Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz
2022-02-03Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond.
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Jaco Deacon
2022-01-27Wat is die vaardighede wat matrikulante vir die nuwe eeu en die ekonomie benodig? Hoe floreer ’n skool in moeilike omstandighede? Watter rol speel moedertaalonderrig? Freek Robinson gesels met Jaco Deacon, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).
Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Theuns Eloff
2022-01-20Freek Robinson gesels met Theuns Eloff, voorsitter van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, oor opwindende inisiatiewe rakende moedertaalonderrig binne die openbareskoolstelsel, asook in onafhanklike en aanlyn skole.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ilse Salzwedel en Rudie Heyneke
2022-01-13President Cyril Ramaphosa het onlangs die eerste deel van die Zondo-kommissie se langverwagte verslag oor die ondersoek na staatskaping in ontvangs geneem. Gaan die wiel van die reg tot by optrede teen korrupsie draai? Freek Robinson gesels met joernalis en skrywer Ilse Salzwedel (Permitted plundering ‒ how parliament failed SA) en Rudie Heyneke (Organisation Undoing Tax Abuse (OUTA)).
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Glynnis Breytenbach
2022-01-12Het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) kapasiteit om dié wat in die Zondo-kommissie se verslag oor staatskaping geïmpliseer is, strafregtelik aan te kla en te vervolg? Freek Robinson gesels met adv Glynnis Breytenbach, DA-LP, DA-woordvoerder oor justisie en voormalige staatsaanklaer.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Doris Viljoen
2021-12-23Watter rol kan toekomsnavorsing speel om nuwe tegnologieë, byvoorbeeld internetgebruikersdata, kunsmatige-intelligensie-
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Mike Schüssler
2021-12-17Die ekonoom Mike Schüssler skets ’n baie donker prentjie, maar hy sê ons mag nie moed opgee nie. Hy moedig almal aan om entrepreneurs te word, al is dit iets soos om as ’n naweekwerkie kaas te maak met ’n familieresep.
Het FW de Klerk "bloed aan sy hande"?
2021-12-13"Die Waarheid en Versoeningskommissie moes so ’n liggaam gewees het, maar dit het net ten dele die waarheid en min versoening gelewer. Ná De Klerk se getuienis voor die kommissie, het die voorsitter, aartsbiskop Desbond Tutu, sy teleurstelling uitgespreek dat De Klerk nie begrip gehad het vir die wreedheid van gruwels wat die veiligheidsmagte gepleeg het nie. Tutu het nie De Klerk se getuienis geglo dat hy nie van sulke vergrype geweet het nie."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Corné Mulder
2021-12-08Verskeie politieke partye, waaronder die VF+, die ANC en die DA, doen reeds ’n geruime tyd navorsing oor koalisiepolitiek in ander lande. Nou, vir die eerste keer, het die kiesers ’n opdrag gegee om hierdie kennis te toets.
Reguit met Robinson: ’n Derde Zoom-gesprek met Helmuth Reuter
2021-12-01Freek Robinson gesels met Helmuth Reuter oor wat ons tans weet van hierdie nuwe variant, en wat ons op hierdie stadium nie weet nie.
Reguit met Robinson: A Zoom conversation with Herman Mashaba
2021-11-24After the municipal elections, a new future? Straight-shooting Herman Mashaba tells Freek Robinson what it takes to establish coalitions.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Leon Wessels
2021-11-16Freek Robinson vra vir Leon Wessels of FW de Klerk werklik sy beste gegee het op 2 Februarie 1990, in die daaropvolgende onderhandelings na ’n nuwe grondwet, en by die Waarheid-en-versoeningskommissie.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Rust Theron en Stoffel Grobler
2021-11-10Twee mediese spesialiste verduidelik die simptome van en behandeling teen lang Covid, en ook die impak van die pandemie op gesondheidswerkers kom onder die loep. Hulle pleit: Kry asseblief die entstof en kry hulp as jy depressief voel.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dirk Kotzé
2021-11-03Dirk Kotzé, ’n politieke kenner, beweer dat die Suid-Afrikaanse kieser identiteitspolitiek begin versaak om belangepolitiek aan te gryp.
Op die man af – Freek Robinson lig die sluier oor ’n vol, opwindende lewe
2021-11-03"Tydens ’n nuuskonferensie in die Franse hoofstad het Madiba verrigtinge onderbreek toe hy vir Freek in die perskorps gewaar. Net daar, omring deur die wêreldpers, het Mandela vir Freek gegroet en hom vertel hoe hy hom in die tronk op TV dopgehou het."

