Die afgelope paar dae se onluste het gemaak dat talle buitelandse fondsbestuurders nou die verkoopknoppie druk. Ons betaal tans die prys vir die afgelope tien jaar se gebrek aan groei, want die armes bly arm en werkloosheid neem toe.
Ons sukkel om ons staatskuld te betaal en ons belastingbasis word al hoe kleiner.
Gaan die regering begin geld druk? Sou dit die geval wees, sal inflasie klim.
Maar, daar is hoop. Landbougrond vaar goed, boere maak geld, en die privaatsektor word nou toegelaat om elektrisiteit op te wek.
Magnus Heystek lig ons in hoe die toekoms sou kon werk. Moet net nie paniekerig raak nie, pleit hy.

