Reguit met Robinson: A Zoom interview with Glenda Gray
2021-01-06What went wrong in South Africa? Freek Robinson interviews paediatrician and president of the Medical Research Council, Glenda Gray.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Alan Winde
2020-12-19Freek Robinson gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, oor sy brief aan die staatspresident om die Tuinroete se strande oop te stel, die onderskeid tussen party en staat, werkloosheid, die ekonomie en die geweldige druk waaronder mediese personeel en wetstoepassers verkeer.
Medikus oor COVID-19 en die pad vorentoe
2020-12-16Freek Robinson en Angelique Coetzee neem die grendeltyd sedert Maart 2020 in oënskou.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ulrich Joubert
2020-12-11Is daar enige rede vir optimisme ná ’n jaar van uiterste beproewing? Freek Robinson gesels met ekonoom, Ulrich Joubert.
Dis ’n tragedie wat nou by die SAUK afspeel
2020-12-10"Die SAUK, en ons almal saam, sal opnuut moet dink oor die rol van ’n openbare uitsaaier. En dan moet drasties planne bedink word om die SAUK se verouderde finansieringsplan te vervang. Hier volg ’n paar voorstelle."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Kris Van de Poel, Conrad Steenkamp en Maarten Vidal
2020-12-07Freek Robinson gesels met Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, Kris Van de Poel, die algemene sekretaris van die (Nederlandse) Taalunie en Maarten Vidal, beleidsekretaris by die (Nederlandse) Taalunie, oor hul samewerkingsooreenkoms.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Dennis Fredericks, Theressa Frantz en Konrad Geldenhuys
2020-11-27’n Derde van die wêreld se vishulpbronne word oorbenut, en die situasie word erger. Sedert 1990 het verbruik van wilde vis met 122% toegeneem, veel vinniger as die bevolkingsgroei. Op 21 November is Wêreld-Visseryedag gevier. Freek Robinson gesels met Dennis Fredericks, waarnemende hoofdirekteur: marinehulpbronnebestuur (Departement Visserye), Theressa Frantz, voorsitter van die Alliansie vir Verantwoordelike Vissery en Konrad Geldenhuys, direkteur: bemarking van die visserymaatskapy Sea Harvest.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-onderhoud met Servaas van der Berg
2020-11-19Die grootste deel van die jaar is verlore vir baie van Suid-Afrika se leerders. Freek Robinson gesels met buitengewone professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, Servaas van der Berg, oor die impak van COVID-19-maatreëls op onderwys. Wat gaan skole doen as meer leerlinge hul grade moet herhaal? Wat gaan word van leerlinge wat uitval en hulle vasloop in ’n krimpende ekonomie wat weinig geleenthede bied?
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Robert Kriger
2020-11-13Freek Robinson gesels met Robert Kriger oor die gehalte van Suid-Afrikaanse onderwys.
Hoe gemaak met TV-ego’s?
2020-11-13"Die groot vraag is of dit moontlik is om volkome objektief te wees. En die antwoord is natuurlik 'Nee'. Die beste wat ’n joernalis kan doen, is om te probeer."
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Arrie Rossouw
2020-11-05’n Verkiesing met die grootste stempersentasie in meer as ’n eeu. Strawwe mededinging met dreigende regstappe deur ’n omgekrapte Trump. Trump het hom voortydig as die wenner verklaar te midde van die COVID-pandemie, wat die VSA erg getref het. Freek Robinson gesels met oudredakteur Arrie Rossouw.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gert Grobler
2020-11-03Stembusdag: 3 November. Freek Robinson gesels met Gert Grobler, afgetrede beroepsdiplomaat, oor die internasionale belang van die Amerikaanse presidentsverkiesing.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Frans Cronje
2020-10-25Meer werksgeleenthede is in die eerste ses maande van die jaar in Suid-Afrika verwoes as wat in 10 jaar geskep is. Sal pres Cyril Ramaphosa se ekonomiese herstelplan die situasie kan beredder? Freek Robinson gesels met Frans Cronje, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, oor die vooruitsigte.
Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Elmien du Plessis
2020-10-15Wat gaan van grond word? Freek Robinson gesels met Elmien du Plessis, medeprofessor in onder andere onteieningsreg by Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).
Reguit met Robinson: ’n Podsending met Pieter-Dirk Uys
2020-10-14Die satirikus Pieter-Dirk Uys vier vanjaar sy 75ste verjaarsdag, tannie Evita haar 85ste. Freek Robinson gesels met Pieter-Dirk oor korona, korrupsie, Afrikaners en tannie Evita.

