LitNet Akademies
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlyn joernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Om navigasie te vergemaklik, is dit verdeel in die volgende onderafdelings:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Al hierdie afdelings vorm deel van die aanlyn joernaal LitNet Akademies. Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers. Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
Lees meer oor LitNet, die node vir akademiese skryfwerk en www.voertaal.nu.
• Navrae en voorleggings kan gerig word aan akademies@litnet.co.za
• LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
• Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Die assessering van akademiese opstelle: ’n vergelykende studie tussen ChatGPT-4o as KI-gebaseerde assesseringshulpmiddel en tradisionele dosentgebaseerde assessering
2025-08-19"Ons het bevind dat hoewel ChatGPT-4o vinnige en objektiewe terugvoer gebied het, dit nie volledig aan die beginsels van gehalteassesseringspraktyke voldoen het nie."
Teologiese perspektiewe op digitale nalatenskap
2025-08-15“Digitale beelde van die afgestorwene kan eerbiedig aangebied word as ’n herinnering aan die bestaan van die afgestorwene, maar nie as ’n plaasvervanging of illusie van die bestaan van die afgestorwene nie.”
’n Onderrigraamwerk vir selfgerigte lees van letterkunde in Afrikaans Eerste Addisionele Taal
2025-08-14“Afrikaans EAT-leerders se swak leesbegrip word toegeskryf aan ’n gebrekkige woordeskat, onkunde rakende leesstrategieë, gebrekkige belangstelling, vreemdetaalonderrig en swak taalvaardighede.”
Pedagogiese faktore wat kurrikulumdifferensiasie in die Grondslagfase beïnvloed
2025-08-12"Kurrikulumdifferensiasie het ten doel om leerders met ’n verskeidenheid van uiteenlopende lede van hul portuurgroep en ten opsigte van verskillende take te laat saamwerk ‒ nie alleen om alle leerders se vermoëns te ontgin nie, maar ook om ondersteuning te bied aan daardie leerders met uiteenlopende opvoedkundige behoeftes."
’n Woke perspektief op seksuele geweld en #MeToo in Zelda Bezuidenhout se Quinn se jaar van kwik (2024)
2025-08-04“Vanuit die tematiese ontleding beskou ons Quinn se jaar van kwik as woke. Met die ontleding het ons bevind dat die drie hooftemas ook met mekaar in verband gebring kan word en só bied die verhaal ’n genuanseerde blik op seksuele geweld.”
Die voorposdenke van W.P. Esterhuyse, soos weerspieël in die pers (1973–1987)
2025-07-29“Desondanks kan tot die gevolgtrekking gekom word dat Esterhuyse oor die beste deel van twee dekades as openbare intellektueel ’n rol gespeel het in die voorbereiding van Afrikaners vir ’n nuwe politieke en sosiale bedeling.”
Evaluering van die finansiële haalbaarheid van organiese lamproduksie in Suid-Afrika te midde van prysuitdagings
2025-07-24"Op grond van die teoretiese raamwerk van volhoubare landbou, ondersoek hierdie studie die ekonomiese implikasies van organiese boerdery as ’n moontlike oplossing vir die verbetering van winsgewendheid en die belyning met die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (VOD)."
Die stemme van kundige en ervare beoefenaars van assessering by die herformulering van standaarde van assessorbevoegdheid in onderwyseropleiding
2025-07-21"Terwyl literatuurstudies en dokumentontleding navorsing aangaande standaarde kan inlig en ’n oorsig kan gee van hoe standaarde tans in literatuur beskryf word, moet die stemme van ervare en kundige beoefenaars van die assessering van onderwysstudente ook ingesluit word om die herformulering van standaarde te lei."
Die doeltreffendheid van die gebruik van vertaalde gesprekstorieboeke vir die ontwikkeling van wiskundewoordeskat en wiskundevaardigheid in klasgroepe
2025-07-18"Die deelnemende kinders is ewekansig in ’n intervensiegroep (n = 35) en ’n vergelykende groep (n = 26) verdeel waarna onderwysers drie gesprekstorieboeke oor ’n tydperk van vier weke minstens vier maal vir die intervensiegroep leerders gelees het om wiskundegesprekke in die klas te ontlok. "
Die gebruik van taakgebaseerde aktiwiteite in Afrikaans Huistaal graad 4: ’n vergelykende ontleding
2025-07-14"Hierdie vergelykende ontleding van die twee handboekreekse toon dat daar ’n werklike behoefte aan ’n konseptuele raamwerk bestaan wat taalkunde-onderrig, volgens die taakgebaseerde benadering, kan rig."
Kunsmatige-intelligensie-Jesus-kletsbotte se uitdaging vir teologie: ’n verkennende studie
2025-07-10"’n Teologiese uitdaging wat KI skep en wat nog nie aangespreek is nie, is die bekendstelling van verskeie 'Jesus-kletsbotte', soos AI Jesus en Virtual Jesus. Die teologiese uitdaging wat hierdie kletsbotte bied, is uniek en waarskynlik die belangrikste KI-verwante kwessie vir teologie: Hulle boots nie ’n mens na nie, maar vir God."
Die organisatoriese transformasie van die Oranje-Vrystaatse krygsmag in die periode Oktober 1899 tot Julie 1900
2025-07-10"Die posisie en rol van range soos die Vrystaat se staatspresident, hoofkommandante, assistenthoofkommandante en veggeneraals word bespreek. Toepaslike wette en die gepaardgaande regsimplikasies word ook ontleed."
’n Teologiese perspektief op die benadering en bydrae tot die kerk se getuienis in die liedjies van die musiekgroep Prophet
2025-07-03"Die navorsingsdoelwit is die evaluering van Prophet se rol in en benadering in verhouding tot die kerk se getuienisroeping binne die konteks van God se regering (koninkryk). Dit behels ’n kwalitatiewe beskrywende ontleding van lirieke, met verwysings na toepaslike kontekste van ’n aantal uitgesoekte liedjies wat die groep oor ’n tydperk van 28 jaar vrygestel het."
Die ontwikkeling van ’n akademieseveerkragtigheidskaal (AVS): nommerpas vir die Suid-Afrikaanse konteks
2025-07-03"Hierdie artikel rapporteer oor die kwantitatiewe aspek van ’n groter gemengdemetodestudie, met die fokus op die antwoorde van studente met Afrikaans as huistaal. Die doel van die breër gemengdemetodestudie was om ’n betroubare en geldige akademieseveerkragtigheidskaal (AVS) vir die Suid-Afrikaanse konteks te ontwikkel."
Verkenning van die bepalers van talentbehoud van vroeëloopbaanakademici in Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings
2025-06-24"Dit is noodsaaklik om in werknemersopleiding en talentontwikkeling te belê, veral vir vroeëloopbaanwerknemers, as maatskappye volhoubaar wil groei. Die arbeidsmag wat hierdie groei dryf, word geraak deur groeiende vaardigheidsgapings wat deur werknemersopleiding en -heropleiding oorbrug kan word."
Die wortels, die takke en die vrugte: morele herstel in Suid-Afrika in die konteks van regsetiekonderrig in die LLB-graadprogram
2025-06-23"Die gevolgtrekking is dat nóg die Grondwet nóg die wortels van ons onderskeie tradisionele moraliteitskulture enige ruimte laat vir ondeurdagte aanslae op die oppergesag van die reg en die algemene morele verval in die land."
Praktiese riglyne vir kruislinguistiese en -kulturele vroeë kommunikasie-intervensie: ’n beoordeling deur belanghebbendes
2025-06-20"Spraak-taalterapeute moet kliënte uit verskillende taal- en kultuuragtergronde kan bedien. Nietemin toon navorsing dat die besonderse diverse taal- en kultuurkonteks van Suid-Afrika bepaalde uitdagings vir hierdie terapeute inhou."
Battery 9 as pioniers van industriële musiek binne die Afrikaanse rockmusiektoneel
2025-06-17"Hierdie artikel bespreek die konteks waarbinne Battery 9 ontstaan het met verwysing na die globale en plaaslike industriëlemusiektoneel [...] en toon aan hoe Battery 9 ten opsigte van styl met hierdie tonele skakel, maar veral ook deur die temas wat in hul lirieke aangespreek word."
Vonnisbespreking: Konteks en bedoeling – besinning oor die Hoogste Hof van Appèl se haatspraakuitspraak
2025-06-12"Terselfdertyd [...] is die fiktiewe karakter van die redelik ingeligte persoon ’n onhoudbare niksseggendheid aangesien die omvang van waninligtingsveldtogte op die internet en sosiale media die gedagte aan ’n 'redelik ingeligte persoon' waarlik ’n uitsondering op die reël maak."
Die lewende testament – Is daar regsekerheid in die Suid-Afrikaanse reg?
2025-06-10"Dit is belangrik dat regsekerheid aangaande die geldigheid van lewende testamente verkry word, aangesien ’n situasie kan ontstaan waar ’n persoon wat aan ’n terminale siekte ly, verwag dat behandeling gestaak of ’n ventilator afgeskakel moet word – en dat so ’n wens in ’n lewende testament vervat is."




