Christo van der Rheede

Christo is ’n boorling van Goedverwacht Morawiese Sendingstasie naby Piketberg. Hy is ’n oudonderwyser, skoolhoof, voormalige uitvoerende hoof van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en uitvoerende hoof van die Afrikaanse Handelsinstituut, asook voormalige hoof- uitvoerende beampte by Agri SA.

Tans is hy ’n ereprofessor in die Departement Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit van die Vrystaat.

Hy is lief vir musiek, boeke, tuinmaak en die natuur.

Christo is passievol oor Suid-Afrika en die uitleef en realisering van die ideale soos vervat in ons Nasionale Grondwet!

Suksesse, uitdagings en beproewinge in die Suid-Afrikaanse landbou | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Christo van der Rheede Menings 2023-10-25

"Suid-Afrika se landbousektor is grootliks uitvoergerig. In kwartaal een van 2023 het Suid-Afrika se totale uitvoer van landbouprodukte $2,8 miljard bedra, 4,0% hoër as die $2,7 miljard in kwartaal vier van 2022."

Triumphs, trials and tribulations of South African agriculture | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Christo van der Rheede Menings 2023-10-25

"South Africa’s agricultural sector is largely export-orientated. In quarter one of 2023, South Africa’s total agricultural product exports amounted to US$2,8 billion, up by 4,0% from US$2,7 billion in quarter four of 2022."

Boerdery en beurtkrag

Freek Robinson, Christo van der Rheede Onderhoude 2023-01-27

"As daar nie kos is nie, dan val jou hele ekonomie plat." Freek Robinson gesels met Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, oor voedselsekerheid in Suid-Afrika.

Voedselsekerheid wanneer die winkels leeggedra word: ’n onderhoud met Christo van der Rheede

Naomi Meyer, Christo van der Rheede Onderhoude 2021-07-13

"As daar ’n skaarste is, dan styg die pryse. Die armstes van die armes gaan hieronder ly, dit is die punt."

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Christo van der Rheede van Agri SA

Freek Robinson, Christo van der Rheede Onderhoude 2021-06-30

Christo van der Rheede en Agri SA pleit dat die staat nie inmeng met die landbousektor nie. Die staat kan nie boer nie. Van groter belang is dat boere, klein of groot, wat hulleself wel bewys het, eienaarskap moet kan kry van hulle grond.

Wees gegroet, Mohammed Karaan

Christo van der Rheede In memoriam 2021-01-14

"Jou passie vir die landbousektor en jou toewyding om oplossings vir komplekse uitdagings soos grondhervorming te help vind, het soos ’n goue draad deur die gesprek geloop."

Die smal of die breë weg? Stof tot nadenke ook vir georganiseerde landbou!

Christo van der Rheede Menings 2020-07-09

"Dit is die taak nou van Mboweni om die ekonomie op die herstelpad te plaas. Daarom sy beroep op almal om van die breë weg af te sien en hul tot die smal pad te wend."

Rus sag, Conrad Sidego

Christo van der Rheede In memoriam 2020-04-06

"Dankie, mater, vir dit wat jy in my en soveel ander se lewens beteken het. Die Afrikaanse gemeenskap is soveel armer, maar jou nalatenskap sal bly voortleef."

Die politiek van gemene spel

Christo van der Rheede Seminare en essays 2019-09-19

"Op hierdie stadium is Suid-Afrika soos 'n boot vol passasiers wat besig is om te sink, terwyl die kaptein en sy bemanning hulself in 'n reddingsboot tuisgemaak het en veilig na die land op pad is."

Japie Helpmekaar-gedenklesing: opbouende aktivisme broodnodig

Christo van der Rheede Seminare en essays 2019-07-02

"Wie van ons jong mense is vandag bereid om, soos die vele leiers, denkers en aktiviste van ouds, die misbruik van mag in Suid-Afrika te troef?"

Suidoosterfees 2018: Wat is die toekomswaarde van Afrikaans? – Christo van der Rheede

Christo van der Rheede Suidoosterfees 2018-05-03

"’n Taal sonder toekomswaarde is ’n dooie taal. Niemand praat dit meer nie en niemand gee daarvoor om nie! Dit is nie die geval met Afrikaans nie."

Nationalisation of land by the state and the expropriation of land without compensation: A few thoughts on win-win partnerships

Christo van der Rheede Opinion 2018-03-06

"We do have the agricultural plans jointly developed by role players in the agricultural sector, which are based on chapter six of the NDP! The government forked out millions to get all role players around the table to devise workable and implementable plans."

Kristalbalseminaar: Msholozi, Maimane, Malema of die Massas – wie gaan 2016 red?

Christo van der Rheede Seminare en essays 2016-01-20

"Terwyl die Chinese en ander lande die geleenthede in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent raaksien en ontsluit, kan ons nie langer onsself op grond van die beperkinge van die verlede uitsluit of uitgesluit voel nie. Ons moet ons plek in die hoofstroom begin volstaan."

Onderwysbeurse slegs vir sprekers van inheemse Afrikatale: Christo van der Rheede reageer

Christo van der Rheede Menings 2015-05-22

"Onderwysstudies kos egter hope geld. Vra vir my."

Strydkamer moet die land van duisternis red

Jean Oosthuizen, Christo van der Rheede Onderhoude 2015-04-29

Die elektrisiteitskrisis kos die land elke maand miljarde rand. Baie Suid-Afrikaners verkeer letterlik en spreekwoordelik in die duister oor die land se energiesituasie. Jean Oosthuizen het met Christo van der Rheede gesels om uit te vind hoe ernstig die situasie is en hoe dit die ekonomie raak.

Top