Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind.
Freek Robinson se pa was ’n mediese dokter op Cradock. Matthew Goniwe was sy pasiënt.
Robinson is ’n uitgetrede radio- en TV-joernalis en -aanbieder. Hy is tans ’n onderhoudvoerder en rubriekskrywer, ook ’n gereelde bydraer tot LitNet waar hy onder die vaandel “Reguit met Robinson” video-onderhoude voer met kenners oor aktuele sake.
Hy is ook sterk betrokke by burgerlike inisiatiewe vir ’n beter Suid-Afrika.
Robinson is die skrywer van Op die man af (uitgegee deur NB-Uitgewers).
- Foto: Johan Kotze, sien sy volledige galery hier.
Borge:
Die Tuishuise & Victoria Manor
Buffelshoek Dirosie Lodge
NB-Uitgewers
Amazwi South African Museum of Literature
Montego Pet Nutrition
Nog video’s van die Etienne van Heerden Veldsoirée
Etienne van Heerden Veldsoirée: Elise Bishop oor Twee lewens