoe om ’n woordeboek te gebruik nie, of dit nie wil raadpleeg indien hulle onseker is oor die spelling of die betekenis van ’n woord nie."

Matteus 5–7: ’n Spelteoretiese studie van die Bergrede

Esranel Becker, Lieschen Venter LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2024-01-11

"Die Bergrede kan gesien word as strategieë wat op Christelike beginsels geskoei is. Hierdie strategieë blyk teenintuïtiewe strategieë vir sosiale dominansie te wees. Is hierdie dominansie egter ’n regmatige vorm van oorwinning in die spel van die lewe en hoe kwantifiseer ons dit?"

Potensiaal van Pentekostalistiese prediking om geslagtelike identiteit te vestig

Marius Nel LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2024-01-09

"Dit is nodig dat prediking doelbewus van die bestaande hegemoniese ideologie losgemaak word deur Pentekostalistiese taal te versaak wat ’n tydgerigte en kontekslose begrip van geslag en familie uit enkele Bybelse tekste aflei."

Die voortgesette ontwikkeling van studies in Middeleeuse seksualiteit

Johann Beukes LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2024-01-08

"Hoe ’n samelewing oor seks dink en praat, ontbloot veel van daardie samelewing se grondliggende opvattinge oor onder meer identiteit, vryheid, moraliteit en geregtigheid. Seksualiteit, die diskoers oor seks, hou dus kultuurkritiese gevolge in."

’n Kritiese ondersoek en resensie van die handboek Piekfyn Afrikaans vir Graad 8 Huistaal

Nandi Victor LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2024-01-05

"Die onderwys is reeds stresvol genoeg en onderwysers se werkslading is hoog. Daarom is ek van mening dat dit onnodig is om nog verder te moet stres oor ’n handboek wat nie op standaard is nie."

Die belangrikheid van gehaltebestuurstelsels in forensiese DNS-toetslaboratoria in Suid-Afrika

Joe H. Smith, Juanida S. Horne LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-12-09

"Akkreditasie is noodsaaklik vir forensiese wetenskapslaboratoria omdat dit die akkuraatheid, betroubaarheid en gehalte van toetsresultate wat deur die laboratoria gelewer word, bevestig."

Ondersoek na die ekonomiese lewensvatbaarheid van kommersiële olyfboerdery in die Noordwes-provinsie van Suid-Afrika

Anet Magdalena Smit, Wessel Johannes Badenhorst, Marthinus Jacobus Botha LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-12-04

"Die studie sal bewustheid van die ekonomiese lewensvatbaarheid van olyfboerdery bevorder. As olyfboerdery ekonomies lewensvatbaar is en boere dit aanvaar, sal dit werk skep en die ekonomie stimuleer."

’n Ondersoek na die gebruik van vertaalmetodes deur Afrikaanstaalverwerwingstudente

Asambese Mkumatela LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2023-12-01

"Die dosent kan vertaling in die tweedetaalklaskamer gebruik, veral vir moeilike woorde en terme, want dit help om die studente minder angstig te laat voel en sodoende word die studente deur die ontspanne atmosfeer aangemoedig en gemotiveer om deel te neem."

Suid-Afrikaanse ouers se dilemma: Is die muis nou baas? Die soeke na groter sekerheid oor lyfstraf tuis

Rinda Botha LitNet Akademies (Regte) 2023-11-30

"Die ongrondwetlikheidsverklaring kom te midde van ’n krisis oor geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika en is in daardie opsig begryplik. Nogtans val dit ook saam met ’n drastiese agteruitgang in kinderdissipline en -gedrag en onrusbarende jeugmisdaadsyfers."

Vraagtekengebruik in gebruikerskommentaar op Afrikaanse webtuistes: ’n korpuslinguistiese studie

Lisa Kruger LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2023-11-30

"Die gebruik van vraagtekens en ander leestekens om elemente soos intonasie, luidheid, tempo en pouses aan te dui, dui daarop dat daar by informele geskrewe internettaal ’n behoefte is om paralinguistiese tekens te gebruik."

Onderrigtaalkeuses van Afrikaanse rekeningkundestudente: faktore, gevolge en aanbevelings

Gretha Steenkamp, Petro Gerber LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-30

"By die Universiteit Stellenbosch (US) kan rekeningkundestudente kies om óf in Afrikaans óf in Engels onderrig te ontvang. Ná die aankondiging dat die eksterne rekeningkundige raadseksamens vanaf 2022 slegs in Engels geskryf kan word, bevraagteken Afrikaanssprekende rekeningkundestudente egter hul keuse van onderrigtaal."

’n Oorsigtelike ondersoek na die oorweging en toepassing van openbare belang tydens Suid-Afrikaanse samesmeltings en oornames

Anton van Wyk, Anmar Pretorius, Derick Blaauw LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) 2023-11-29

"Die bevindinge toon dat daar elke jaar baie samesmeltings (met plaaslike asook internasionale vennote betrokke) in Suid-Afrika plaasvind, met ’n totaal van 3 263 oor ’n tydperk van 10 jaar."

Top