Ek kom toevallig af op ’n brief van Jan Maarschalk wat reeds op 16 Maart gepubliseer is. Dit handel oor die feit dat die Media24-koerante voortaan almal een boekeredakteur moet deel. Hy skryf onder meer in punt 3: "Dr GD Scholtz, Leopold se pa en redakteur van destydse Die Transvaler, wou nie eens Die Burger of iets van die suidelike persgroep lees nie!"
Ek weet dis nou baie laat om daarop te reageer, maar ek moet dit doen. Dit is my plig om dit kategories te ontken. My pa het elke dag Die Burger gelees. Ek sou dit waardeer as Jan Maarschalk nie sulke dinge uit sy duim wil suig nie.
Met vriendelike groete
Dr Leopold Scholtz

