Christo van der Rheede en Agri SA pleit dat die staat nie inmeng met die landbousektor nie. Die staat kan nie boer nie. Van groter belang is dat boere, klein of groot, wat hulleself wel bewys het, eienaarskap moet kan kry van hulle grond.
Agri SA is ten gunste van die herverdeling van grond aan mense wat voorheen benadeel is. Daardie grond moet egter nie aan die elite gaan nie, maar aan boere wat die grond kan bewerk. Agri SA en talle groot kommersiële boere sal ontluikende boere bystaan.
Voedselsekerheid in Suid-Afrika hang ten nouste saam met titelaktes op die grond waarop mense boer.
Besoek ook:
Staatsvoogdyskap van grond: ’n realistiese voorstel vir effektiewe grondhervorming?

