Huishoudings en finansies: wat sê die navorsing?
2022-11-25Hoe kan huishoudings beter beplan en doelwitte stel? Freek Robinson gesels met Jacolize Meiring van die Buro vir Marknavorsing (Unisa).
Reguit met Robinson: Die ware rol van ’n diversiteitskonsultant
2022-11-16Word jongmense as rassiste gebore, of word hulle rassiste danksy ouers en vriende? Wat doen ’n diversiteitskonsultant? Kan ’n diversiteitskonsultant hoegenaamd ’n verskil maak by ’n plek soos die Universiteit Stellenbosch? Wat het skeefgeloop toe ’n diversiteitskonsultant daardie hoërskool in Vishoek so verkeerd opgevryf het?
Reguit met Robinson: Die ANC se miljardêrs
2022-11-10In 1985 was Suid-Afrika bankrot onder PW Botha se bewind. Hoekom het groot sakeondernemings toe na Lusaka gevlieg om die ANC te sien? Freek Robinson vra Pieter du Toit, skrywer van The ANC billionaires, oor die omstrede verhouding tussen kapitaal en die ANC voor, tydens en ná die land se oorgang na demokrasie. Hy wil ook by Du Toit weet oor die nuwe elite en die ANC se kultuur van beskerming.
Podsending: Staatskaping – wat is die skade wat werklik berokken is?
2022-11-02
Die burgerlike samelewing in beweging
2022-10-27“Ons kan nie meer vir die staat wag nie, ons moet self inspring.” Dit was die boodskap van Barend la Grange en Freek Robinson by die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September in Cradock plaasgevind het.
Reguit met Robinson: Waarom steeds die raskaart?
2022-10-27"As jy nie meer goed kan doen wat jy moet nie, dan begin doen jy goed wat jy kan." Só sê die ekonoom Jannie Rossouw aan Freek Robinson oor die regering se volgehoue rasbeleid.
Kan gemeenskappe, organisasies, munisipaliteite en die regering hande vat?
2022-10-21Hoe kan Suid-Afrika se maatskaplike probleme aangespreek word? Freek Robinson gesels met Chris Opperman, die stigter van die Afrikaner-Afrika-Inisiatief (AAI), en Barend la Grange (Privilege Foundation).
My pa se verbintenis met Matthew Goniwe
2022-10-13Freek Robinson se pa was ’n mediese dokter op Cradock. Matthew Goniwe was sy pasiënt.
Reguit met Robinson: Politiek vs mynbou in Suid-Afrika?
2022-10-13“Ons as ’n land skiet onsself met ’n dubbelloophaelgeweer in beide voete,” sê Bernard Swanepoel aan Freek Robinson in ’n kaalkop gesprek.
Reguit met Robinson: Het Poetin sy hand oorspeel?
2022-10-05Watter faktore tel teen Poetin op hierdie stadium? Freek Robinson gesels met Christiaan Basson, voormalige Suid-Afrikaanse ambassadeur in Oekraïne, en Gerrit Olivier, Suid-Afrika se eerste ambassadeur in Rusland.
Hoe gaan dit met toerisme in Suid-Afrika?
2022-09-28Wat is die impak van beurtkrag op toerisme? Steur die buitelanders hulle aan ons misdaadsyfers? Pla die min binnelandse lugrederye enigsins? Hoe vergelyk ons toerisme tans met die tyd kort voor die pandemie?
Reguit met Robinson: Dissipline in die klaskamer
2022-09-22Te oordeel aan nuusberigte, word dissipline in die klaskamer ’n al hoe groter probleem. Daar is voorvalle van onderwysers wat geïntimideer, selfs aangerand word. Freek Robinson het gaan kers opsteek by twee mense wat daagliks hiermee te doen het. Santie van der Merwe is ’n kliniese sielkundige en Faeed Amardien is ’n onderwyser.
Reguit met Robinson: Is daar nog ’n plek vir die Britse koningshuis in 2022?
2022-09-15Het die Statebond nog ’n bestaansreg? Freek Robinson gesels met Jo-Ansie van Wyk, ’n hoogleraar in internasionale politiek verbonde aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa).
Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?
2022-09-06Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef. Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.
LitNet Akademies Weerdink ‒ "Kill the boer": Hoe moet hierdie woorde in 2022 verstaan word?
2022-08-31Waar lê die grens tussen haatspraak en vryheid van uitdrukking? Freek Robinson vind meer uit by Anton Kok, professor by die Regsfakulteit aan die Universiteit van Pretoria.

