Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ebbe Dommisse
2021-07-22Dommisse verduidelik hoe hierdie miljardêrs belê in die samelewing, in die Suid-Afrikaanse ekonomie en dan ook in die buiteland.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Magnus Heystek
2021-07-14Ons betaal tans die prys vir die afgelope tien jaar se gebrek aan groei, want die armes bly arm en werkloosheid neem toe. Magnus Heystek lig ons in hoe die toekoms sou kon werk. Moet net nie paniekerig raak nie, pleit hy.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Theuns Eloff
2021-07-06Theuns Eloff verduidelik wat by Nkandla gebeur het die afgelope naweek, waarom die polisie nie opgetree het nie, en hoekom die Konstitusionele Hof bereid is om weer Zuma se aansoek aan te hoor.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Christo van der Rheede van Agri SA
2021-06-30Christo van der Rheede en Agri SA pleit dat die staat nie inmeng met die landbousektor nie. Die staat kan nie boer nie. Van groter belang is dat boere, klein of groot, wat hulleself wel bewys het, eienaarskap moet kan kry van hulle grond.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met internis Jantjie Taljaard
2021-06-24"Hy verduidelik ook hoe die entstowwe ontwikkel is en sê hy sal self enige van die entstowwe neem – hy is trouens alreeds ingeënt. En gaan asseblief vir jou griepinspuitings!"
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gayton McKenzie
2021-06-17Tydens die onlangse tussenverkiesings, in aanloop tot die plaaslike verkiesings van 27 Oktober, het die Patriotic Alliance (PA) die DA uit die hoofsaaklik bruin buurt Eldoradopark in Johannesburg gedryf deur al twee wyke oortuigend te wen. Freek Robinson gesels met die leier van die PA, Gayton McKenzie.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helen Zille
2021-06-10Helen Zille skiet uit die heup in hierdie onderhoud met Freek Robinson. Sy maak regse identiteitspolitiek af as ’n front vir die ANC en beweer die ANC is ’n kriminele sindikaat. Voorts beskuldig Zille ook vir Cyril Ramaphosa dat hy ruggraatloos is.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux
2021-06-03Honderde duisende mense in Noordwes kan hierdie week dalk sonder water sit weens die wanbetaling van munisipaliteite. Die gebrek aan munisipale dienslewering het nou sulke afmetings aangeneem dat die sakeorganisasie Sakeliga die hof nader om staatsoptrede af te dwing. Freek Robinson gesels met Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga.
Reguit met Robinson: A Zoom interview with Michelle Groome
2021-05-27The Free State and North West are already into their third wave. Freek Robinson interviews Michelle Groome, head of the Division of Public Health Surveillance and Response at the National Institute for Communicable Diseases.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Sakkie Spangenberg
2021-05-19Sal die konflik tussen Israel en die Palestyne ooit opgelos word? Freek Robinson gesels met Sakkie Spangenberg, professor emeritus en navorsingsgenoot verbonde aan die Departement Bybelse en Antieke Studie aan Unisa.
Reguit met Robinson: A Zoom interview with William Gumede
2021-05-13"It is a sad moment for South Africans." Freek Robinson interviews William Gumede, Associate Professor, School of Governance at the University of the Witwatersrand and executive chairperson of Democracy Works Foundation.
Die aanloop tot die val van die Berlynse Muur
2021-05-06"Aan die begin van Mei 1989 het die geskiedenis sy loop geneem wat binne maande ’n nuwe wêreldorde ingelui het. Ek was in daardie stadium in Londen gebaseer as Europese korrespondent van die SAUK. Die Suid-Afrikaanse ambassade in Wene, Oostenryk, het my gebel en gesê daar is groot dinge aan die gebeur en ek en my kameraman moet ons soontoe haas."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Magdaleen Krüger
2021-05-06Freek Robinson gesels met Magdaleen Krüger oor haar aftrede en die toekoms van RSG.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helanya Fourie
2021-04-29Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO) by die Universiteit Stellenbosch het pas ’n moniteringsverslag vrygestel oor die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) 2030. Dit is die eerste keer dat ’n sinvolle, praktiese waardering gedoen word oor die sukses of mislukking van die implementering van die NOP. Freek Robinson gesels met Helanya Fourie, ’n senior ekonoom by die BEO.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dan Plato
2021-04-21"Om ’n stad soos Kaapstad te bestuur, is ’n R56 biljoen-masjien." Freek Robinson gesels met Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, oor die onlangse vuur en die stand van munisipaliteite.

