LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)

tao200

Telefoon: 021 886 5169
E-pos: akademies@litnet.co.za
https://doi.org/10.56273/1995-5928/LA
Alle gepubliseerde artikels is ooptoegang ingevolge lisensie CC BY-NC-ND.

LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.

Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.

Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.

LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:

Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.

  • LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
  • LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
  • LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
  • Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.

Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt)
E-pos: francis@litnet.co.za
Bioskets

Persepsies van hoe pa's by hul seuns betrokke behoort te wees

Jan Bodenstein, Awie Greeff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-12-02

"Die doel van hierdie eksploratiewe, kwalitatiewe ondersoek was om pa’s se persepsies van hoe hulle en ander pa’s by hul seuns se lewens betrokke behoort te wees, te verken."

Onderweg na goeie wetenskap 2: Die funksie van strategie, visie en beleid

Braam Roux, Fanie de Beer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-11-26

"Veel sterker nog as die impak van ewekniebeoordeling op goeie wetenskap is die impak van strategie, visie en beleid daarop. In hierdie verband het ons besluit om op twee betekenisvolle dokumente van hierdie aard te fokus."

“In die vyand se kraal”. Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women’s National Coalition

Loraine Maritz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-11-04

"In hierdie artikel val die soeklig veral op die Afrikanervrou en Afrikanervroue-organisasies wat by die WNC aangesluit het."

Avatar: ’n Mitologie vir ons tyd

Naas Ferreira LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-10-29

"Films het vir baie mense die Bybel as morele gids vervang en die skeppers van mites is vandag filmmakers wat hulle skeppings gebruik om die deur na die “ander kant” vir kykers oop te maak. Mites het mistieke, kosmologiese, sosiologiese en psigologiese funksies en beskryf die “reis van die held” om die “skat” te vind en na die mense terug te bring."

'n Waarderende ondersoek na die pedagogiese hoedanighede van Gerhardus P.V. Bosch

Jannie Pretorius LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-10-14

"Die sewe hoedanighede wat uit die onderhoude geïdentifiseer is, word gebruik om die positiewe kern van Bosch se pedagogie te identifiseer, asook om ’n profiel van uitstaande onderrig as deel van sy nalatenskap aan huidige en opkomende geslagte onderwysers saam te stel."

Die Oosgrenshipotese as geografiese en teoretiese konstruk

Heinrich Grebe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-10-06

"In hierdie artikel word die begrip Oosgrensafrikaans vanuit historiese en teoretiese perspektief nader ontleed en aangetoon dat dit mank gaan aan ernstige tekortkominge."

Die familiesage as volksverhaal: Afrikanernasionalisme en die politiek van reproduksie in Marlene van Niekerk se Agaat

Irma du Plessis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-09-28

"Wat is die verhouding tussen “roman” en “nasie” wat in Marlene van Niekerk se Agaat aan die orde gestel word? Wat is op die spel in ’n “politieke” ontleding van Agaat en wel in die partikularistiese terme van Afrikanernasionalisme?"

Eietydse ridders: ’n Vergelyking tussen Die mugu (1959) deur Etienne Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Jaco Fouché

Joan-Mari Barendse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-09-16

"In hierdie artikel word ’n vergelykende studie onderneem van Die mugu (1959) deur Leroux en Die avonture van Pieter Francken (2005) deur Fouché. Die tradisionele definisies van vergelykende literatuurstudie fokus op die vergelyking van tekste uit verskillende tale en lande en is nie geskik vir hierdie ondersoek nie."

Die Europese musiektradisie en die ontwikkeling van ’n Afrikaner-identiteit: ’n Oorsig van Afrikaanse musiekjoernalistiek in Die Brandwag en Die Nuwe Brandwag

Annemie Stimie LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-09-09

"Die hipotese van hierdie artikel is dat Afrikanernasionalisme, soos geteoretiseer deur geskiedkundiges en politieke wetenskaplikes, nie rekening hou met kulturele (spesifiek musiek-) diskoerse nie."

Afrikaans as lingua franca in Namibië, ca. 1800-1920

Gerald Groenewald LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-09-02

"Hierdie artikel gaan die vestiging, verspreiding en gebruik van Afrikaans as lingua franca na in prekoloniale en koloniale Namibië tot die Suid-Afrikaanse oorname, toe die taal amptelike status verwerf het."

Kleurvol hibried: Kleur kom nooit alleen nie en die talige ruimte van saambestaan

Marlies Taljard LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-08-18

"Die artikel ondersoek die belangrikheid van taal by die konstruksie van ruimte en identiteit in ’n postmodernistiese poësieteks, Kleur kom nooit alleen nie."

André Groenewald, populêre letterkunde en die Afrikaanse literatuurgeskiedenis

Philip John LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-08-13

"Die artikel lewer ’n pleidooi vir ’n meer sistematiese ondersoek na Afrikaanse populêre letterkunde en ontwikkelings daarin."

Enkele verklarings vir die strafregtelike vervolging van diere gedurende die Middeleeue en Renaissance

Nini Bennett-Moll LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-08-06

"Wat vandag lyk na ’n sinlose en bisarre praktyk, was in die Middeleeue roetine: die beskuldigdes (diere) is formeel gedagvaar en voor ’n hof gedaag; diere het die reg op verdediging gehad en is ook gevonnis, byvoorbeeld gehang, verbrand of toegesluit in ’n tronk."

Selfkennis, verstandigheid en inkarnasie: ’n interpretasie van Martin Versfeld se Oor gode en afgode

Ernst Wolff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-07-29

"In hierdie artikel word ’n interpretasie van Martin Versfeld se vroeë boek, Oor gode en afgode (1948), aangebied. Die doel van die artikel is om die belangrikste deurlopende argumente van die vyf afsonderlike opstelle van die boek te rekonstrueer en hulle onderlinge verband aan te toon."

Eros en lewe in die 21ste eeu

Bert Olivier LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-07-21

"Hierdie artikel is ’n poging om die onverbreeklike verband tussen Eros in die omvattende sin van (verskillende manifestasies van) liefde enersyds, en lewe, andersyds, te ondersoek."

’n Behoefte-analise as eerste fase in die ontwerp van ’n taakgebaseerde sillabus vir Afrikaans-tweedetaalonderrig op universiteitsvlak

Elbie Adendorff LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-07-15

"Die implementering van ’n meertalige taalbeleid in Suid-Afrika vereis die leer en onderrig van Afrikaans as ’n tweede of addisionele taal – meer spesifiek die onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan volwasse leerders."

Die uniekheid van die menslike denke

Danie Strauss LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-07-08

"Denke kan nie losgemaak word van begrippe en argumente nie, van die aard van analitiese denke en van die onderskeiding tussen waarheid en geldigheid."

Afrikanerskap en taal by 'n paar Afrikaanse skrywers en ander intellektuele in die 1890's

Jaap Steyn LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-06-30

"Met verwysing na die Genootskap van Regte Afrikaanders se onderskeid tussen Afrikaners met Engelse, Hollandse en Afrikaanse harte onderskeidelik gee die outeur ’n oorsig van die houdings van ’n paar Afrikaanse skrywers en ander intellektuele teenoor Afrikanerskap en die keuse van ’n kultuurtaal."

Onderweg na goeie wetenskap. Ewekniebeoordeling: betroubare weegskaal of vyfde wiel aan die wa?

Braam Roux LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-06-18

"Omdat beoordeling ’n kerndeel van goeie wetenskapsbeoefening uitmaak, is dit die doel van hierdie artikel om hierdie kritiek behoorlik aan die orde te stel en aan deeglike analise en evaluasie te onderwerp wat daarop sal dui dat hierdie stelsel ernstige beperkinge het en dat ’n meer bevredigende beoordelingsbenadering nodig is."

’n Voorlopige verkenning van postapartheid Afrikaanse protesmusiek

Burgert A Senekal, Cilliers van den Berg LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2010-06-03

"Teen die agtergrond van internasionale diskoerse rondom betrokkenheid en protesmusiek verskaf hierdie artikel ’n oorsig oor die lirieke van hedendaagse Afrikaanse protesmusiek."

Top