Heindrich Wyngaard

Heindrich Wyngaard is ’n meningsvormer, skrywer en lei die burgerregte-organisasie Kaapse Forum.

Jakes Gerwel: die wording van ’n legende

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2022-07-18

"'In honour of a legend,' lui die uitnodiging na ’n besonderse geleentheid wat hierdie week by die Universiteit van Wes-Kaapland gehou word. Hiertydens sal die universiteit se Hoofsaal hernoem word na ’n eertydse visekanselier en rektor, prof Jakes Gerwel, wat ’n mens onwillekeurig laat wonder hoe 'Prof' op dié eerbewys sou gereageer het."

Die "klein mannetjie" met die reusestem

Heindrich Wyngaard In memoriam 2022-06-24

"'Moenie my groter maak as wat ek is nie,' het James Bhemgee, wat hierdie week oorlede is, altyd gekeer wanneer ’n goeie vriend, Rif’at Bowers, hom op die verhoog voorstel. 'Ek is,' sou hy dan byvoeg, 'maar ’n klein mannetjie.' ... Maar die rykheid van James Bhemgee se stem sal onverdoofbaar bly deur die oorgawe waarmee hy die slotreël van 'Nessun Dorma' uitbasuin: 'Vincerò! Vin-ce-rò!' Dit was ongetwyfeld dié 'klein mannetjie' met die reusestem se persoonlike oorwinningskreet."

Kaapse Forum: Word bruin mense misbruik?

Freek Robinson, Kallie Kriel, Heindrich Wyngaard Onderhoude 2022-04-06

Is die Kaapse Forum ’n afsonderlike silo vir bruin mense om AfriForum se agenda uit te voer? Freek Robinson gesels met Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die nuwe Kaapse burgerregteorganisasie Kaapse Forum, en Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum. 

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

Heindrich Wyngaard In memoriam 2021-11-11

"Wie ook al nie daarvan hou nie, wil ek nou byvoeg, sal hom kan kritiseer so lank en heftig soos hulle wil, maar sal nooit die feit van 2 Februarie 1990 in ons gedeelde, dog betwiste, geskiedenis kan uitskryf of uitwis nie."

Oor Mbeki, die 12 "Afrikaner-apostels" en die stille taalmeerderheid

Heindrich Wyngaard Menings 2021-03-02

"Watter sein stuur die byeenkoms uit na die bruin lede van die Afrikaanssprekende gesin: dat hulle, soos Winston Wicomb, agter die hangkas versteek word wanneer belangrike mense kom besoek aflê of dat hulle steeds in die taalbediendekamer woon en agter op die taalbakkie sit?"

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Heindrich Wyngaard en Phil Craig

Freek Robinson, Phil Craig, Heindrich Wyngaard Onderhoude 2021-02-03

Wil die meerderheid inwoners van die Wes-Kaap afstig, of wil hulle net groter seggenskap hê in die manier waarop die provinsie bestuur word?

In memoriam: David Piedt – ’n toonaangewende lewe

Heindrich Wyngaard In memoriam 2020-08-05

"Soos soveel ander byeenkomste moes die KKNK egter ook noodgedwonge afgestel word weens die wêreldwye koronapandemie, wat reeds meer as 500 000 Suid-Afrikaners geïnfekteer het en die lewe van meer as 8 000 geëis het. Dié virus het nou die David wat die apartheid-Goliat oorwin het, neergevel."

George Hallett (1942–2020): Flitse van ’n fotograaf se lewe

Heindrich Wyngaard In memoriam 2020-07-09

"Oor die fotograaf George Hallett word daar gesê dat hy sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootstes was; en as dit waar is wat Baldwin oor Delaney geskryf het, dat gróót kuns slegs uit liefde geskep kan word, dan het geen groter minnaar al ooit ’n kamera vasgehou as die cat George Hallett nie."

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

LitNet, Conrad Steenkamp, Heindrich Wyngaard, Jeremy Vearey, Frank Hendricks, Charlyn Dyers, Gerda Odendaal, Monn-lee Geduld LitNetKanaal op YouTube 2020-06-23

"Die toekoms van Kaaps"-webinaar van die Afrikaanse Taalraad, aangebied in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en LitNet, het op Jeugdag, 16 Junie 2020, plaasgevind. Lees ook bydraes oor Kaaps deur die jare uit die LitNet-argief.

Wat Amerika oor George Floyd se dood by Suid-Afrika kan leer

Heindrich Wyngaard Menings 2020-06-04

"Plaaslik – anders as met die George Floyd-situasie – was die fokus ook nie op die velkleur van die beweerde oortreders nie; en dáárin is nóg ’n belangrike onderskeid te tref."

Hoe Ramaphosa se 2020-staatsrede in ’n "strafrede" ontaard het

Heindrich Wyngaard Seminare en essays 2020-02-14

"Terugskouend is dít dalk die beste slotsom waartoe ’n mens oor die 2020-staatsrede kan kom: dat wat ons gisteraand sien afspeel het, uiteindelik tóg ’n demonstrasie is van die stand van ons land en ons samelewing."

Sandile Dikeni is dood: ’n Speellys vir ’n nxa! bra

Heindrich Wyngaard In memoriam 2019-12-11

"Jy het veral ook gespreek tot die verharde harte van sowel die apartheidverdrukkers as jou kamerade wat jou ouma ge-necklace het."

Die storie(s) van Chester Williams

Heindrich Wyngaard In memoriam 2019-09-11

"Die indruk wat Williams deurentyd gelaat het as speler en oudspeler, was dat daar by hom egter geen bitterheid bestaan nie, eweneens ’n karaktereienskap van ’n groothartige mens." Lees Heinrich Wyngaard se huldeblyk aan die ontslape Chester Williams hier. 

Die dood van Zelda Jongbloed: ’n geleentheid vir erkenning aan bruin pioniers in die Afrikaanse media

Heindrich Wyngaard In memoriam 2018-08-07

"Die 16de vloer van die Naspers-gebou, nou die Media24-sentrum, in Kaapstad. Dis Junie 1993. Zelda Jongbloed gluur my, ’n eerstejaar-joernalistiekstudent, hier voor haar aan, ietwat geamuseerd."

’n Onvoltooide tapisserie: fakkeldraer Vearey se Jeremy vannie Elsies

Heindrich Wyngaard Resensies 2018-07-18

"Straks dui dit ook, op ’n ander vlak, ’n núwe 'opwindende groeipunt' vir Afrikaanse letterkunde aan (om Elsa Joubert by te haal) en maak dít van fakkeldraer Veary – hierdie selfgedefinieerde en selfgeïdentifiseerde onvoltooide tapisserie – ’n belangrike bydraer tot die taak 'om die prent van ons hele gemeenskap te kan skrywe'."

Top