“Ons kan nie meer vir die staat wag nie, ons moet self inspring.” Dit was die boodskap van Barend la Grange en Freek Robinson by die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September in Cradock plaasgevind het.
La Grange het ’n unieke strategie ontwikkel om beter verhoudinge en ontwikkeling op plaaslike vlak te bevorder. Hy het in verskillende dorpe bygedra tot die vreedsame hantering van plofbare situasies, ook in plekke soos Senekal en Coligny.
La Grange het ook ’n groot bydrae gelewer tot burgerlike aksie in dorpe soos Kroonstad en Cradock self.
Hy is ’n inspirerende motiveerder van Suid-Afrikaners om die inisiatief te neem en dinge te laat gebeur.
Freek Robinson is ’n afgetrede radio- en TV-aanbieder en -joernalis wat steeds aktief betrokke is by burgerlike inisiatiewe om ’n beter Suid-Afrika te bou en is ’n gereelde bydraer tot LitNet.
- Foto: Darryl David. Sien sy volledige galery hier.
Sien ook:
Kan gemeenskappe, organisasies, munisipaliteite en die regering hande vat?
Borge:

Die Tuishuise & Victoria Manor

Buffelshoek Dirosie Lodge
NB-Uitgewers

Amazwi South African Museum of Literature

Montego Pet Nutrition
Nog skakels:
’n Fees in die veld: Etienne van Heerden Veldsoirée-fotogalery


Kommentaar
Hoe word mens deel daarvan?