Moord op Pofadder: Freek Robinson gesels met Charné Kemp
2022-05-16Hoekom skryf Charné Kemp oor moord? Hoe pak sy so ’n projek aan? Wat gaan deur haar gedagtes wanneer sy ure in die hof deurbring? Hoe slaap sy snags? Dit, en veel meer, wil Freek Robinson by haar weet in hierdie onderhoud.
Moord verkoop: Freek Robinson stel ondersoek in
2022-05-11Freek Robinson gesels met Marida Fitzpatrick, Julian Jansen en Charné Kemp oor die skryf van ware misdaad. Hoekom verkoop hierdie boeke so goed? En hoe takel ’n mens so boek?
Leon Schreiber oor US en Afrikaans
2022-05-05Leon Schreiber, DA-LP, is onlangs tot die Universiteit Stellenbosch (US) se raad verkies. Freek Robinson gesels met hom oor die debat wat nie wil gaan lê nie.
Oekraïne-Rusland-konflik: Wie gaan eerste ingee?
2022-04-26Tot watter mate kan die Weste met die onstabiliteit saamleef? Watter guns het Poetin onopsetlik aan Navo bewys? Watter prys betaal die Russiese ekonomie weens Westerse sanksies? Freek Robinson vind meer uit by Theo Venter, politieke en beleidspesialis.
KZN-vloedramp
2022-04-21Begin aardverwarming sy tol eis? Of het ander faktore bygedra? Freek Robinson gesels met Dewald van Niekerk en Roelof Burger, albei verbonde aan Noordwes-Universiteit (NWU) se Eenheid vir Omgewingswetenskappe en -bestuur.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Willie Hofmeyr
2022-04-13Ebrahim Patel, die minister van Handel en Nywerheid, het vir Willie Hofmeyr, die bekende korrupsiewaghond en voormalige hoof van die batebeslagleggingseenheid, aangestel om in die raad van die Nasionale Loterykommissie te dien. Freek Robinson vra hom uit oor wat hy daar aangetref het en wat hy beplan om daar te doen.
Kaapse Forum: Word bruin mense misbruik?
2022-04-06Is die Kaapse Forum ’n afsonderlike silo vir bruin mense om AfriForum se agenda uit te voer? Freek Robinson gesels met Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die nuwe Kaapse burgerregteorganisasie Kaapse Forum, en Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gerrit Olivier
2022-03-30Is Poetin ’n vaal, onbeduidende man? Is wat ons vandag beleef, Poetinisme, die uiteinde van ’n lang en doelbewuste antidemokratiese veldtog deur Poetin?
Sonkrag: Kan Suid-Afrikaners wegkom van die Eskom-netwerk?
2022-03-24Is die son se hitte gratis? En as dit nie ’n sonnige dag is nie, of dit hael, wat gebeur? Freek Robinson gesels met Ben Janse van Rensburg, bestuurshoof van die sonkragmaatskappy Affordable Power Solutions.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Roelf Meyer
2022-03-16Roelf Meyer was betrokke by die suksesvolle onderhandelinge om ’n demokratiese Suid-Afrika te skep. Sedertdien is hy na tientalle konfliksones genooi om onderhandeling van stapel te stuur. Freek Robinson vra Meyer uit oor hoe onderhandeling plaasvind, wat die prosesse en slaggate is, en uiteindelik ook wat die kanse op vrede in Oekraïne is terwyl Poetin nog aan bewind is.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Wyno Simes
2022-03-09Wyno Simes is die kurator van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein. Freek Robinson was onlangs daar op besoek en gesels nou met Simes oor die unieke aard van die projek, en oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Christiaan Basson
2022-03-03Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne (2014–2018), meen dat die oorlog in Oekraïne een van die interessantste geopolitieke ontwikkelinge sedert die Koue Oorlog is. Freek Robinson vind meer uit.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Dirk Hermann en Danie van Wyk
2022-02-23Daar heers groot kommer oor die regering se voorgestelde wysiging van die taalklousule in die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys. Dirk Hermann van Solidariteit en Danie van Wyk van DAK Netwerk gesels met Freek Robinson.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Johannes Jordaan
2022-02-18Ekonoom Johannes Jordaan: Suid-Afrika by kruispad; hoe om groei te bewerkstellig
Reguit met Robinson: Hoe lyk die Suid-Afrikaanse boekmark?
2022-02-10Freek Robinson gesels met Eben Pienaar van NB Uitgewers en Marida Fitzpatrick van Penguin Random House SA oor die boekbedryf in Suid-Afrika.

