LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Transgressie in die voorstelling van gender in Die avonture van Wilde Willemientjie deur Riana Scheepers en Vian Oelofsen
2012-02-03 Prenteboeke kan kragtige werktuie in die manipulering van jong kinders tot die aanvaarding van gestereotipeerde genderrolle wees. Kinders identifiseer met die karakters in storieboeke en vorm sodoende ’n eie mening oor die self en die wêreld om hulle.'n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet
2012-01-25 “Indien die Suid-Afrikaanse grondwet oor ’n taalklousule beskik het wat in besonderhede uiteengesit het op welke wyse die inheemse tale hanteer en bevorder moet word, kon dit ’n belangrike rol gespeel het om hierdie tale te ondersteun en verengelsing teen te werk.”Die verband tussen vroeë apartheidsintellektualisering, Afrikanermusiekhistoriografie en die ontluiking van ’n apartheidsestetika in die toonkuns
2011-12-09 Westerse kultuur, Afrikanernasionalisme en “O, Boereplaas”Ondersoek na die impak van ’n akademiese geletterdheidsintervensie op eerstejaarstudente se akademiese taalvermoë
2011-12-08 Deurvloeikoerse aan universiteite is kommerwekkend laag en daar is verskeie redes hiervoor. Die mees voor die hand liggende en wyd gedokumenteerde is die skoolstelsel se versuim om leerders voldoende vir universiteitstudie voor te berei.“’n Almanak van klippe”: Laatwerk en Breyten Breytenbach se Die beginsel van stof (laat-verse, sprinkaanskaduwees, aandtekeninge)
2011-11-30 Teoretiese aspekte van laatwerk en laat styl, soos uiteengesit deur veral Theodor W. Adorno, Kenneth Clark en Edward Said, word gebruik om Breytenbach se “skemerbundel”, Die beginsel van stof, te ontleed. Vanuit ’n vergelykende literêre ...Moedertaalgebaseerde tweetalige onderwys: ’n moontlike oplossing vir Suid-Afrika se geletterdheids- en syfervaardigheidsprobleme
2011-11-30Hierdie artikel ondersoek eerstens die waarde van moedertaalonderrig vir leerderprestasie teen die agtergrond van die lae vlak van geletterdheid en syfervaardigheid.
’n Jungiaanse perspektief op die reekstekeninge van ’n seksueel mishandelde kind
2011-11-22 ’n Groot aantal kinders is slagoffers van seksuele mishandeling. Hierdie slagoffers presenteer met ’n wye verskeidenheid biopsigososiale gevolge wat hulle sosiale en emosionele ontwikkeling strem. Dit impliseer dat terapeutiese hulpverlening vir hulle ...Leergesprekke in universiteitsklaskamers: ’n Herwaardering
2011-11-18 Hierdie artikel bied ’n herwaardering aan van die waarde wat klaskamergesprekke kan hê vir doeleindes van leer. Dit is gebaseer op ’n ontleding van verskillende teoretiese perspektiewe op en gespreksontledingstudies van die aard van leergesprekke.Stellenboschstudente se rol in die vestiging van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch
2011-11-15 Die Afrikaanse literatuur gee uitgebreide aandag aan die geskiedenis van die pioniers van Afrikaans. Die belangrike rol van die jong studente aan die destydse Victoria Kollege op Stellenbosch kry egter weinig aandag. In werklikheid het hulle ’n groot rol in die ...“Dit kom daarop neer dat ek nie vergete was nie”: Die vroulike liggaam, gender en geweld in Suid-Afrikaanse slawenarratiewe
2011-11-11"Hierdie artikel bied ’n narratiewe ontleding van sowel historiese hofstukke as geselekteerde Suid-Afrikaanse romans wat fokus op slawerny in die Kaapkolonie."
“Moetie rai gammattaal gebrykie”: Die gebruik en waarde van ’n Tienerkaaps in gedrukte advertensies
2011-11-10Adam Small het met sy gebruik van Kaaps in sy dramas en digbundels daarin geslaag om Kaapse Afrikaans as literêre skryftaal te vestig. In hierdie studie word aan die hand van Howard Giles se sogenaamde Kommunikasie-akkommodasieteorie ...






