Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

  • 10

Ja, daar is hoop, sê Barend la Grange en Freek Robinson, maar dan moet gewone mense iets begin doen. In die Bybel staan dat God die voëls van die hemel sal versorg, maar dit beteken nie dat die voëls elke oggend met oop bekkies op die draad sit en wag vir wurms om in hul monde te val nie.

Daar word ook gekyk na lande soos Rwanda en Singapoer. Nie een van die twee is goeie voorbeeld van demokrasie nie, maar hulle werk. Kan ons iets by hulle leer sonder om die negatiewe ook oor te neem?

Barend la Grange is bekend as brugbouer en is betrokke by die Privilege Foundation.

Freek Robinson is ’n joernalis en is verantwoordelik vir “Reguit met Robinson”, ’n weeklikse diepteverslag oor ’n aktuele onderwerp op LitNet. Hy is deesdae ook betrokke by brugbouaksies, waaronder “Dialogue for change”.

Dié gesprek is op 23 September tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée 2023 opgeneem.

Veldsoirée-borge/Veldsoirée sponsors

ATKV-Skryfskool

Dagbreek Trust

Die Tuishuise en Victoria Manor

Buffelshoek DiRosie Lodge

Amazwi

NB Uitgewers/NB Publishers

Penguin Random House

  • 10

Kommentaar

  • Ek stem saam. Enigste manier is vir ons om te begin hande vat in ons land. Begin met buurtwagte en brei uit na werkkolegas. Ek doen volunteerwerk en glo my, baie mense verstaan nie dat enigiemand kan werk doen sonder betaling nie. Dit vorm nie deel van ons verwysingsraamwerk nie. Om die voorbeeld te wees en ander in die buurt aan te moedig om te help, is al hoe ons iewers gaan kom om ons land op te bou.
    Twee dae terug met twee swart mans gesels. Hulle sê ons gaan NOOIT weer die land hê nie, want hulle is te veel. Dis waar, vergeet van "hulle" uitstem. Dis nie moontlik nie, maar trek almal in om saam te werk en te sien dat ons almal eerbaar is, dat ons vertrou kan word. Wees die voorbeeld.

  • Martie Visser

    Ja ek stem saam volkome saam met hierdie twee manne. Daar is hoop vir ons land as elkeen sy moue oprol en 'n werk doen.

    Moenie vir bevolking 'n vis gee om te eet nie, leer hulle om 'n vis te vang.

    Regering moet ophou om kindertoelaes te gee.

    Hoe meer toelaes gegee word, hoe minder wil die bevolking werk. Die regering maak die volk lui en verarm verder.

  • Bernard Josef Sass

    Ek glo aan indiepte-verandering aan ons politieke stelsel. Ons staatstelsel. Nie net 'n stelsel in plek bring om die boonste "room" van die land te laat floreer en daardeur te verwag als daar onder gaan floreer nie nee. Ons hele sisteem aan die onderkant is gebreek. Soos in aan flarde. En dis dieselfde sisteem wat die toekoms van die land bepaal. Dis die openbare skole, hospitale, gemeenskape. Dis die gemeenskappe wat bepaal of die room bo gaan voortbestaan. 'n Paar privaatskole bepaal die Springbokke, maar die res van die ander skole bepaal die hoofstroominkomste wat daardie Springbokke moet inkry. Wie gaan môre die vlag support as die gepeupel moeg is? Die mense is honger vir 'n hele klomp dinge en hoofstroompolitici kan nie meer deliver nie. Net 'n kwessie van tyd, of die bom bars. So die sisteem moet gefix word. 'n Simpel voorbeeld is kommunikasie. Jou tradisionele swart skole doen 'n swart taal, Afrikaans en Engels, maar jou tradisionele wit of bruin skole doen net Engels of Afrikaans onder dieselfde deptartement. Daar's so baie om nog te noem. Vir nou is die waarskuwing dat om meer staatswerke te verskaf, nie 'n oplossing is nie. Mense moet in diepte in gemeenskappe invest en een van die dinge is om te gaan kyk wie is regtig die mense wat die best interest van daardie gemeenskappe op die hart het. Om proffesionele programme in plek te bring om te bepaal of die positiewe vooruitsig van sodanige interaksie, en dan 'n pad met daardie mense en gemeenskap te begin loop. Ek glo as sodanige persone geïdentifiseer word, kan ons al iewers begin. Dit is bewys dat ons tydelike politieke leiers nie kan deliver in ons gebroke gemeenskape nie en dus hulp nodig het, so waarom nie met parallele sisteme begin nie? Ek glo aan wettige stelsels om grondwetlike oplossings vir burgers te bekom en ek glo aan onafhanklike denkwyses om positiewe vooruitsigte suksesvol te verwenslik.

  • Marieta Swart

    Ek stel baie belang in die kommentaar en hoop dat daar baie positiewe bydraes sal wees. Dankie vir die inisiatief.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top