Christo van der Rheede

Christo is ’n boorling van Goedverwacht Morawiese Sendingstasie naby Piketberg. Hy is ’n oudonderwyser, skoolhoof, voormalige uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, asook voormalige hoof- uitvoerende beampte by Agri SA.

Tans is hy ’n ereprofessor in die Departement Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat.

Hy is lief vir musiek, boeke, tuinmaak en die natuur.

Christo is passievol oor Suid-Afrika en die uitleef en realisering van die ideale soos vervat in ons Nasionale Grondwet!

Parlement, politiek en die ekonomie

Christo van der Rheede 2015-02-18 "Oppervlakkige politiekery en verwarde ideologisme stook oproer in parlement," skryf Christo van der Rheede. "Is daar ekonomiese oplossings?"

Taal is die sleutel tot die kennisekonomie

Christo van der Rheede 2014-11-19  Toespraak gelewer deur Christo van der Rheede tydens die ATR se Kokertoekennings aan persone wat ’n groot bydrae gelewer het tot bemagtiging deur, en bevordering en beskerming van, Afrikaans te Potchefstroom.

Afrikaanse Handelsinstituut in aksie

Christo van der Rheede 2014-08-25 Onlangs het die AHi in samewerking met Bothaville Sakekamer met groot sukses 'n entrepreneurskapkursus geloods. Christo van der Rheede deel foto's van die geleentheid.

In Memoriam: Russel Botman

Christo van der Rheede 2014-07-01 "Dit is egter ironies dat die taal wat ons praat, te dikwels vanaf twee platforms bedryf word. ’n Platform van eikehout staangemaak in die koeltes van akkerbome en op Suidoosterverwaaide sandvlaktes, ’n platform aanmekaar getimmer van afvalhout."

Volhoubare ekonomiese ontwikkeling en die Nasionale Ontwikkelingsplan

Christo van der Rheede 2013-05-09  “Is die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) die antwoord op Suid-Afrika se ekonomiese en maatskaplike uitdagings?”

Aktiewe burgery skep eersterangse stede en dorpe

Christo van der Rheede 2013-05-03 "'Hierdie stad is wat dit is omdat ons burgers is wat hulle is.' Hierdie beroemde woorde, gespreek deur Plato, die wêreld se invloedrykste filosoof, wat tussen 428 vC en 348 vC geleef het, is vandag nog steeds relevant."

Lesersresensie: Aan die stuur

Christo van der Rheede 2013-04-12 "Ook vir Jan Alleman bied die skrywer ’n bladsy-vir-bladsy-lekkerleeservaring oor sy persoonlike wedervaringe, die intriges van die handelswêreld, die impak daarvan, asook die rol van mentors op sy lewe."

'n Brief aan my vriend Gerrit Brand

Christo van der Rheede 2013-03-06 "Terloops, dra ook my groete oor aan wyle Neville Alexander en Jakes Gerwel as jy hulle iewers in die wandelgange van die hiernamaals raakloop. En moenie te veel tob oor die TAAL nie ... Ons mis julle."

Die AHi gee prakties gestalte aan die noodkreet om ekonomiese vryheid!

Christo van der Rheede 2012-11-13 "Die Marikana-tragedie het die aandag opnuut gefokus op die delikate sosio-ekonomiese en politieke dinamika waarin Suid-Afrika vasgevang is." Christo van der Rheede vertel van 2012 by die AHi.

Who is African and who is not?

Christo van der Rheede 2012-09-06 "Well, I am an African and owe it not to my blackness, brownness or whiteness, but to my Khoisan, Malabar slave, Xhosa, Dutch, French, German and Scottish forefathers who embraced this continent with their hearts and souls, who made it their home and who developed this country."

Opgedra aan Neville Alexander

Christo van der Rheede 2012-08-28 Opgedra aan Neville Alexander ...

Kaaps in fokus-referaat: Ekonomiese bemagtiging deur Kaaps

Christo van der Rheede Academic research 2012-08-07

"Die ontginning van Kaaps se ekonomiese potensiaal is nie ’n hersenskim nie."

Boekedag 2012: Christo van der Rheede kies 'n karakter

Christo van der Rheede 2012-04-19 As jy enige karakter in ’n boek kon wees, wie sou jy wees en waarom?

Die AHI as ekonomiese spreekbuis

Christo van der Rheede 2012-03-01 Die wêreld staar vandag vele ekonomiese probleme in die gesig en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Hierdie probleme kan egter oorkom word, mits ons anders daaroor begin dink.

Afrikaans met moedersmelk ingekry: Christo van der Rheede gesels met Naomi Meyer

Christo van der Rheede, Naomi Meyer 2012-01-12 Christo van der Rheede gesels oor sy aanstelling as die nuwe uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut vanaf 1 Januarie 2012.
Top