Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard is ’n meningsvormer, skrywer en lei die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

Wyngaard Weekliks: Sal Roelf die pyp kan rook?

Heindrich Wyngaard, Roland Henwood, Jaco Kleynhans Onderhoude 2026-04-16

President Cyril Ramaphosa het Roelf Meyer as ambassadeur na die VSA aangewys. Talle Suid-Afrikaners is verheug daaroor, ander nie. Heindrich Wyngaard gesels met die politieke kommentators Roland Henwood en Jaco Kleynhans.

Die tonge is los oor die DA se nuwe, jong(er) leierskap

Heindrich Wyngaard Menings 2026-04-15

"Die DA se 2026 Federale Kongres en die gepaardgaande leierskapsverkiesings is nou agter die rug – die gesprekke oor die uitkoms daarvan egter nog lank nie. En soos wat in LitNet se jongste Wyngaard Weekliks-videogesprek voorspel word, sou ras- en geografiese verteenwoordiging in die nuwe leierskapsamestelling ’n veelbesproke onderwerp bly – vooraf en agterna."

Wyngaard Weekliks: Die DA se leierskapstryd is aan die gebeur.

Heindrich Wyngaard, Pieter Mulder, Jan-Jan Joubert, Jason Lloyd LitNetKanaal op YouTube 2026-04-09

Die DA kies tans ’n federale leier. Heindrich Wyngaard gesels met die politieke kommentators Pieter Mulder, Jan-Jan Joubert en Jason Lloyd.

Nie net boere nie, maar álle Suid-Afrikaners moet nou ’n plan maak teen die  "brandstofprysoorlog"

Heindrich Wyngaard Menings 2026-04-08

"Essop wys daarop dat die verlaging in die brandstofheffing in elk geval slegs ’n korttermynoptrede deur die regering is. Hy voorsien nie dat dit langer as twee maande behoue sal bly nie – juis omdat, soos Roodt waarsku, die verlaging in die brandstofheffing te duur kan raak vir die staat."

Oor denke

Heindrich Wyngaard Menings 2026-04-08

Heindrich Wyngaard neem bestek op ná ’n video-gesprek met die toekomskundige Morné Mostert en die politieke wetenskaplike Alida Kok oor die vraag: "Hoe dink Suid-Afrikaners oor dit wat rondom ons aangaan?"

Wyngaard Weekliks: Oorlog, brandstofpryse en vulstasies

Heindrich Wyngaard, Christo van der Rheede, Dawie Roodt, Hassan Essop LitNetKanaal op YouTube 2026-04-02

Suid-Afrikaners het die afgelope week die skok van verhoogde brandstofpryse – en tekorte by vulstasies – behoorlik gevóél. Dit is regstreeks en onregstreeks die gevolg van die konflikte tussen Amerika, Israel en Iran. Heindrich Wyngaard bespreek hierdie kwessie met Hassan Essop van die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, Christo van der Rheede van die FW de Klerk-stigting en die ekonoom Dawie Roodt.

Wyngaard Weekliks: Hoe dink Suid-Afrikaners oor dit wat rondom ons aangaan?

Heindrich Wyngaard, Morné Mostert, Alida Kok LitNetKanaal op YouTube 2026-03-27

Die toekomskundige Morné Mostert en die politieke wetenskaplike Alida Kok probeer in die koppe van Suid-Afrikaners klim in dié video-gesprek met Heindrich Wyngaard.

Misdaad in Suid-Afrika: Wat verhinder ons om dit die nekslag toe te dien?

Heindrich Wyngaard Menings 2026-03-27

"Willemse het die probleem as volg uiteengesit: 'Die feit van die saak is: Ons sit in ’n situasie waar ons letterlik elke dag hoor van jongmense wat geskiet is, van bendegeweld, van misdaad in die algemeen; en dit is natuurlik ’n verskriklike ondermyning en verwringing van wat ons samelewing kan wees'."

Wyngaard Weekliks: Misdaad in Suid-Afrika

Heindrich Wyngaard, Hein Willemse, Lennit Max LitNetKanaal op YouTube 2026-03-20

Suid-Afrikaners loop elke dag met misdaad in hul gedagtes of met vrees daarvoor rond. Waarom is dit so en wat kan daaraan gedoen word? In hierdie aflewering van Wyngaard Weekliks soek Heindrich antwoorde by Lennit Max en Hein Willemse.

Allan Boesak behoort vereer te word, maar hoe – wat is ’n gepaste manier?

Heindrich Wyngaard Menings 2026-03-13

"Behalwe dat die universiteit intussen aangekondig het dat hulle die voorstel afkeur. Dat hulle Boesak reeds met ’n eredoktorsgraad vereer het, meen die universiteitsbestuur skynbaar, is genoeg bewys dat reeds erkenning gegee is aan sy bydrae tot die struggle en die transformasie van UWK van ’n universiteitsinstelling tot Jakes Gerwel se 'tuiste van die linkses'."

Wyngaard Weekliks: Ja of nee dat UWK na Allan Boesak vernoem word?

Heindrich Wyngaard, Danie van Wyk, Christian Martin Onderhoude 2026-03-12

Die vieringe van Allan Boesak se 80ste verjaardag gaan met omstredenheid gepaard. Daar word berig dat die bestuur van die Universiteit van Wes-Kaapland teen ’n naamsverandering besluit het. Dit is nie noodwendig die einde van die debat nie. Heindrich Wyngaard luister na die uiteenlopende menings van Christian Martin, voorsitter van die Oos-Kaapse komitee vir geografiese name, en Danie van Wyk, voorsitter van die DAK Netwerk.

Ramaphosa laat die wenkbroue lig

Heindrich Wyngaard Menings 2026-03-04

"Hoe moet ons sin maak hiervan? was die vraag wat aan twee politieke kommentators – Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden – gestel is in die eerste opname van Wyngaard Weekliks, LitNet se nuutste video-aanbod."

Wyngaard Weekliks: Het die president te veel mag?

Heindrich Wyngaard, Oscar van Heerden, Pieter Duvenage Onderhoude 2026-03-03

In hierdie eerste video-aflewering van Wyngaard Weekliks bespreek Heindrich Wyngaard die oënskynlik toenemende verplasing van ministeriële funksies na die Presidensie. Sy gaste is die politieke kommentators Pieter Duvenhage en Oscar van Heerden.

Adam & Jakes: Wie is vandag hul gespreksgenote in Afrikaans?

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2026-03-03

"Die oorsprong van hierdie praatjie [soos gelewer by die Adam Small-fees 2026] is ’n onvoltooide manuskrip, getiteld 'In begrypende vriendskap', met die subtitel 'Adam Small & Jakes Gerwel: gespreksgenote in en oor Afrikaans'."

Sarah Niemand van Buffeljagsbaai, buite Gansbaai, en vanjaar se Sona

Heindrich Wyngaard Menings 2026-02-16

"Miskien was die volgende waarneming dan die mees opvallende aspek van Ramaphosa se toespraak: Geen tierlantyntjies hierdie keer nie, geen poësie of filosofiese aanhalings nie, geen 'Thuma mina' nie."

Top