Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Helen Zille

  • 3

Helen Zille skiet uit die heup in hierdie onderhoud met Freek Robinson. Sy maak regse identiteitspolitiek af as ’n front vir die ANC en beweer die ANC is ’n kriminele sindikaat. Voorts beskuldig Zille ook vir Cyril Ramaphosa dat hy ruggraatloos is.

  • 3

Kommentaar

  • Avatar
    Gustaf Claassens

    Sê wat jy wil, maar Zille is 'n vrou van staal. Mense kan dalk lag, maar sy's baie soos 'n PW Botha-figuur binne die DA se Party opset. Vreesloos, op die punt af met geen grys areas nie. Sy's reguit en verstaan die politiek. Hierdie dinge is beide haar sterk en swak punte. Mense met 'n meer aggressiewe benadering tot die politiek sal haar ondersteun terwyl die wat 'n meer sagte benadering het en 'n premie op diplomasie plaas, nie so gretig is of sal wees om haar te ondersteun nie. Dis bloot 'n geval van hoe mense 'bedraad' is wat hul voor-en afkeure bepaal. Vandaar dalk haar huidige rol binne die DA.

    Polities en beleidsgewys is Zille goed onderlê. As 'n propagandis dalk minder so. Om voor te gee dat die DA tans op 'n goeie plek is, is bietjie dik vir 'n daalder. Statistieke lieg nie al probeer jy hoe hard om daarmee te 'toor.' Laat mens dink aan destydse partye soos die HNP wat altyd soos 'wenners' verloor het.

    Die politiek is uiteraard uiters vloeibaar, maar ek's van mening dat huidige tendense voortgesit sal word. Die ANC sal weer wen al is dit met 'n verminderde meerderheid. Dit gebeur gewoonlik in plaaslike verkiesings. Die DA gaan ook steun verloor omdat hulle steeds sukkel met 'n duidelike identiteit na hulle rondspringery die afgelope 3 tot 4 jaar. Die EFF is 'n ope vraag. Hulle kan of 'n bietjie minder of dalk 'n bietjie meer steun kry, maar in geheel gesien bly waar hulle is. Die enigste party wat waarskynlik sal groei is die VF Plus. Hulle steun sal uit die DA kom en veral vir die redes soos hierbo genoem. Die VF weet dat 'n verkiesing nie gewen kan word. Hulle is ook nie daarop ingestel nie omdat getalle logiesergewys uitslae bepaal.

    Die VF bedryf belangepolitiek en is eerder daarop ingestel, om die regte van minderheidsgroepe aan te spreek en te beskerm. Iets wat inderdaad nodig is aangesien daar reeds soveel diskriminerende praktyke bestaan.

    Om verkiesings te wen is een ding. Om die land reg te ruk, 'n ander. Dis waar mense se kommer eintlik lê. Nie meer soseer wie gaan wen nie. Die land is in 'n haglike toestand, die Wes-Kaap grootliks uitgesluit. Iets meer as 'n spesifieke Politieke Party se oorwinning gaan nodig wees om die skip om te draai. Dis nou te sê, as die skip nog omgedraai kan word. Anders sal dit meer 'n geval word van watter Party die chaos en verval die beste sal kan bestuur. En, vir hoe lank.

  • Ek stem 100% en nog bietjie saam met Helena Zille. Sy is waarlik 'n vrou met deursettingsvermoë, op die man af en sê 'n ding soos dit hoort!

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top