Wyngaard Weekliks: Wat woel by FW se stigting? word gevra ná Van der Rheede se bedanking
2026-09-25Die FW de Klerk-stigting se aankondiging dat hulle hulle distansieer van uitsprake deur hul uitvoerende hoof, Christo van der Rheede, het die vraag laat ontstaan: Wat gaan daar aan? Heindrich Wyngaard probeer antwoorde kry by ’n raadslid, Coetzee Bester, en die politieke joernalis Gert van der Westhuizen.
Die ANC en die Verkiesingshof: Niks salf meer te smeer aan ANC nie, sê dié ontleders
2026-09-18Munisipale verkiesing 2026: Die ANC hou voet by stuk dat dit die Verkiesingskommissie se aanlyn stelsel was wat die party gepootjie het met die registrasie van kandidate. Die politieke ontleders Roland Henwood en Oscar van Heerden sê aan Heindrich Wyngaard dit is nóg ’n teken van ANC-agteruitgang.
Dit is die patriargie in ons samelewing wat reeksmoordenaars baar
2026-09-17Die land is geskok oor die liggame van tot op hede nege vroue wat in Ekurhuleni ontdek is nadat hulle vermoedelik die slagoffers van ’n reeksverkragter en -moordenaar was. Heindrich Wyngaard praat hieroor met die organisasie Sonke Gender Justice se Bafana Khumalo.
Wyngaard weekliks: Waarom sukkel die DA om die PA se taktiek teen te werk?
2026-09-08Die vraag oor waarom die DA skynbaar sukkel met ’n strategie wat as teenvoeter vir die PA se opmars kan dien, is die onderwerp van ’n onlangse veelbesproke rubriek deur Johann Maarman. Hy praat hieroor met Heindrich.
Wat maak van die mens op die plakkaat ’n geskikte burgemeesterskandidaat?
2026-08-19"Dit bepaal hoe ingelig, ernstig, bekwaam of gekwalifiseerd ’n kandidaat is om uiteindelik die kritieke rol van drywer van die munisipaliteit se visie te vervul."
Wees gewaarsku: Ná bek-en-klouseer bring varkpes, voëlgriep en slenkdalkoors dalk ’n nuwe landboukopseer
2026-08-19"Lank voor Steenhuisen die portefeulje sou behartig het, was Thoko Didiza ’n betreklik gewilde minister van landbou, wat steeds geprys word vir die wyse waarop sy ’n goeie verhouding met boere opgebou het."
Wil jy rêrig dié kandidaat as burgemeester hê?
2026-08-14Die politieke ontleders Tessa Dooms en Christo van der Rheede bespreek die aanwysing en rol van burgemeesterskandidate met Heindrich in hierdie aflewering van Wyngaard Weekliks.
Notas oor ’n skrywer se begrafnis: "Bettina Wyngaard was ’n denneboom."
2026-08-14"Maar die wetenskap sê dennebome (Pinus) is uitheemse moeilikheidmakers wat met ’n diep wortelstelsel waterbronne uitput en ook inheemse fynbos afknou. Wanneer dit egter so netjies langs ’n hoofpad of ’n plaaspad staan, uittroon bó mensdom en motors, maak dit tog ’n besonderse indruk."
Wyngaard Weekliks: Noudat bek-en-klouseer beter gehanteer word, wag varkpes en ander krisisse om die draai.
2026-08-11Terwyl die fokus in landboukringe nog stewig op die bek-en-klouseer-krisis in Suid-Afrika is, maan die landbou-ekonoom Johann Kirsten dat die volgende krisisse – waaronder varkpes – reeds met ons is. Hy praat met Heindrich Wyngaard na aanleiding van sy onlangse meningsartikel oor bek-en-klouseer en verwante sake.
Suid-Afrika is nie ernstig oor plaaslike regering nie, sê dié ontleder
2026-07-16"Oor konsultante is hy uiteindelik van mening dat dit goed of sleg kan wees. Dit is goed wanneer vaardigheidsoordrag geskied; dit is sleg wanneer afhanklikheid geskep word."
Bafana Bafana en die 2026-Sokkerwêreldbekertoernooi
2026-07-16"Sportprestasies versterk wel die gevoel van samehorigheid in ’n land wat vertroud is met verdeeldheid – en ons durf dit nie geringskat nie."
Wyngaard Weekliks: Die regte mense met die regte vaardigheid sal munisipaliteite regruk
2026-07-08Munisipaliteite se geldbestuur en dienslewering kan reggestel word indien mense met die nodige kundigheid én toegewydheid aangestel word, sê Harlan Cloete, ’n politieke kommentator. Hy praat met Heindrich Wyngaard oor die ouditeur-generaal se jongste bevindings oor plaaslike regering.
Steenhuisen is straks ’n slagoffer van die DA se ingesteldheid as “merietegedrewe party”
2026-06-30"In die Afrikaanse media, waar die nuus van Hill-Lewis se beplande kabinetskuiwe eerste bekendgemaak is, was die verslaghoek dié dat dit blykbaar die 'taaiste besluit ooit' vir die nuwe leier was. In die Engelse media was daar ’n ander soort aanslag, naamlik dat verdeling in die party – weens die leier se 'eensydige' skuiwe – na die oppervlak gebring is."
Wyngaard Weekliks: Bafana-prestasie sorg vir ’n welkome ubuntu-oomblik
2026-06-26Heindrich Wyngaard praat met Gert van der Westhuizen, ’n voormalige sportjoernalis, oor Bafana Bafana se oorwinning teen Suid-Korea in die 2026 Fifa Sokkerwêreldbekertoernooi. Dit het die Suid-Afrikaanse span teen alle verwagtinge in tot die uitspeelrondtes laat deurdring.
Wyngaard Weekliks: Nuwe besems mág skoon vee, sê dié ontleder oor GHL se RNE-skuiwe
2026-06-24Die politieke kommentator André Duvenhage van die Noordwes-universiteit glo dit is binne die reg van Geordin Hill-Lewis as nuwe DA-leier om veranderinge aan sy party se openbare verteenwoordiging aan te bring. Hill-Lewis, wat ook GHL genoem word, het onder meer besluit om sy voorganger, John Steenhuisen, van sy kabinetspos te ontneem.

