Leopold Scholtz

Leopold Scholtz het aan die Universiteit Stellenbosch, die ou Randse Afrikaanse Universiteit (nou UJ) en die Universiteit van Leiden gestudeer; dit is by laasgenoemde dat hy in 1978 gedoktoreer het. Hy was onder meer adjunkredakteur van Die Burger, buitengewone hoogleraar aan die Universiteit Stellenbosch en lid van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en is tans navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit (fokusarea Sosiale Transformasie, Potchefstroomkampus). Hy is die skrywer van agt boeke en meer as 50 ewekniebeoordeelde artikels in geakkrediteerde tydskrifte en hoofstukke in versamelwerke. Hy woon in Delft, Nederland, waar hy gereeld ontledings van die internasionale politiek skryf.

Wat is Gorbatsjof se rol in die wêreldgeskiedenis?

Leopold Scholtz Menings 2022-09-02

"Met die tong enigsins in die kies sou jy kon sê sy doel was: 'Make the Soviet Union Great Again (MASUGA)' – min of meer die leuse wat Donald Trump later vir Amerika sou kies."

Reguit met Robinson: ’n videogesprek met Leopold Scholtz

Freek Robinson, Leopold Scholtz Onderhoude 2022-02-03

Waarom het Poetin ’n eiertjie te lê oor die Oekraïne? Leopold Scholtz skets vir Freek Robinson die sosiopolitieke en historiese agtergrond.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Leopold Scholtz

Freek Robinson, Leopold Scholtz Onderhoude 2021-10-13

Angela Merkel het ’n paar enorme skoene uitgeskop vir haar opvolger om te vul. Freek Robinson vra vir Leopold Scholtz uit oor Merkel se nalatenskap, die moontlike koalisie wat tans in Duitsland aan die vorm is en wat die impak daarvan vir Suid-Afrika is.

The development of the South African military doctrine

Leopold Scholtz Academic research 2019-10-02

“Is there a typical South African military doctrine?”

Die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse militêre doktrine

Leopold Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2019-10-02

“Die punt is dat die Afrikaners op taktiese gebied – in sowel die Anglo-Boereoorlog as die Grensoorlog – ’n natuurlike instink gehad het wat hulle baie goed te staan gekom het. Op operasionele en strategiese vlak was dit egter ’n ietwat ander storie.”

The Battle of the Chambinga, 9 and 11 November 1987: a tactical and operational analysis

Leopold Scholtz Academic research 2018-11-28

"Previous analyses of the two battles held that the commander of the main attack force, Commandant Leon Marais, was not vigorous enough, and that this allowed the enemy to escape. New information from a published and translated Soviet source, however, indicates that 16 Brigade had been so damaged that it could no longer function as a coordinated formation under a single command."

Die Slag van die Chambinga, 9 en 11 November 1987: ’n taktiese en operasionele ontleding

Leopold Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2018-11-28

"In dié artikel word nuwe getuienis aangevoer vir die gevolgtrekking dat alhoewel die Brigade weggekom het, dit te swaar beskadig was om verder te veg. Só is die basiese doelstelling waarmee die Suid-Afrikaners die vyand aangeval het, tog bereik. Ten slotte word sowel Fapla as die SAW se optrede gemeet aan die hand van die beginsels van oorlogvoering wat die SAW destyds verkondig het."

'n Gesprek oor Kruispaaie deur Leopold Scholtz

Leopold Scholtz, Naomi Meyer Onderhoude 2016-06-13

"Uiteindelik staan ons egter almal voor die feit dat ons kinders van dieselfde moeder – Afrikaans – is."

Vroom of regsinnig?: Europese storm ook op pad na Suid-Afrika

Leopold Scholtz 2014-06-18 "Vir die regsinniges – dié wat altans oorgebly het – lê sulke vrae dikwels in die sentrum van hul geloofslewe. Dit verveel die ander. Dit dryf hulle juis weg van die kerk."

Vir Jan Maarschalk

Leopold Scholtz 2011-11-01  

Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 1: Wêreldbeskouings

Leopold Scholtz, Ingrid Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-10-21

"Die geykte siening van die bondgenootskap tussen die ANC/SAKP en die Sowjetunie is dat dit ’n geleentheidshuwelik was, sonder ideologiese affiniteit."

Die ANC/SAKP en die USSR. Deel 2: Gevallestudies

Leopold Scholtz, Ingrid Scholtz LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2008-10-21

"In die eerste aflewering van dié beskouing is gekyk na die ooreenkomste tussen die wêreldbeskouings van die USSR enersyds en die ANC en SA Kommunistiese Party andersyds."

Top