
Barend la Grange skryf op Facebook:
Perspektief. Die Gaza-strook is slegs 41 km lank en op sy wydste 13 km, dieselfde afstand as wat Hermanus van Gansbaai is. So ’n klein gebied.
Israel se Benjamin Netanyahu en sy regering gebruik nie hul militêre en veiligheidsintelligensie om die Hamas-terroristeleiers en hul troepe uit te haal nie. Nee, hulle vind dit nodig om hierdie klein gebied met sy 2,1 miljoen inwoners met duisende soldate binne te val, vegvliegtuie om die hele gebied te bombardeer en tenks om verder alles plat te vee. Duisende onskuldige mense word uitgewis (65 900) en beseer (165 300). Hulle word verdryf (maar steeds vasgevang binne daardie klein gebied), nêrens om heen te vlug nie.
Dit gaan nie oor die 20 gyselaars wat net vrygelaat moet word en oorlog is verby nie. Nee, dit pas Netanyahu se strategie en doelwit, hulle wil die Palestyne uitwis.
Min word ongelukkig gedoen om dit verder te verhoed, maar die wêreld se oë het oopgegaan en twyfel nie meer nie.
Dis ’n volksmoord... punt.


Kommentaar
En hoekom gee Hamas nie maar die twintigtal gyselaaars hul vryheid nie?