Wyngaard Weekliks: Oorlog, brandstofpryse en vulstasies
2026-04-02Suid-Afrikaners het die afgelope week die skok van verhoogde brandstofpryse – en tekorte by vulstasies – behoorlik gevóél. Dit is regstreeks en onregstreeks die gevolg van die konflikte tussen Amerika, Israel en Iran. Heindrich Wyngaard bespreek hierdie kwessie met Hassan Essop van die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, Christo van der Rheede van die FW de Klerk-stigting en die ekonoom Dawie Roodt.
Die Madlanga-kommissie ontbloot die skadustaat
2026-03-11"Wat begin het as ’n ondersoek na politieke inmenging, het nou tot ’n volskaalse ondersoek van senior amptenare in die polisie, munisipaliteite en ander staatsinstellings ontwikkel. Terwyl die Zondo-kommissie op die kaping van staatsbeheerde ondernemings gefokus het, teiken die Madlanga-kommissie die intelligensie- en veiligheidsnetwerke wat veronderstel is om die publiek te beskerm."
Elders gesien: Waarom versterk die rand teenoor die dollar?
2026-01-28"Dit is ’n fundamentele ekonomiese beginsel: Wanneer die Amerikaanse Federale Reserweraad rentekoersverlagings aandui, bevoordeel die rentekoersverskil opkomende markte soos Suid-Afrika."
Elders gesien: Hy het lojaal aan die land en ons grondwetlike demokrasie gebly
2025-11-16"Tot aan die einde van sy lewensloop het hy ook die huidige stand van Suid-Afrika onder die vergrootglas geplaas en het hy nie doekies omgedraai om korrupsie, armoede, werkloosheid en al die ander uitdagings wat ons as land ervaar, op die naam te noem nie."
Die Nasionale Dialoog: ’n berekende strategie, of ’n geldverkwistende “talkshop”?
2025-08-11"Gemeenskappe se mees kritieke rol is egter om mede-eienaarskap van ons demokratiese bestel te neem en diegene wat hulle tydens plaaslike en nasionale verkiesings verkies, verantwoordbaar te hou."
Winds of change and the growth of national consciousness
2025-05-09"Let us redirect the winds of change that started blowing in South Africa from the founding of our constitutional democracy to make it a reality for everyone."
Ideologiese dryfkragte: Amerika en Suid-Afrika
2025-03-26Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Francois Wilken (Vrystaat Landbou) gesels met Freek Robinson oor ideologiese dryfkragte in Suid-Afrikaanse en Amerikaanse geledere en die impak daarvan op die huidige diplomatieke spanning tussen Suid-Afrika en die VSA. Grondvlakkwessies wat Suid-Afrikaanse burgers en boere raak, asook Trump se globale geopolitiese magspel, word ook onder die loep geneem.
Suid-Afrikaanse kommersiële landbou se bydrae om Suid-Afrika op koers te kry moet nié onderskat word nié!
2025-03-25"Waar laat dit Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse kommersiële landbou? So ook die Suid-Afrikaanse besigheidsektor?"
Bela is nou wet
2024-12-21"Die Grondwet en die Handves van Menseregte is baie duidelik daaroor dat elke kind in ons land toegang moet hê tot die beste onderwys op sy of haar voorstoep! Om druk uit te oefen op ’n paar Afrikaanse skole om dubbelmediumonderwys in te stel, gaan nié die uitdagings in ons onderwysstelsel oplos nie."
Vertel landbou se storie, minister Steenhuisen!
2024-07-08"Ongelukkig is al hierdie lofwaardige bemagtigingsprojekte uiters gefragmenteerd. Die landbousektor het egter ’n storie van grensverskuiwende grondvlakontwikkeling en bemagtiging wat vertel moet word. En dit, minister Steenhuisen, behoort u groot fokus te wees."
Postverkiesing: Hoe kan die burgery eienaarskap neem van die demokrasie?
2024-06-19Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) benadruk die belang van nasionale dialoog vir impak en deelnemende demokrasie op plaaslike, provinsiale en nasionale vlak.
Nasionale dialoog and aksieplan nodig om verval van ons demokrasie te stuit!
2024-05-30"Om ’n stem uit te bring en ’n kruisie te trek word as die lewensbloed van ons demokrasie geag. Dit is die eerste stap. Die tweede stap is om die mandaat waaraan uitvoering gegee moet word, duidelik uit te klaar."
Bou ’n Springbokspan in elke gemeenskap dwarsoor Suid-Afrika! So maak ons hoop!
2024-04-25"Ons Springbokspan is ’n toonbeeld van wat ons kan vermag as mense op ’n nierassige basis saamstaan en hul kundigheid vir ’n gemeenskaplike doel aanwend. Kom ons skep ’n Springbokspan vir elke dorp, stad en landelike gebied en maak hoop!"
Die Afrikaner Verklaring: Saambou of laertrek?
2024-04-24"Ons wil saamwerk om die land ’n beter plek te maak." ‒ Theuns Eloff. Freek Robinson gesels met Theuns Eloff (fasiliteerder van die inisiatief), Christo van der Rheede (FW de Klerk-stigting) en Barend la Grange (Dialoog vir Aksie).
FW de Klerk en Nelson Mandela se nalatenskap het die deure vir Suid-Afrika wawyd oopgemaak. Daarvoor moet ons hulle eer!
2023-12-22"Saam het hulle ons land, wat in daardie stadium deur burgerlike konflik, haat en wantroue geteister is, verhef tot ’n voorbeeld van ’n modelstaat wat op gesonde grondwetlike boustene gegrond is. En so die deure oor die wêreld heen vir Suid-Afrika wawyd oopgemaak."

