Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Mike Schüssler

  • 2

Suid-Afrika het tans die hoogste werkloosheidsyfer in die wêreld. Hoe navigeer ons hierdie ongekarteerde waters?

Die ekonoom Mike Schüssler skets ’n baie donker prentjie, maar hy sê ons mag nie moed opgee nie. Hy moedig almal aan om entrepreneurs te word, al is dit iets soos om as ’n naweekwerkie kaas te maak met ’n familieresep.

Landbou en mynbou bly ligpunte in ons ekonomie.

  • 2

Kommentaar

  • Ek het nou volledig geluister na Freek se onderhoud met die ekonoom Mike Schussler en onmiddelik daarna sy onderhoud met Dr Roelof Botha.
    Dis asof dié twee ouens in verskillende lande lewe!
    By Mike is dit rofweg net doom en gloom. Sy pessimisme is oorvloedig en sy enigste verweer is om ontslae te raak van die regering en hiper kapitalisme toe te pas.
    Roelof ( en sy gespreksgenote) gee 'n meer genuanseerde opsomming met 'n positiewe uitkyk en 'n toekoms wat, gegewe die regte besluite van die Staat en die private sektor, goeie dinge voorspel vir Suid-Afrika.
    Albei here is dit eens dat kriminaliteit en korrupsie 'n groot uitdaging bied en onder beheer moet kom alvorens die verskeie positiewe scenarios kan ontsluit.
    Ek neig om Botha se model van positiewe groei te ondersteun.

  • Dewan McGregor

    Geskiedenis bewys dat Mike se siening goed is Die staat het nie die vermoë om groei te skep nie.Die SOE, Eskom, etc en geskiedenis bewys dit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top