"Die potensiaal vir verkeerdloop is lewensgroot"
Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond.
2"Die potensiaal vir verkeerdloop is lewensgroot"
Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond.
2
Kommentaar
Wat betref die melding van VSA/EU se sogenaamde ‘coup d'etat’ in Februarie 2014 in Oekraïne:
Dis interessant hoe dié woord 'staatsgreep' hier gebruik word. Ek het altyd gedog dit verwys na die gewelddadige omverwerping van ’n regering. Die geweld tydens die gebeure in 2014 in Oekraïne het egter van owerheidskant gekom – ongewapende betogers wat deur die weermag se skerpskutters doodgeskiet is.
Dis baie algemeen dat diktators tydens burgerlike opstande ‘magte van buite’ (veral die VSA) die skuld gee; byvoorbeeld in Libië, Egipte, Tunisië, nou onlangs in Belarus, ens. Daar mag ’n sweem van waarheid in wees, in sommige gevalle. Wat my verwonder is die onbevraagtekende aanvaarding, deur twee kommentators nou al in hierdie debat, dat die VSA/EU verantwoordelik was vir, of een of ander rol gespeel het, in die opstande in Oekraïne in 2014. Ek wonder of die mense wat sulke bewerings maak ook altyd so goedsmoeds die diktators van ander lande waar soortgelyke gebeure afspeel die voordeel van die twyfel gee?
My vermoede is dat die uitkyk op die konflik in Oekraïne teenswoordig uitgekristalliseer het as bloot ’n (dikwels onondersoekte en ongefundeerde) pro-Westerse standpunt aan die een kant of ’n pro-Russiese standpunt aan die ander kant. Die werklike geskiedenis word nie ondersoek nie – ’n anti-Westerse gesindheid morf sonder verweer in ’n pro-Russiese een, kompleet met die RT-kanaal en die Poetin/Kremlin se weergawe van die geskiedenis as bron van die waarheid.
Die beskouing van die 2014-rewolusie as ’n Westers-gemanipuleerde ‘staatsgreep’ is natuurlik die amptelike RT/Kremlin weergawe. Ek wil graag ’n bietjie meer perspektief gee op daardie gebeure:
Die dryfveer vir daardie protesaksie was ’n groeiende bewuswording van die ongekende korrupsie en wanbestuur van die regering, en veral van die pro-Russiese president, Janokowietsj. Dis hy wat gevlug het met ’n tas vol geld tot in Krim, vanwaar hy deur die Russe uitgevlieg is. Tydens sy presidentskap was daar lae ekonomiese groei en min buitelandse investering, min werksgeleenthede, min ontwikkeling; die land het regtig net van een dag tot die volgende probeer kop bo water hou. Daar was vorige pogings om te protesteer teen die Russiese pionne wat meerendeels tot op daardie stadium aan bewind was. Hoekom het dit in 2014 tot sulke dramatiese gebeure gelei? Hier is ’n paar belangrike faktore:
1. ’n Relatief jong bevolking, geletterd, tech-savvy, meeste met universiteitsgrade, en hulle aspirasies vir:
• ’n Hoër lewensstandaard
• Beter salarisse
• Meer werksgeleenthede
• ’n Oop, demokratiese samelewing, in teenstelling met die Sowjet-tipe regering en ingesteldheid tot op daardie stadium.
2. Die groei van ’n aktiewe ‘civil society’ wat regeringsvergrype en korrupsie begin blootlê het.
3. Die rol van sosiale media wat gedurende daardie tyd toenemend begin gebruik is in Oekraïne.
Die 2014 gebeure in Oekraïne, en die boodskap wat dit gegee het as ’n begeerte van die Oekraïniërs om uit die Russiese invloedsfeer te beweeg, het Poetin se wêreld geskud. So ontredderend was dit vir hom, dat daar bewerings bestaan dat Janokowietsj vanuit die Kremlin aangeraai is om die protesaksie met geweld te onderdruk.
Poetin het gereken op ’n voortgesette, indirekte beheer van Oekraïne, want tot op daardie stadium was Navo nie vir hom ’n probleem nie, selfs al het die meeste toevoegings tot Navo, met die uitsondering van twee, Montenegro en Noord-Masedonië, voor 2011 plaasgevind.
Hy het egter dadelik besef wat gaande is in 2014 en aksie geneem; die belangrikste was om Krim (wat onder Oekraïniese adminstrasie was) terug te vat, vanweë haar strategiese belangrikheid vir Rusland as haar kortste pad na die middellandse see, en as militêre terrein. Voor dit is daar dikwels in die media verwys na ‘Russia’s Black Sea fleet, rusting away’. Die Sowjet duikbootbasis by Balaklawa, uitgedelf in ’n berg en van ’n massiewe, dik staaldeur voorsien om kernaanvalle te weerstaan, was ’n museum, oop vir die publiek, toe ek daar was in 2011.
Die 2014-rewolusie in Oekraïne het verreikende gevolge gehad vir beide die Oekraïniese samelewing en vir Oekraïne se verhouding met Rusland. Die teenswoordige situasie kan direk daarnatoe terug herlei word, hoewel daardie gebeure weer slegs met behulp van ’n behoorlik ingeligte blik op die geskiedenis van Oekraïne begryp kan word.
Mens moet tog maar, veral in hierdie gespanne tye, jou vergewis van die onlangse geskiedenis van Oekraïne ten einde die teenswoordige situasie beter te kan verstaan. Daar is heelwat boeke in hierdie verband beskikbaar. Hier is een voorbeeld:
Euromaidan: Rising for Freedom and Democracy in Ukraine, Paperback – February 3, 2014
Sien ook gerus my artikel op Litnet in dié verband:
https://www.litnet.co.za/die-rusland-oekraine-konflik-die-geskiedenis-en-poetin-se-wereldbeskouing/
Eben Viktor
Dnipro, Oekraïne
13 Februarie 2022
Die mense van Oekraïne benodig die morele ondersteuning van vryheidsliewende en demokrasie-gesinde Suid-Afrikaners in hierdie tyd van hernude Russiese aggressie teen die land. Volg die #standwithukraine beweging op
twitter
https://twitter.com/hashtag/standwithukraine?ref_src=twsrc%5Egoogle%7Ctwcamp%5Eserp%7Ctwgr%5Ehashtag
of instagram
https://www.instagram.com/explore/tags/standwithukraine/?hl=en
en sluit aan by ondersteuners van regoor die wêreld.
Omdat Oekraïne ’n lae profiel het in die Suid-Afrikaanse media en daar so baie wanopvattings in disinformasie bestaan, wil die Oekraïniese ambassade in Suid Afrika graag meer inligting oor die land en die situasie teenswoordig hier verskaf:
http://www.uaza.co.za/stand-with-ukraine-and-defend-the-principle-of-sovereignty/
en hier:
https://rsa.mfa.gov.ua/en/about-ukraine/225-ukrajinci-u-par
Slava Ukraina! Geroyiv Slava!
Glory to Ukraine! Glory to the heroes! Dit is ’n groet en slagspreuk wat sedert 2014 gebruik word om die sowat 14 000 Oekraïniers, soldate en burgerlikes, wat tot dusver gesneuwel het in die oorlog teen Rusland, te vereer.