Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theo de Jager
2020-10-09"Ons is ’n onlosmaaklike deel van die storie van hierdie land. Ons kan nie net geïgnoreer word nie." Freek Robinson gesels met Theo de Jager, voorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) en president van die Wêreldboereorganisasie, oor plaasveiligheid, onteiening en voedselsekerheid.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met JP Landman
2020-10-03Thabo Mbeki het in die laat 1980’s gewaarsku: Bevryding in Suid-Afrika sal gepaard gaan met groot korrupsie. Tans word daar heelwat gedoen om staatskapasiteit te versterk, maar die ANC moet nog sy kant bring. Dit gaan nie ’n maklike geveg wees nie. Die politiek-ekonomiese ontleder JP Landman vertel meer.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ivan Meyer
2020-10-01Waarom is die DA ’n voorstander van wat hulle nierassigheid noem? Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, vertel meer.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams
2020-09-29Nege wonings op ’n agterplaas in Stellenbosch. Een toilet. Een kraan. Een buitetoilet vir sewe families. Om ’n buitetoilet te gebruik is lewensgevaarlik vir vrouens. In die Kaap wag honderde duisende mense vir huise. Dié wat al dekades op waglyste is, word laer afgeskuif. ’n Opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, maak dit sy missie om waardigheid te herstel en lewens te herbou. Hy vertel vir Freek Robinson meer oor The Shackbuilder-projek.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alex van den Heever en Otto de Vries
2020-09-11Die toerismesektor se bydrae tot die land se BBP is 8,5%. Wat is die stand van hierdie sektor tans? Wat is die vooruitsigte? Freek Robinson gesels met Alex van den Heever, voorsitter van Social Security Systems Administration and Management Studies aan die Universiteit van die Witwatersrand, en Otto de Vries, bestuurshoof van ASATA (Association of Southern African Travel Agents).
The South African economy and the JSE
2020-09-07Leila Fourie, CEO of the Johannesburg Stock Exchange, on the South African economy and the JSE.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met medikus Helmuth Reuter
2020-08-27Die medikus Helmuth Reuter oor die stand van sake rondom COVID-19 tans: vatbaarheid; ’n entstof; komende golwe; aard van die virus; inperking – alles wat jy wil weet.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Schalk Burger sr
2020-08-21Na miljarde rande se verliese sal dit ongeveer 3–5 jaar neem vir die bedryf om te herstel. Freek Robinson gesels met Schalk Burger sr, eienaar van die Welbedacht-wynlandgoed in Wellington, oor die krisis in die wynbedryf.
Dit skort aan omgeedoepa
2020-08-21"Hoekom is dit dat ’n swart familie sulke wrang vrugte pluk in ’n bedeling wat veronderstel was om hulle lewens beduidend te verbeter? ... Dis ’n verhaal van ’n gebrek aan omgee, soos met die Life Esidimeni-skandaal. Dis ’n verhaal van sommige verpleegpersoneel wat nie respek het vir pasiënte nie."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Roelof Botha en Markus en Joe Becker
2020-08-14Ons toekoms in Suid-Afrika: Is hierdie vier positiewe scenario’s moontlik?
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Johan Burger
2020-08-06Johan Burger praat met Freek Robinson oor waarom die misdaadsituasie in Suid-Afrika buite beheer is. Freek vra: "Is misdaad so endemies in ons samelewing dat dit al deel is van ’n hedendaagse normaal?"
Agri SA-president Pierre Vercueil oor voedselsekerheid
2020-07-29Pierre Vercueil: "Dis meer lewensgevaarlik om ’n boer te wees as ’n polisieman, en dis ’n feit. Ons plaaswerkers ly net so swaar daaronder soos die boere. Ons kan mos nie privaatpolisiemagte in die landbou hê nie, maar dit gaan naderhand daarnatoe beweeg."
Medikus Angelique Coetzee oor COVID-19-politiek
2020-07-23Geheimhouding pla, sê Angelique Coetzee, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama).
PW Botha en die Cradock Vier
2020-07-22"Dié gebeure saam het Suid-Afrika se geskiedenis onherroeplik op koers geplaas na ’n nuwe bedeling."

