Freek Robinson gesels met die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, oor sy brief aan die staatspresident om die Tuinroete se strande oop te stel, die onderskeid tussen party en staat, werkloosheid, die ekonomie en die geweldige druk waaronder mediese personeel en wetstoepassers verkeer, wat hom noop om landsburgers medeverantwoordelik te hou vir hulle en ander se gesondheid.
Winde pleit: “Ek word eintlik kwaad as ek op plekke kom en mense nie gehoorsaam is nie. Hulle verstaan nie wat hulle doen aan daardie persoon, daardie verpleegster in die hospitaal nie. Hulle werk dag en nag, 16, 17 ure ’n dag...”
Foto van Alan Winde verskaf.


Kommentaar
Hoe lank gaan ons nog Corona-virusprobleme ondervind? Vir ewig en altyd of gaan die virus eventueel bedaar?
Wat van die CTICC Veldhospitaal? Dis nou nodiger as ooit? Open dit net weer. Daar is tog seker nie ontslae geraak van al die duur toerusting wat daarvoor aangekoop is nie? As die pandemie in die VSA en Europa dopgehou is, moes ons tog 'n tweede vlaag verwag het?