Joline Blignaut gesels oor haar akademiese agtergrond en ondersoek die gebruik en waarde van Tienerkaaps in gedrukte advertensies. Sy fokus veral op die persepsies van Kaapse Afrikaanssprekende tieners oor die gebruik van hul Tienerkaaps in die gedrukte media. Sy praat ook oor moontlike toekomstige navorsing en hoe effektief Tienerkaaps gebruik kan word in die vermaaklikheidsbedryf, wat dan ook radio, televisie en toneel insluit.