Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard is ’n meningsvormer, skrywer en lei die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

Ruimhartigheid kan ons ook hierdie keer help versoen

Heindrich Wyngaard Menings 2025-12-08

"Ons is op die vooraand van Versoeningsdag. Suid-Afrika het weer ’n 'ruimhartige' versoeningsoomblik nodig, soos dié van 30 jaar gelede."

Gedagtes oor rubriekmaak

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2025-10-09

"Dié stukkie geskiedenis word as inleiding gebruik vir hierdie vooraf-artikel oor ’n paneelgesprek oor 'Rubrieke, kommentaar [en] skryf oor gemeenskappe', wat komende Saterdag op die tweede dag van die 5de Swart Afrikaanse Skrywersimposium by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasvind."

"Wie (se fout) is ek?" Mymeringe (nee, stukkies) oor identiteit

Heindrich Wyngaard LitNetKanaal op YouTube 2025-08-14

"Paternoster, dan, waar ek my tweede identiteit gesement het; waar ek my (skrywers-) plek in die Afrikaanse leef- en denkwêreld leer ken het."

Joshlin: Indrukke uit die hof

Heindrich Wyngaard Menings 2025-06-02

"En nou is die dogtertjie se stemmetjie al ’n jaar lank stil."

Elders gesien: Die Tref-en-Trump-slag

Heindrich Wyngaard Elders gesien 2025-05-21

"Dit kom van te bang wees om Malema in die bek te ruk. Goedso, soos ons sê."

Onder Hans se skrywershand

Heindrich Wyngaard In memoriam 2024-11-14

"Nou is dit by die drie dekades later en soveel van ons skryfmentors van destyds het ons reeds ontval. Hans (vir wie ek altyd Prof Hans genoem het) is die mees onlangse, en voor hom onder andere Abraham H de Vries. Afsonderlike rolle het hulle spesifiek in my eie ontwikkeling as ’n skrywer gespeel – die een as die aanbieder van ’n eerste skryfskool wat ek bygewoon het, iets waaraan ek hom kon herinner toe ons mekaar laas by die Etienne van Heerden Veldsoirée einde September vanjaar in Nxuba gesien het; die ander my Afrikaans-dosent gedurende my joernalistiekstudies, maar verenig in die skryflesse wat ek by hulle geleer het."

Bela-wet: Op ’n heuwel daar ver

Heindrich Wyngaard Menings 2024-11-06

"En dit is wat gelei het daartoe dat die land Dinsdagoggend ’n oranje-gekleurde, eietydse Groot Trek (opmars, saamtrek) uit die uithoeke van die land, op ’n heuwel met ’n uitsig oor die hoofsetel van die RNE, gade geslaan het."

Soos kaal geëete sopbene? ’n Repliek op Jason Lloyd

Heindrich Wyngaard Menings 2024-04-16

"In die afwesigheid van ’n studie, soos dit wat Lloyd voorspraak voor maak, kan ’n mens net hoop dat bruin mense onderling met mekaar sal begin praat oor die 'kompleksiteit' van hul ganse bestaan. Ons sal self moet sorg – as ek Pietersen se bedoeling met Daar is ’n bruine in my sop? akkuraat lees – dat ons nie langer soos beesstert van die bene af geëet word 'totdat daar niks vleis oorbly nie' en ons dan vir die honde van (wit, swart én bruin) politieke opportuniste gegooi word nie."

Dié "koddigheid" kan die dice vi’ Kaaps verkeerd laat val

Heindrich Wyngaard Menings 2023-08-17

"In die proses van die 'bewuste etnifisering van Kaaps', ontkom die taalmedium aan die stereotipiese bedoelings van diegene wat in Small se era na Kaaps as 'Capey' en 'Gamat-taal' verwys het. Die pedagogie van sogenaamde platvloersheid word bevorder deur die [na my mening] koddigheid van hedendaagse Kaaps-spelwyses en -skryfstyle, en in die afwesigheid van nuutskeppinge in die taal, word 'eerder hindernisse in die leesproses' geskep. Dit laat die dice vi’ Kaaps verkeerd val."

Oor die lewe en tye van huldeblyke

Heindrich Wyngaard Menings 2023-03-17

"Hierdie gemis is die goue draad wat deur die dood meegebring word."

Die dilemma van ’n agterstallige leser

Heindrich Wyngaard Menings 2022-12-12

"'Teen tyd is die mens / se stryd,' dig Neville Pedro in sy bogenoemde bundel, kompleet asof hy gevra is om die dilemma van ’n ywerige boekkoper, maar agterstallige boekleser, te beskryf. Wat sal my tog makeer om oor die feestyd ook ’n ander malperd – om ’n manuskrip af te handel – op te wil saal?"

’n Nuwe asemteug vir Afrikaanse beginnerskrywers

Heindrich Wyngaard Menings 2022-11-11

"Dit is deur sy toedoen dat Saterdag se geleentheid by SASNEV plaasgevind het, in ’n volgepakte vertrek, waar ’n nuutste bundel – in dié geval nie verhale nie, maar gedigte – bekend gestel is. Die titel is Woordenaars, ’n bundel wat Nancy H Kleinbaum (Dead Poets Society) se stelling vergestalt dat mense nie poësie lees en skryf omdat dit 'oulik' is nie: 'We read and write poetry because we are members of the human race'."

Oor die stemme in die woestyn in die Afrikaanse media

Heindrich Wyngaard Menings 2022-10-17

"Totdat hulle dit besef en daarop aandring dat hulle alle reg het om na geluister te word en dat hul stories ernstig opgeneem moet word, sal die situasie nie sommer verander nie. Of gee hulle net eenvoudig nie (meer) om oor die afstand, soms so wyd soos Kaapstad vanaf Bloemfontein, wat tussen die verteenwoordiging en vernalating van hul stemme in die woestyn van die Afrikaanse nuusmedia lê nie?"

Die koningin is dood: lank lewe ouma Kerliena

Heindrich Wyngaard Menings 2022-09-15

"Haar kerkhoed was haar kroon; haar paleis was die Here se huis."

Die "armoede" van ’n ryk taal

Heindrich Wyngaard Menings 2022-08-15

"Wat het ek, moet Afrikaanssprekendes hulself gedurig afvra, wat ons taalgenote kan nuttig?"

Top