LitNet Akademies (Geesteswetenskappe)
|
Telefoon: 021 886 5169 |
![]() |
![]() |
|
|
||
LitNet Akademies, as onderafdeling of node van LitNet waar portuurbeoordeelde artikels gepubliseer word, vorm ’n geakkrediteerde akademiese aanlynjoernaal wat Afrikaanse navorsingsartikels publiseer. ’n Kern-doelstelling van LitNet Akademies is om Afrikaans as akademiese en vaktaal te bevorder, en derhalwe word slegs artikels wat oorspronklik in Afrikaans gekonseptualiseer en geskryf is, gepubliseer.
Hierdie spesifieke been van LitNet Akademies bevat artikels van geesteswetenskaplike aard. Al hierdie artikels vorm deel van die aanlynjoernaal LitNet Akademies.
Hierdie geakkrediteerde gedeelte van LitNet is volkome geïntegreer met die LitNet-hiperteksomgewing: Die akademiese artikels wat hier geskakel word, word aangevul deur LitNet-onderhoude, videogrepe op LitNet se YouTube-kanaal, aanlyndebatte op LitNet se Seminare & Essays en resensie-essays in ons node Boeke en skrywers.
LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) skakel nou met ons onderafdelings vir:
- LitNet Akademies (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
- LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)
- LitNet Akademies (Natuurwetenskappe)
- LitNet Akademies (Opvoedkunde)
- LitNet Akademies (Regte)
Elke artikel wat hier gepubliseer word, is dus deel van ’n multidissiplinêre en dinamiese benadering binne ’n hiperteksomgewing.
- LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling is oop vir voorleggings. Stuur jou artikel aan akademies@litnet.co.za.
- LitNet Akademies sal voortaan R12 000 betaal vir elke nuwe voorlegging wat vanaf 1 Julie 2022 ontvang en vir publikasie aanvaar word.
- LitNet Akademies vra geen bladgelde van bydraers nie.
- Die skrywers van artikels of ander materiaal behou kopiereg.
Klik hier vir stylriglyne vir voorleggings en laai die voorleggingsvorm wat saam met artikels gestuur moet word, hier af.
![]() |
Geesteswetenskappe-redakteur Francis Galloway (DLitt) E-pos: francis@litnet.co.za Bioskets |
Amerikaanse sielkunde en die liberale ideaal
2003
2007-06-13
Akademiese publikasies soos die artikel “Political Conservatism as Motivated Social Cognition” deur die Amerikaanse sielkundiges John Jost, Jack Glaser, Arie Kruglanski en Frank Sulloway (2003) trek nie gewoonlik veel aandag by die ...
Kennis van sensuur
2004
2007-06-13
Met die jongste heruitgawe van Kennis van die Aand in Human & Rousseau se Klassiek-reeks kan ek dit eintlik nie verhelp om terug te dink aan die gedoe rondom die verbod op die boek net mooi dertig jaar gelede nie. Vandag is dit moeilik, selfs vir ...
Dryfhout: die ontstaansgeskiedenis
2004
2007-06-13
In sellofaan verseël DJ Opperman het gesê hy praat nie oor brood in die oond nie. Dis 'n wyse beleid wat gerus deur ander skrywers gevolg kan word, want die muse is 'n kribbige ou dame wat geheimhouding van haar kliënte eis, en by ...
Erotiese verhulling as invalshoek vir outobiografiese prosa
2004
2007-06-13
Daar word beweer dat daar 'n storieboek in elkeen van ons steek. Op 'n dag, die dag toe jy jou verstand kry, trek jy 'n laai oop en daar is jou storie in al sy gedaantes en skakerings, aanwesig in 'n veelheid van fasette in tientalle vakkies en ...
Hoe dit gekom het dat ek Poppie geskryf het
2004
2007-06-13
Nou onlangs met 'n besoek aan Namibië staan ek weer langs die gruispad net buitekant Tsumeb waar ek in 1974, dertig jaar gelede, staan en kyk het na die lang konvooie vlugtelinge wat uit Suid-Angola oor die grens die destydse Suidwes-Afrika ...






