Die land is geskok oor die liggame van tot op hede nege vroue wat in Ekurhuleni ontdek is nadat hulle vermoedelik die slagoffers van ’n reeksverkragter en -moordenaar was.
Heindrich Wyngaard praat hieroor met die organisasie Sonke Gender Justice se Bafana Khumalo.
YouTube-skakel na onderstaande onderhoud: https://youtu.be/BPMpsZS3hmU?si=xXcfNl-ovEuENVs7
Foto: © WilliamCho, geplaas op 13 Februarie 2017 (Pixabay.com)


Kommentaar
With all due respect, gender based violence is a huge challenge in our, and many other countries, no doubt about that. But: seral killers are usually psychopaths, and to believe someone like that was born as a normal person and can be rehabilitated shows a total lack of understanding of the motives and make-up of serial killers. Go read up on that, like Micki Pistorius's book "Fatal Females," or just Google it, there is a host of material on the subject - serial killers are not the product of paternalism, they are inhuman predators and are born like that. To curb this type of crime, you first need to understand it.
Daar is nou opsigtelik naarstigtelik aan die werk gespring om die psigopaat/ psigopate op te spoor - dae lank al is die gruwelike gebeure aan die orde.
In die afgelope tyd was daar drie of meer gruwelike nagtelike voertuigbotsings waarinsoms 20-25 mense telkemale opslag gesterf het.
Lyk my dit word net so terloops in die verbygaan gemeld.
Met geen naarstigtelike pogings dit te verhoed nie.
Korrek Francois. Dit is die polities korrekte ding om alles op die patriargie te gaan blameer. Dis veel minder lekker om te erken dat Suid-Afrika pateties bestuur word. Lande soos Koeweit, Egipte, Saudi Arabie, Oman, Katar, Iran, Jordanie, Bahrein, al die plekke is veel meer patriargaal as Suid-Afrika, maar hulle moordsyfers is laer. Mense kry die regering wat hulle verdien.
Daar is ongeveer 31,8 miljoen mans in Suid-Afrika, wat sowat 48,6% van die totale bevolking uitmaak. (Statistics South Africa)
Net 'n vraag of twee - hoeveel reeksmoordenaars in SA? Is Patriargie die werklike rede?
Die wortel van geweld lê in menslike sondigheid, nie bloot in ’n bepaalde sosiale struktuur soos "patriargie" nie. ’n Vader of gesagsdraer mag nooit sy gesag misbruik of kinders en ander mense mishandel nie; gelowiges moet kwaad weerstaan, geregtigheid bevorder en ander met liefde behandel.
As ek na die man luister, dan bevestig hy dat Suid-Afrika se IK gemiddeld 69 is. Ons is in die moeilik omdat mans "weak" word. Wie gaan die samelewing lei as mans so swak word?