
Onder Hans se skrywershand
2024-11-14"Nou is dit by die drie dekades later en soveel van ons skryfmentors van destyds het ons reeds ontval. Hans (vir wie ek altyd Prof Hans genoem het) is die mees onlangse, en voor hom onder andere Abraham H de Vries. Afsonderlike rolle het hulle spesifiek in my eie ontwikkeling as ’n skrywer gespeel – die een as die aanbieder van ’n eerste skryfskool wat ek bygewoon het, iets waaraan ek hom kon herinner toe ons mekaar laas by die Etienne van Heerden Veldsoirée einde September vanjaar in Nxuba gesien het; die ander my Afrikaans-dosent gedurende my joernalistiekstudies, maar verenig in die skryflesse wat ek by hulle geleer het."

Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver
2024-11-06"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."

Soos kaal geëete sopbene? ’n Repliek op Jason Lloyd
2024-04-16"In die afwesigheid van ’n studie, soos dit wat Lloyd voorspraak voor maak, kan ’n mens net hoop dat bruin mense onderling met mekaar sal begin praat oor die 'kompleksiteit' van hul ganse bestaan. Ons sal self moet sorg – as ek Pietersen se bedoeling met Daar is ’n bruine in my sop? akkuraat lees – dat ons nie langer soos beesstert van die bene af geëet word 'totdat daar niks vleis oorbly nie' en ons dan vir die honde van (wit, swart én bruin) politieke opportuniste gegooi word nie."

Dié "koddigheid" kan die dice vi’ Kaaps verkeerd laat val
2023-08-17"In die proses van die 'bewuste etnifisering van Kaaps', ontkom die taalmedium aan die stereotipiese bedoelings van diegene wat in Small se era na Kaaps as 'Capey' en 'Gamat-taal' verwys het. Die pedagogie van sogenaamde platvloersheid word bevorder deur die [na my mening] koddigheid van hedendaagse Kaaps-spelwyses en -skryfstyle, en in die afwesigheid van nuutskeppinge in die taal, word 'eerder hindernisse in die leesproses' geskep. Dit laat die dice vi’ Kaaps verkeerd val."

Oor die lewe en tye van huldeblyke
2023-03-17"Hierdie gemis is die goue draad wat deur die dood meegebring word."

Die dilemma van ’n agterstallige leser
2022-12-12"'Teen tyd is die mens / se stryd,' dig Neville Pedro in sy bogenoemde bundel, kompleet asof hy gevra is om die dilemma van ’n ywerige boekkoper, maar agterstallige boekleser, te beskryf. Wat sal my tog makeer om oor die feestyd ook ’n ander malperd – om ’n manuskrip af te handel – op te wil saal?"

’n Nuwe asemteug vir Afrikaanse beginnerskrywers
2022-11-11"Dit is deur sy toedoen dat Saterdag se geleentheid by SASNEV plaasgevind het, in ’n volgepakte vertrek, waar ’n nuutste bundel – in dié geval nie verhale nie, maar gedigte – bekend gestel is. Die titel is Woordenaars, ’n bundel wat Nancy H Kleinbaum (Dead Poets Society) se stelling vergestalt dat mense nie poësie lees en skryf omdat dit 'oulik' is nie: 'We read and write poetry because we are members of the human race'."

Oor die stemme in die woestyn in die Afrikaanse media
2022-10-17"Totdat hulle dit besef en daarop aandring dat hulle alle reg het om na geluister te word en dat hul stories ernstig opgeneem moet word, sal die situasie nie sommer verander nie. Of gee hulle net eenvoudig nie (meer) om oor die afstand, soms so wyd soos Kaapstad vanaf Bloemfontein, wat tussen die verteenwoordiging en vernalating van hul stemme in die woestyn van die Afrikaanse nuusmedia lê nie?"

Die koningin is dood: lank lewe ouma Kerliena
2022-09-15"Haar kerkhoed was haar kroon; haar paleis was die Here se huis."

Die "armoede" van ’n ryk taal
2022-08-15"Wat het ek, moet Afrikaanssprekendes hulself gedurig afvra, wat ons taalgenote kan nuttig?"

Jakes Gerwel: die wording van ’n legende
2022-07-18"'In honour of a legend,' lui die uitnodiging na ’n besonderse geleentheid wat hierdie week by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou word. Hiertydens sal die universiteit se Hoofsaal hernoem word na ’n eertydse visekanselier en rektor, prof Jakes Gerwel, wat ’n mens onwillekeurig laat wonder hoe 'Prof' op dié eerbewys sou gereageer het."

Die "klein mannetjie" met die reusestem
2022-06-24"'Moenie my groter maak as wat ek is nie,' het James Bhemgee, wat hierdie week oorlede is, altyd gekeer wanneer ’n goeie vriend, Rif’at Bowers, hom op die verhoog voorstel. 'Ek is,' sou hy dan byvoeg, 'maar ’n klein mannetjie.' ... Maar die rykheid van James Bhemgee se stem sal onverdoofbaar bly deur die oorgawe waarmee hy die slotreël van 'Nessun Dorma' uitbasuin: 'Vincerò! Vin-ce-rò!' Dit was ongetwyfeld dié 'klein mannetjie' met die reusestem se persoonlike oorwinningskreet."

Kaapse Forum: Word bruin mense misbruik?
2022-04-06Is die Kaapse Forum ’n afsonderlike silo vir bruin mense om AfriForum se agenda uit te voer? Freek Robinson gesels met Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die nuwe Kaapse burgerregteorganisasie Kaapse Forum, en Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum.

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap
2021-11-11"Wie ook al nie daarvan hou nie, wil ek nou byvoeg, sal hom kan kritiseer so lank en heftig soos hulle wil, maar sal nooit die feit van 2 Februarie 1990 in ons gedeelde, dog betwiste, geskiedenis kan uitskryf of uitwis nie."

Oor Mbeki, die 12 "Afrikaner-apostels" en die stille taalmeerderheid
2021-03-02"Watter sein stuur die byeenkoms uit na die bruin lede van die Afrikaanssprekende gesin: dat hulle, soos Winston Wicomb, agter die hangkas versteek word wanneer belangrike mense kom besoek aflê of dat hulle steeds in die taalbediendekamer woon en agter op die taalbakkie sit?"